Hierdie is nie juis een van die mees aangenaamste onderwerpe om oor te skryf nie, maar die feit bly staan dat ons almal die een of ander tyd gaan sterf. (indien ons gelukkig is sal ons deel van die groep gelowiges wees wat die dood d.m.v. die wegraping sal vryspring.) Vir baie mense is die gedagte van die dood iets vreesliks, maar vir die gelowige hoef dit nie die geval te wees nie.
Onthou, dat die Bybel nooit die dood, as uitwissing van bestaan omskryf nie, maar wel as skeiding. Indien iemand sterf, dan sterf net sy fisiese liggaam, maar sy gees en siel bly bewustelik voortbestaan. Die verhaal van Lasarus en die ryk man demonstreer hierdie waarheid baie mooi.(Luk 16:19 – 31) Ek gaan egter Openbaring 6:9 hier aanhaal om mooi te illustreer wat met die mens na sy afsterwe gebeur.
Opn 6:9 “En toe Hy die vyfde seël oopgemaak het, sien ek onder die altaar die siele van die wat gedood is ter wille van die woord van God en die getuienis wat hulle gehad het. 6:10 En hulle het met ‘n groot stem uitgeroep en gesê: Hoe lank, o heilige en waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie? 6:11 En aan elkeen van hulle is wit klere gegee; en aan hulle is gesê dat hulle nog ‘n klein tydjie moes rus totdat ook hulle medediensknegte en hulle broeders wat nog gedood sou word soos hulle, voltallig sou wees.”
Soos wat duidelik uit bostaande teksgedeeltes waargeneem kan word, bestaan mense wat alreeds afgesterf het, bewustelik voort al sou ons hulle as afgesterf aan hierdie kant van die graf beskryf. Daar is dus geen sprake van ‘n sieleslaap soos wat sekere mense beweer nie. Wanneer ‘n gelowige tot sterwe kom, vind daar ‘n skeiding tussen sy liggaam, en sy siel en gees plaas. Sy siel en gees is egter onmiddellik in die teenwoordigheid van God.
2Ko 5:8 “Maar ons het goeie moed en verkies om liewer uit die liggaam uit te woon en by die Here in te woon.” (Die gelowige is in Christus en kan dus nooit van God geskei word nie, en hierdie feit geld selfs vir die oomblik wanneer ons sterf.) Lees meer Wanneer ons Sterf →