Sleutelwoord se argiewe: Israel

Die Belofte van Israel se Nasionale Herstel in Deuteronomium


In die bestudering van die Heilige Skrif is dit van kardinale belang om die Woord van die waarheid reg te sny. As gelowiges wat erns maak met Sola Scriptura, moet ons waak teen die algemene neiging in moderne teologie om die onderskeid tussen Israel en die Kerk te vervaag. Hierdie artikel dien as ’n diepgaande ondersoek na die aard van die Koninkryk van God, die onvoorwaardelike verbonde met Israel, en die spesifieke nasionale tugtiging wat God oor Sy volk bring. Ons benadering is streng grammatikaal-histories, wat beteken dat ons die teks lees soos dit geskryf is, sonder om allegoriese betekenisse daaraan toe te dig wat die oorspronklike outeurs nie bedoel het nie. Dit is noodsaaklik om dwalinge soos Vervangingsteologie, die “Kingdom Now”-teologie en Heerskappy Verlossing (Lordship Salvation) te weerlê deur die lig van die Skrif helder te laat skyn.

Lees meer Die Belofte van Israel se Nasionale Herstel in Deuteronomium

Israel en die oorlog van Gog en Magog Esegiël 38–39

In die artikel genaamd “Dit is God wat Israel in hulle eie land hervestig” is daar vanuit die skrifte gedemonstreer dat dit God is wat Israel weer gedeeltelik in ongeloof in hulle land hervestig. Toe Satan opmerk dat God wel Israel gedeeltelik in hulle land hervestig het, en dat hulle op 14 Mei 1948 onafhanklikheid bekom het, het hy gepoog om hulle hervestiging in hulle land ongedaan te maak. Gevolglik gaan ek ‘n lys van oorloë en konflikte waarby Israel betrokke was hier weergee wat die bostaande stelling sal staaf. In sommige van hierdie oorloë het Israel letterlik vir hulle voortbestaan teen oorweldigende militêre magte geveg en geseëvier. Indien God nie Israel beskerm het nie, dan sou Israel se bestaan al lankal iets van die verlede gewees het. Die 1948 Arabies-Israeliese Oorlog (November 1947 – Julie 1949); Palestynse Fedayeen-opstand (1950’s–1960’s); Die Sesdaagse Oorlog (5 tot 10 Junie 1967); Die Uitputtingsoorlog (1967–1970); Die Yom Kippur-oorlog (Oktober 1973); die Palestynse bevrydingsorganisasie se Palestynse opstand in Suid-Libanon waarvan die 1982 Libanon-oorlog deel vorm. (1971–1982); Die Suid-Libanon-konflik (1985–2000); Die Eerste Intifada (1987–1993); Die Tweede Intifada (2000–2005); 2006 Libanon-oorlog (somer van 2006); Gaza-oorlog (Desember 2008 – Januarie 2009); Die 2012 Israeliese operasie in die Gaza-strook (November 2012); 2014 Gaza-oorlog (Julie–Augustus 2014); Die Iran-Israel konflik tydens die Siriese burgeroorlog; 2021 Israel-Palestina-krisis (Mei 2021) en laastens die huidige 2023 Israel-Hamas-oorlog (Oktober 2023- ) Hierdie stand van sake sal voortgaan totdat die Antichris, wat uit die Westerse magsblok te vore sal kom, ‘n vredesverdrag met Israel teken wat hulle sekuriteit sal waarborg. (Dan.9:27) Dit sal beteken dat enige aanval op Israel, as ‘n direkte aanval op die Weste beskou sal word. Die vredesverdrag sal soortgelyk aan artikel 5 van die NAVO. (Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie) wees.

Lees meer Israel en die oorlog van Gog en Magog Esegiël 38–39

Dit is God wat Israel in hulle eie land hervestig.

Dit sal ‘n ernstige mistasting wees om na die gebeure in die Midde Ooste vanuit ‘n suiwer menslike oogpunt te benader. Daar is baie groter magte in die agtergrond werksaam wat in die mensdom se optredes regoor aarde uitdrukking vind. Ons is geneig om na die gebeure in die wêreld vanuit ons menslike perspektief te kyk, omrede ons sukkel om na die wêreld vanuit God se perspektief te kyk. Ons sien hoe die samelewing toenemend in twee kampe verdeel word. Diegene wat vir Israel is, en diegene wat teen Israel is en die debat rondom hierdie kwessies is intens. Die vraag wat ons almal eindelik moet vra is wat God oor die hele aangeleentheid te sê het, en is Sy hand in die hervestiging van Israel in hulle land waarneembaar? Daarbenewens kan ons verseker weet dat die god van hierdie wêreld, naamlik Satan, ook agter die skerms by die politieke, sosiale, ekonomiese, asook godsdienstige verwikkelinge in die Middeooste betrokke is en dit sluit die gruweldade wat Hamas in Israel gepleeg het in.

Lees meer Dit is God wat Israel in hulle eie land hervestig.

Het die Kerk die volk Israel, as God se Verbondsvolk, vervang?

Het die Kerk die volk Israel, as God se verbondsvolk, vervang? Is die Kerk die geestelike Israel? En is dit korrek om die Kerk nou as die Israel van God te omskryf? Hierdie is nogal belangrike vraagstukke. Indien die Kerk nie die volk Israel vervang het nie, dan is dit verkeerd, en boonop niks anders as dwaalleer om te verkondig dat die Kerk, Israel as God se verbondsvolk vervang het. Om so iets te doen sou niks anders wees, as om woorde in God te mond te lê, en sal daartoe aanleiding gee dat so ‘n persoon homself in opposisie teen God en Sy woord plaas, iets wat ernstige implikasies vir so ‘n persoon of groep persone kan inhou. Onthou die Bybel stel dit duidelik dat ‘n persoon sal maai wat hy saai.
Gal 6:7 “Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai.”
En boonop word ons gemaan om onsself daarop toe te lê om die woord van God reg te sny.
2Ti 2:15 “Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.”
Onder die oorgrote meerderheid Afrikaanssprekendes is daar ‘n geneigdheid om te beweer dat die Kerk die volk Israel as God se verbondsvolk vervang het, en daar is ook sekere groepe, veral onder die Hebreeuse wortels beweging, wat selfs so ver gaan en hulleself as Israeliete bestempel. Die doel van hierdie studie is om te vas te stel wat die Skrifte werklik oor hierdie aangeleentheid te sê het. Ons doel moet wees om God se woord getrou te bestudeer, die woord eerbiedig en te gehoorsaam anders gaan ons die vrugte van ons rebellie pluk. In hierdie studie gaan Israel en die Kerk met mekaar vergelyk word, sodoende sal opgemerk word dat die Kerk nie Israel as God se verbondsvolk vervang het nie. Israel is nie die Kerk nie, en die Kerk is nie Israel nie! Die Kerk is ‘n nuwe entiteit wat uit wedergebore Jode/Israeliete sowel as mense van alle nasies tale en kulture bestaan. Lees meer Het die Kerk die volk Israel, as God se Verbondsvolk, vervang?

Die Gelykenis van die Landbouers: Israel se Verwerping van die Messias

Inleiding: Die Trilogie van Veroordeling

Om die volle gewig van Jesus se woorde in Matteus 21 te begryp, moet ons besef dat Hy besig is met ‘n drieledige oordeel oor die godsdienstige leiers van Sy tyd. Hierdie drie gelykenisse vorm ‘n eenheid wat die verlede, die hede en die toekoms van Israel se verhouding met God skets:

  • Die Gelykenis van die Twee Seuns: Fokus op die ongehoorsaamheid van die leiers. Terwyl die sondaars (die eerste seun) hulle bekeer het, het die leiers (die tweede seun) slegs lippediens bewys.

  • Die Gelykenis van die Landbouers: Fokus op die verwerping van God se gesag. Dit skets die historiese patroon van hoe Israel die profete behandel het en kulmineer in die moord op die Seun (Jesus).

  • Die Gelykenis van die Bruilofsmaal: Fokus op die oordeel en die uitnodiging. Dit profeteer die verwerping van die koninklike uitnodiging en die gevolglike oordeel oor Jerusalem, terwyl dit die weg baan vir die uitbreiding van die boodskap.

Deur hierdie gelykenisse saam te lees, sien ons hoe die Here die geestelike bankrotskap van die volksleiers blootlê en die oorgang van die koninkryksaanbod van daardie generasie na ‘n toekomstige vrugbare generasie verduidelik.


Die gelykenis van die landbouers volg op die gelykenis van die twee seuns en word op sy beurt weer deur die gelykenis van die bruilofsmaal gevolg. Die hele konteks handel oor die vraag van die geestelike volksleiers van Israel aan Jesus: met watter gesag Hy al hierdie dinge doen? Dit sluit Sy intog in Jerusalem (Matt. 21:1-11), Sy ontvangs van lofprysing, die reiniging van die tempel (Matt. 21:12-17), die genesing van blindes en kreupeles (Matt. 21:14), en Sy onderrigting van die mense (Matt. 21:23) in.

Lees meer Die Gelykenis van die Landbouers: Israel se Verwerping van die Messias