Inleiding: In deel een van hierdie reeks van drie artikels wat oor heiligmaking handel het ons die eerste twee vra oor hierdie onderwerp gestel en beantwoord. Die eerste vraag was soos volg gestel: “ Vind heiligmaking op grond van genade deur geloof alleen plaas, of vind heiligmaking op grond van geloof plus goeie werke plaas?” Daar is vanuit die Skrifte gedemonstreer dat die gelowige nie in staat is, of oor die vermoë in homself beskik om suksesvolle heiligmaking in sy eie lewe te bewerkstellig nie. Boonop het ons gedemonstreer dat die gelowige van die Here Jesus Christus en die Heilige Gees afhanklik is om vrugte in sy lewe voort te bring. Al hierdie dinge bewerkstellig God op grond van Sy genade alleen, sonder dat die mens enige iets daartoe kan bydra. Werklike heiligmaking is nie deur geloof plus werke nie, maar deur geloof alleen in wat God in Sy genade sal voorsien!
Die tweede vraag is soos volg gestel: “Bepaal die gelowige se werke sy posisie, of bepaal die gelowige se posisie sy werke?” In hierdie geval is daar ook vanuit die Skrifte gedemonstreer, dat ‘n gelowige se stand in Christus sy werke behoort te bepaal en dat die gelowige se werke nie sy posisie in Christus kan bepaal nie. Wie ‘n persoon in Christus is, behoort dus te bepaal hoe daardie persoon optree! (Vir ‘n volledige uiteensetting van hierdie waarhede, word die leser aangeraai om deel een van hierdie reeks artikels te lees.)
Voordat ons egter die volgende twee vra gaan stel en beantwoord, gaan ons weer vanuit die Skrifte verduidelik wat met ‘n persoon sal gebeur indien hy in sy eie krag heiligmaking in sy lewe wil bewerkstellig. Die apostel Paulus het aan ons ‘n voorbeeld vanuit sy eie lewe nagelaat sodat ons nie dieselfde foute sou begaan en onsself frustreer nie. Lees meer Heiligmaking op Grond van Genade deur Geloof. Deel 2