Daar is deesdae baie mense wat die term “die koninkryk” gebruik, en dit veral as dit by preke, konferensies en boeke kom waar die hoorders aangemoedig word om ‘n sekere dorp en of stad vir Christus te wen. Soms word daar byvoorbeeld verkondig, dat die Here Jesus Christus nie fisies aarde toe terug sal keer, alvorens die Kerk die wêreld vir Christus gewen het nie. Verder word daar verkeerdelik verkondig, dat omrede ons nou in die koninkryk is, daar geen armoede, siektes en sosiale probleme behoort te wees nie en dat dit die Kerk se plig is om die wêreld van hierdie euwels te red, omrede God kwansuis hierdie mandaat aan die Kerk gegee het. Hierdie terme en uitsprake klink eerbaar, maar voordat ons deur hierdie slagspreuke meegesleur word, is dit egter belangrik dat ons vasstel wat die spreker met die term “die koninkryk” bedoel en of hierdie koninkryk waarvan hierdie mense praat dieselfde Koninkryk is as wat die Bybel van praat.
Lees meer Koninkryk Nou vs Koninkryk Kom
Tydperk tussen die dood en die oordeel
Vraag: Waar gaan die mense in die tussentyd na hul dood terwyl ons almal wag vir die oordeelsdag? Hoe kan van hul reeds in die hemel wees en sommiges reeds in die hel?
Antwoord: Baie goeie vraag! Voor ek egter jou vraag gaan beantwoord is dit belangrik dat ons verstaan wat die Bybel met dood bedoel. Volgens die Bybel word die dood nooit as totale vernietiging of die ophou van bestaan bestempel nie, en word dit altyd as skeiding tussen siel, gees en liggaam bestempel. ‘n Persoon wat in ongeloof tot sterwe kom word vir altyd van die teenwoordigheid van God geskei maar daardie persoon se gees en siel lewe bewustelik, of in die teenwoordigheid van God in die hemel of in die doderyk, voort.(Luk 16:19-31) (Ek sal later meer hieroor uitbrei.) Lees meer Tydperk tussen die dood en die oordeel
Die Wegraping. Deel 3
In die derde en laaste artikel in die reeks artikels wat oor die Wegraping handel, gaan ons die laaste grondbeginsels vir die Voor-Verdrukking Wegraping bespreek. In deel twee van hierdie reeks artikels het ons die eerste drie argumente wat as bewys vir die Voor-Verdrukking Wegraping dien bespreek en in deel drie sal ons die laaste paar argumente as bewys vir hierdie leerstelling voorlê. Lees meer Die Wegraping. Deel 3
Die Wegraping. Deel 2
In deel twee van hierdie reeks artikels, sal ‘n paar spesifieke Voor-Verdrukking Wegraping argumente voorgelê word, wat die slotsom wat in deel een van hierdie artikels uitgelig is, sal onderskryf en bevestig. Dit moet egter gelet word, dat die argumente wat vervolgens as bewyse vir die Voor-Verdrukking Wegraping voorgelê word, nie al die argumente is wat aangebied kan word nie. Baie meer kan oor hierdie onderwerp gesê word, en diegene wat meer navorsing oor hierdie onderwerp wil doen, kan gerus die boek “The Rapture Question” wat deur Dr John F Walvoord geskryf is, lees. Hierdie boek is ‘n uitsonderlike werk, en volgens my beskeie mening is geen teologiese boekrak volledig indien hierdie boek nie deel daarvan uitmaak nie. Lees meer Die Wegraping. Deel 2
Die Wegraping. Deel 1
Baie mense het my al gekontak en gevra of die Bybel wel duidelik die leerstelling van die Wegraping verkondig, en indien wel, wat die teksgedeeltes is wat hierdie leerstelling bevestig. Voordat ek egter hierdie vraag beantwoord, wil ek dit net duidelik stel dat ek dit as ‘n tragedie beskou, dat so min gemeentes wel die moeite doen om die profesieë, soos wat dit in die Bybel opgeteken staan, te bestudeer en verkondig. Ek beskou ook die gebrek aan die duidelike verkondiging van die profetiese woord, as een van die grootste redes waarom die belydende Christendom so wêreldgesind en mislei is. Erger nog, is die feit dat sekere groepe, aan die anderkant van die spektrum, weer op hulle beurt die profetiese woord, soos wat dit in die Bybel opgeteken staan, verontagsaam en self ignoreer en op buite Bybelse profesieë, deur selfaangestelde apostels en profete, staatmaak om toekomstige gebeure te wete te kom. In baie gevalle word dan profetiese uitsprake en leerstellings verkondig wat lynreg met die Bybel in botsing is, en wat die hoorders daarvan ernstig gaan mislei en wat weer tot groot ontnugtering gaan lei. Daar is baie waarheid in die gesegde wat soos volg lees: “Indien jy wil hoor wat God aan jou sê, moet jy jou Bybel bestudeer. Dit is God se woord aan jou!” Lees meer Die Wegraping. Deel 1
Gelykenis van die Ponde
Die gelykenis van die ponde is soortgelyk aan die gelykenis van die talente. Indien ons hierdie twee gelykenisse met mekaar vergelyk, dan sal ons opmerk, dat daar sekere dinge in gemeen is, asook sekere opmerklike verskille. Dus, is dit baie duidelik dat die Here Jesus twee verskillende gelykenisse hier vertel het, waardeur Hy sekere punte duidelik van mekaar wou onderskei. Die leser word aangeraai om die gelykenis van die talente ook weer te lees. Deur die verskille in die twee gelykenisse te bestudeer, sal die gelowige se kennis aansienlik verbreed word en sal die gelowige ‘n beter idee kry van wat God van hom verlang.
Die belangrikste opmerklike verskille tussen die twee gelykenisse, is die feit dat die gelykenis van die ponde handel oor beloning wat die diensknegte op grond van gelyke vermoëns en geleenthede ontvang. Die gelykenis van die talente (Mat 25:14-30) handel oor loon wat die diensknegte op grond van oneweredige gawes en geleenthede ontvang. Die les wat ons uit hierdie feite kan leer is, dat met Christus se Wederkoms, beloning volgens kwantitatiewe asook kwalitatiewe kriteria toegeken gaan word. Lees meer Gelykenis van die Ponde
Ewige Sekuriteit van die Gelowige
Aangesien die mens geensins verdien om gered te word nie, en boonop niks kan doen om homself te red nie, maar slegs die ewige lewe as geskenk, deur geloof by God ontvang, kan hy ook niks doen om die geskenk van die ewige lewe te verloor nie. Die Here is nie ‘n mens dat Hy ‘n geskenk, wat Hy kosteloos aan die mens gegee het, sal terugneem nie. Die vrye gawe van die ewige lewe is ewigdurend en kan nie verloor, ongedaan gemaak, nietig verklaar, omgekeer of beëindig word, deur ‘n gedagte, daad of die verandering van die geloof van die wedergebore persoon nie. Die ewige sekuriteit van die gelowige kan omskryf word as ‘n onverbreekbare verhouding met God, wat Sy integriteit, absolute geregtigheid en Sy onmeetbare liefde insluit. Met aanvanklike geloof in die Evangelie vorm die Here ‘n onbreekbare Vader/kind verhouding met die gelowige en sal God, op grond van wat die gelowige ook al mag doen, nooit daardie verhouding verbreek of ongedaan maak nie . Die Vader se werk in die verlossing van die mens kan dus geensins ongedaan gemaak word nie! Dit is God wat die verhouding inisieer en na aanvanklike geloof/wedergeboorte onderhou, nie die mens nie. Lees meer Ewige Sekuriteit van die Gelowige
Ek voel te sondig om gered te word
Vraag: Ek voel te sondig om gered te word. Help asb!!
Antwoord: Eerstens is dit baie belangrik om te besef dat jou gevoelens jou nie red nie. Jy word gered deur om eenvoudig in Jesus Christus (die voorwerp van jou geloof), en Sy versoenings werk aan die kruis,(die Evangelie) te glo en nie op jou gevoelens, werke, doop , kerkbywoning of enige iets anders nie!! Dit is van uiterste belang, om te glo wat die Here in Sy woord aan jou sê, en nie wat enige persoon (my inkluis) of kerk denominasie aan jou mag voorhou nie. Moet ook nie op jou gevoel staatmaak nie, want ons emosies is nie baie betroubaar nie en kan selfs totaal en al misleidend wees. Vergelyk altyd alles wat ek of enige persoon aan jou verkondig, met wat God in Sy woord (die Bybel) aan jou sê, en interpreteer altyd onduidelike teksgedeeltes met die wat duidelik gestel is, nie anders om nie. Onthou altyd, dat as jy wil hoor wat die Here aan jou wil sê, dan moet jy jou Bybel lees en nie op buite Bybelse profesieë, gevoelens, omstandighede en tradisies staatmaak nie. Kom ons gaan kyk wat God oor jou situasie te sê het. (Lees ook asb die artikel “Die onderskeid tussen ‘n gelowige en n dissipel“) Lees meer Ek voel te sondig om gered te word
Persoonlike Evangelisasie
Seker een van die mees verwaarloosde aspekte van ware dissipelskap is persoonlike Evangelisasie. Dit is ‘n tragedie dat persoonlike evangelisasie so ‘n onbeduidende rol in die meeste moderne kerke van vandag speel. Onthou, ek bedoel nie hier die soeker vriendelike metodes wat deur die Ontluikende Kerk Beweging toegepas word nie. Ek praat hier van die verkondiging van die Evangelie, soos wat dit in die Bybel opgeteken staan, en waar die waarheid van God se woord alleenlik as maatstaf van sukses beskou word en nie getalle, emosies, buite Bybelse openbarings en manifestasies nie. Lees meer Persoonlike Evangelisasie
Bind en Ontbind van Bose Geeste!
Daar is deesdae ‘n siening onder ‘n baie groot gedeelte van die belydende Christendom wat verklaar dat ons, as gelowiges, die Duiwel en demone kan bind. (Neem asb kennis dat hierdie studie nogal lank is en die leser word aangeraai om eerder die artikel uit te druk en dan rustig te lees.) Sommige mense gaan ook so ver en beweer dat self siektes en armoede ontbind kan word, wat daartoe aanleiding sal gee dat die betrokke persoon welvaart sal beleef en selfs volkome van siektes bevry kan wees. ‘n Verdere uitvloeisel wat uit hierdie leerstelling voortkom, is die leer dat ons as gelowiges die gesag, en mandaat, het om bose geeste wat oor spesifieke dorpe, stede, lande en self kontinente heers te bind wat daartoe sal lei dat hierdie plekke uit die mag van hierdie demone bevry sal raak en op hierdie wyse sal die wêreld weer vir Christus terug gewen kan word. Daarbenewens word dan seminare en lesings aangebied waar ywerige gelowiges geleer word hoe om hierdie bose geeste te bind, en word daar gereeld op televisie, op radio, boeke, asook op konferensies verkondig dat gelowiges die offensief teen Satan en ander bose geeste moet neem, waardeur bose geeste deur die toepassing van strategiese geestelike oorlogvoering gebind en sodoende sal die bose geeste se houvas oor hierdie gebiede verbreek word. Daar word ook verkondig, dat daar individuele geeste of demone is wat in beheer van sekere dorpe, stede geografiese streke asook individuele geboue (territoriale geeste of demone) is, en indien gelowiges hierdie geeste wat oor daardie plekke gesag uitoefen bind, dit daartoe sal lei dat daardie plekke geëvangeliseer sal word. Hierdie leerstelling word ook op individuele toegepas en daar word soms so ver gegaan as om te beweer dat bindings van armoede gebreek, of ontbind kan word, wat daartoe sal lei dat die betrokke persoon rykdom en voorspoed sal beleef. Lees meer Bind en Ontbind van Bose Geeste!