Sleutelwoord se argiewe: Gebed

Die “Onse Vader” van nader bekyk

Toe ek op skool was, moes ons elke dag voor klasse begin, die Onse Vader opsê. Maar vir die meeste van ons het dit maar net nog ‘n daaglikse ritueel geword. Omrede ek soms te lui was om te bid, het ek die Onse Vader opgesê in ‘n poging om my eie gewete te sus. Vir my was dit slegs ‘n modelgebed en word nog steeds deur baie mense as sulks gebruik. Nooit het ek besef hoe belangrik die gebed in werklikheid is en wat dit in werklikheid behels nie. Baie mense glo verkeerdelik dat die Here Jesus Christus met Sy eerste koms die koninkryk in ‘n geestelike sin op aarde gevestig het, en dat die koninkryk in ‘n versteekte vorm huidiglik op aarde teenwoordig is. Soos wat duidelik gedemonstreer sal word, weerlê die “Onse Vader” egter hierdie bewering. Hierdie feit maak van die “Onse Vader” ‘n uiters belangrike gebed wat gereeld deur elke gelowige met dieper insig gebid behoort te word. Veral in die tye waarin ons nou leef!

Lees meer Die “Onse Vader” van nader bekyk

Basiese Grondbeginsels oor Gebed

Ware Christenskap is nie soseer ‘n godsdiens nie, maar dit is eerder ‘n persoonlike intieme verhouding met God, wat Hy deur middel van Sy Seun, die Here Jesus Christus, met Sy voltooide werk aan die kruis vir ons bewerkstellig het, en waarin ons toetree, die oomblik wanneer ons geloof, in die Here Jesus Christus se voltooide werk aan die kruis, vir ons persoonlik plaas. En soos almal van ons weet, speel wedersydse kommunikasie (gebed) ‘n baie groot rol in die kwalitatiewe aspek van enige verhouding. Dieselfde beginsel geld vir die gelowige na aanvanklike wedergeboorte d.w.s fase twee van ons verlossing, naamlik heiligmaking/dissipelskap. (Die leser word aangeraai om die artikel “Drie Fases van Verlossing” te lees, want dit is van uiterste belang om deeglike kennis van hierdie aspek van ons verlossing te dra.) Lees meer Basiese Grondbeginsels oor Gebed