Sleutelwoord se argiewe: vervang?

Het die Kerk die volk Israel, as God se Verbondsvolk, vervang?

Het die Kerk die volk Israel, as God se verbondsvolk, vervang? Is die Kerk die geestelike Israel? En is dit korrek om die Kerk nou as die Israel van God te omskryf? Hierdie is nogal belangrike vraagstukke. Indien die Kerk nie die volk Israel vervang het nie, dan is dit verkeerd, en boonop niks anders as dwaalleer, om te verkondig dat die Kerk Israel as God se verbondsvolk vervang het. Om so iets te doen sou niks anders wees, as om woorde in God te mond te lê en sal daartoe lei dat so ‘n persoon homself in opposisie teen God en Sy woord plaas, iets wat ernstige implikasies vir so ‘n persoon of groep persone kan inhou. Onthou die Bybel stel dit duidelik dat ‘n persoon sal maai wat hy saai.
Gal 6:7 “Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai.”
En boonop word ons gemaan om onsself daarop toe te lê om die woord van God reg te sny.
2Ti 2:15 “Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.”
Onder die oorgrote meerderheid Afrikaanssprekendes, is daar ‘n geneigdheid om te beweer dat die Kerk die volk Israel as verbondsvolk vervang het, en daar is ook sekere groepe, veral onder die Hebreeuse wortels beweging, wat selfs so ver gaan en hulleself as Israeliete bestempel. Die doel van hierdie studie is om te bepaal wat die Skrifte werklik oor hierdie aangeleentheid te sê het. Ons doel moet wees om God se woord getrou te bestudeer, en die woord eerbiedig te gehoorsaam, anders gaan ons die vrugte van ons rebellie pluk. In hierdie studie gaan Israel en die Kerk met mekaar vergelyk word, sodoende sal opgemerk word dat die Kerk nie Israel as God se verbondsvolk vervang het nie. Israel is nie die Kerk nie en die Kerk is nie Israel nie! Die Kerk is ‘n nuwe entiteit wat uit wedergebore Jode/Israeliete sowel as mense van alle nasies tale en kulture bestaan. Lees meer Het die Kerk die volk Israel, as God se Verbondsvolk, vervang?