Sleutelwoord se argiewe: Gebed

Die “Onse Vader” van nader bekyk


Gedurende my skooldae moes ons daagliks, voor aanvang van klasse, die Onse Vader opsê. Vir die meeste van ons het dit egter bloot nog ’n alledaagse ritueel geword. Omdat ek soms te lui was om te bid, het ek die Onse Vader opgesê om my eie gewete te kalmeer. Vir my was dit slegs ’n modelgebed, en baie mense gebruik dit steeds as sulks. Ek het nooit besef hoe belangrik die gebed werklik is en wat dit behels nie. Baie mense glo verkeerdelik dat die Here Jesus Christus met Sy eerste koms die koninkryk in ’n geestelike sin op aarde gevestig het, en dat die koninkryk tans in ’n versteekte vorm op aarde teenwoordig is. Soos duidelik aangetoon sal word, weerlê die “Onse Vader” egter hierdie bewering. Hierdie feit maak die “Onse Vader” ’n uiters belangrike gebed wat elke gelowige gereeld met dieper insig behoort te bid, veral in die tye waarin ons nou leef!

Lees meer Die “Onse Vader” van nader bekyk

Basiese Grondbeginsels oor Gebed

Ware Christenskap is nie soseer ‘n godsdiens nie, maar dit is eerder ‘n persoonlike intieme verhouding met God, wat Hy deur middel van Sy Seun, die Here Jesus Christus, met Sy voltooide werk aan die kruis vir ons bewerkstellig het, en waarin ons toetree, die oomblik wanneer ons geloof, in die Here Jesus Christus se voltooide werk aan die kruis, vir ons persoonlik plaas. En soos almal van ons weet, speel wedersydse kommunikasie (gebed) ‘n baie groot rol in die kwalitatiewe aspek van enige verhouding. Dieselfde beginsel geld vir die gelowige na aanvanklike wedergeboorte d.w.s fase twee van ons verlossing, naamlik heiligmaking/dissipelskap. (Die leser word aangeraai om die artikel “Drie Fases van Verlossing” te lees, want dit is van uiterste belang om deeglike kennis van hierdie aspek van ons verlossing te dra.) Lees meer Basiese Grondbeginsels oor Gebed