Sleutelwoord se argiewe: Hemel

Gaan klein kindertjies hemel toe as hulle sterf?


Die onderwerp rakende babatjies, en klein kindertjies wat tot sterwe kom alvorens hulle die evangelie kon verstaan en glo kan nogmaals groot spekulasie veroorsaak. Daar is uitstaande teoloë wat beweer dat mens nie werklik met sekerheid kan verklaar dat kindertjies wat tot sterwe kom hemel toe sal gaan nie. Net omrede ‘n persoon verklaar dat babatjies wat tot sterwe kom outomaties hemel toe gaan beteken geensins dat dit wat die persoon verklaar noodwendig die waarheid is nie. Slegs indien ons teologiese stelsel met die woord van God versoenbaar is, kan dit as ‘n geldige Bybelse leerstelling aanvaar word. Onthou, net omrede ‘n persoon ‘n spesifieke proposisie glo beteken nie dat daardie proposisie noodwendig die waarheid is nie. ‘n Persoon mag dalk heel opreg glo dat die maan van kaas gemaak is, maar daar bestaan altyd die moontlikheid dat daardie persoon opreg verkeerd kan wees. Om hierdie rede is dit belangrik dat ons enige teologiese stelling wat ons maak vanuit die skrifte, binne die korrekte konteks, moet kan regverdig alvorens ons dit as leerstelling aanvaar. Ons moet nooit hierdie feit uit die oog verloor nie. Met die skryf van hierdie artikel sal ek poog om hierdie vraagstuk vanuit die skrifte te beantwoord en vra die leser om dit in lig van die skrifte te oorweeg.

Lees meer Gaan klein kindertjies hemel toe as hulle sterf?

Naby die Dood Ervarings of Skyndood vs Wat sê die Skrifte

Vraag oor naby die dood ervarings: Goeie middag Vic

Baie dankie vir jou webtuiste dit help ons gesin baie Donderdag aande wanneer ons stil raak by God. Ek het verlede week vir hulle oor ter helle neergedaal gelees en dit was ongelooflik interessant. Ons het so lekker gesels rondom dit. Ons het wel ‘n vraag as jy ons dalk kan help met dit. Die mense wat n skyndood het en wat hemel toe gaan? Elke persoon het n ander ervaring van die hemel so dit is vir ons nogal verwarrend. Ek sal dit waardeer as jy vir ons dalk bietjie kan leiding gee rondom dit.

Vriendelike groete en seën

Antwoord: Baie dankie vir jou epos, en boonop is dit altyd ‘n seëning om te hoor dat medegelowiges die artikels op die webtuiste interessant en leersaam vind. Ek kan net die Here daarvoor dank, want sonder Hom sou ek nooit die webtuiste kon geskryf het nie. Dit is ook bemoedigend om te hoor dat daar nog gesinne is wat om God se woord vergader. Ongelukkig het ons samelewing meer sulke gesinne nodig! So ver dit jou vraag oor die naby die dood ervarings aanbetref, sal ek jou slegs my mening oor hierdie verskynsel kan gee, maar ek sal poog om my mening slegs op die Skrifte te baseer, omdat ek bo enige twyfel weet dat die antwoord in God se woord te vinde sal wees. Lees meer Naby die Dood Ervarings of Skyndood vs Wat sê die Skrifte