Sleutelwoord se argiewe: Goeie werke

Die Probleem met “Geloof is Nooit Alleen Nie”

Vraag: Ek het ‘n vraag waarop ek nie ‘n duidelike antwoord by my dominee kry nie. Hy sê hy glo in God se vrye genade en dat ons deur geloof alleen gered word, maar dat ‘geloof nooit alleen sal wees nie’. Dit beteken dat daar outomaties geestelike groei en goeie werke daaruit sal voortspruit. Ek glo die Here verwag van my om geestelik te groei en om goeie werke te doen, en ek doen dit. Ek glo dat die gawe van die ewige lewe kosteloos is. As ‘n persoon se gebrek aan geestelike groei egter bewys dat hy nie gered is nie, dan beteken dit mos dat werke tog nodig is om die ewige lewe te verkry? Dit wil vir my voorkom asof daar ‘n weerspreking in die Skrif is, al is dit baie subtiel. Ek hoor graag jou opinie.

Antwoord: Ja, jy is heeltemal reg om ‘n weerspreking in die dominee se verduideliking raak te sien. ‘n Mens moet net in gedagte hou dat die Bybel God se woord is, en daarom kan daar geen werklike weersprekings in die oorspronklike manuskripte wees nie. Ek wil jou wel komplimenteer; dit is duidelik dat jy hierdie saak baie goed en krities deurdink het. As dit ooit lyk asof die Bybel homself weerspreek, moet ons onthou dat die fout nie by die Skrif lê nie, maar by die manier waarop ons dit vertolk. Juis daarom is dit van kardinale belang om die Bybel konsekwent, letterlik en binne sy grammatikaal-historiese konteks te interpreteer, en om altyd Skrif met Skrif te vergelyk.

Lees meer Die Probleem met “Geloof is Nooit Alleen Nie”

Die Wet van Christus: n Skriftuurlike Perspektief

Voordat ons die Wet van Christus uiteensit en die hoë standaarde daarvan uitwys, is dit belangrik om eers ‘n paar feite in gedagte te hou. Ons moet die Bybelse leer van verlossing in drie afsonderlike fases verstaan om teologiese verwarring en dwaalleer te vermy. Fase een (regverdiging) is ‘n ewige, onvoorwaardelike gawe wat die sondaar slegs deur geloof in Jesus Christus ontvang. Dit berus volkome op Sy voltooide werk en kan nooit deur menslike werke, dissipelskap of heiligmaking verdien, behou of verloor word nie. Fase twee behels daarenteen ons daaglikse heiligmaking waar ons gehoorsaamheid getoets word. Fase drie wys weer heen na ons toekomstige, fisiese verheerliking tydens die wegraping. U kan gerus die artikels “Drie Fases van Verlossing” en “Heiligmaking in Drie Fases” raadpleeg vir ‘n dieper ontleding van hierdie ononderhandelbare Bybelse raamwerk.

Gehoorsaamheid in die tweede fase van verlossing lewer geensins ‘n bydrae tot die versekering van ons ewige lewe nie. Dissipelskap is egter wel die absolute voorwaarde vir ‘n vrugbare lewe, intieme gemeenskap met God en verhoorde gebede. ‘n Versuim om die streng eise van die Nuwe Testament na te streef, plaas ‘n direkte blokkade op ons gebedslewe. Dit het ook ernstige gevolge vir die genadeloon wat ons by die toekomstige Regterstoel van Christus sal ontvang, waar slegs getroue werke beloon word. Hierdie vermanings spoor ons aan tot heilige rentmeesterskap sodat ons nie eendag met leë hande as erfgename in die toekomstige Koninkryk verskyn nie. Hierdie ernstige werklikheid word deeglik in die artikel “Verliese en gevolge as gevolg van sonde in die gelowige se lewe” bespreek.

Lees meer Die Wet van Christus: n Skriftuurlike Perspektief

Die tragedie van Werke-Gebaseerde Verlossing


Hierdie artikel is aan alle gelowiges gerig wat die evangelie geglo het en wat geleer is om na hulle eie werke te kyk om te bepaal of hulle werklik gered is. Het ‘n hartseer brief van ‘n persoon wat 68 jaar oud is ontvang en wat voel dat God hom al vir die laaste drie jaar verlaat het omrede hy nog steeds met sonde sukkel. Ek gaan die brief nie hier plaas nie want dit is lank en bevat boonop baie persoonlike inligting wat ek nie met ander wil deel nie. Ek gaan net een klein gedeelte van sy brief hier weergee omrede ek glo dat daar baie mense is wat met dieselfde probleem worstel. Vervolgens die stelling wat hy gemaak het: “Intussen is dit nou al 3jr dat ek voel God is nie meer met my nie en hoor nie meer my gebede nie. Ek weet presies wat die gevolge daarvan is en lê nagte lank wakker en betreur my lot. Bid vir genade, maar voel geen deurbraak nie.” Hierdie artikel is op antwoord van sy boodskap geskryf en alle gelowiges wat met dieselfde probleem worstel kan hierdie brief lees en op hulleself toepas.

Lees meer Die tragedie van Werke-Gebaseerde Verlossing

Sewe Skrif gebaseerde motiewe om goeie werke te verrig

God verwag van alle gelowiges om mekaar lief te hê en goeie werke te verrig.
Joh.15:17 “Dit gebied Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê.”
Die skrifte beveel ons ook om goed te doen en dat ons nie moet moeg word om goed te doen nie.
Gal.6:9 “En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie. 10 Laat ons dan, terwyl ons geleentheid het, aan almal goed doen, maar die meeste aan die huisgenote van die geloof.”
Goeie werke is nie opsioneel nie en word van ons verag.
Ef.2:10 Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.
Maar soos wat ons in die artikels “Die Sondenatuur, ‘n skriftuurlike perspektief”, asook “Die sonde van lieg vir die Heilige Gees” gemerk het, word goeie werke wat met verkeerde motiewe gedoen word in baie gevalle sondige dade wat deur God verwerp word. Boonop het ons gemerk dat goeie dade wat as grondslag die gelowige se sondenatuur het geen ewigheidswaarde besit en ook geen genadeloon sal verdien nie. Maar wat behoort ons te motiveer om as Christene die Here te dien en in gehoorsaamheid te wandel? Met die skryf van hierdie artikel sal ek sewe motiverings redes hier weergee wat by God aanvaarbaar is en waarvoor Hy die gelowige sal beloon.

Lees meer Sewe Skrif gebaseerde motiewe om goeie werke te verrig

Die Sondenatuur, ‘n skriftuurlike perspektief

Baie gelowiges begryp nie mooi die konsep van die mens se sondenatuur nie, en die feit dat die sondenatuur ook in baie gevalle die motiverende agent agter die doen van “goeie werke” is. God sal nie goeie werke waarvan die ou sonde natuur die bron van is met genadeloon beloon nie. Dit sal eerder tydens die Regterstoel Oordeel van Christus as hout, hooi en stoppels verbrand word. (1Kor.3:10-15) Slegs goeie werke wat op grond van God se genade, deur geloof, in en deur die krag van die Heilige Gees verrig is sal genadeloon verdien. Soos wat ons in die artikel “Die sonde van lieg vir die Heilige Gees” gemerk het, is nie alle werke wat as “goeie werke” voorkom noodwendig by God aanvaarbaar nie. Inteendeel, baie van hierdie “goeie werke” het in werklikheid die sondenatuur van die mens as bron, wat beteken dat God daardie goeie werk sal verwerp.

Die sondenatuur verwys na die gevalle aard (ook bekend as die Adamiese aard) van die mens wat Adam tydens die sondeval bekom het, en wat hy deur voortplanting aan al sy nasate oorgedra het. (die Here Jesus Christus is die enigste uitsondering omrede Josef nie Sy vader was nie) Ons almal word dus met ‘n sondenatuur gebore en hierdie sondenatuur sal in ons teenwoordig wees solank as wat ons nog in hierdie gevalle liggame teenwoordig is. Eers na afloop van fase drie van ons verlossing, naamlik die verheerliking (eerste opstanding), sal ons ontslae van die sondenatuur wees. Terme soos die “oue mens” (Ef.4:22), “die sonde” (Rom.7:7) en “die vlees” (Rom.8:3-4; Gal.5:16) word in die skrifte aangewend om die konsep van die mens se sondenatuur te beskryf. Die sondenatuur is dus ‘n integrale deel van elke mens op aarde. (met slegs een uitsondering, naamlik die Here Jesus Christus.)

Lees meer Die Sondenatuur, ‘n skriftuurlike perspektief

Ons kan nie God vir Sy genade beloon nie

Dit is ‘n logiese feit dat wanneer ‘n persoon iemand vir enige werk wat hy verrig het beloon, dan kan daardie betaling nie as ‘n genadegawe bestempel word nie. Hierdie feit geld veral wanneer dit by God se verlossingsplan vir die mens kom. Indien God die geringste verdienstelikheid in die persoon waarneem, dan sal Hy in geregtigheid daardie verdienstelikheid moet beloon en die beloning daarvan sal nie as ‘n genadegawe omskryf kan word nie.
Rom.4:4 “Maar aan hom wat werk, word die loon nie na guns toegereken nie, maar na verdienste; 5 aan hom egter wat nie werk nie, maar glo in Hom wat die goddelose regverdig, word sy geloof tot geregtigheid gereken.”
Genade moet genade bly. Jode, sowel as heidene, is almal onder die geregverdigde oordeel van God geplaas, en omrede alle mense afstammelinge van Adam is, en met ‘n sonde natuur gebore word, word hulle sonder uitsondering in Adam geoordeel. Die skrifte verklaar dat alle mense onder die mag van sonde is. (Die Here Jesus Christus is die enigste uitsondering) Om hierdie rede is die mens nie net sondaars omrede hulle sonde pleeg nie, maar hulle is ook van nature sondaars. Ons pleeg sonde, omrede alle mense alreeds oor ‘n sonde natuur beskik, en posisioneel in Adam is, en daarom het God die hele mensdom onder Sy geregverdigde oordeel van sonde geplaas.
Rom.3:9 “Wat dan? Het ons enige voorrang? Hoegenaamd nie! Want ons het tevore al Jode sowel as Grieke beskuldig dat hulle almal onder die sonde is, 10 soos geskrywe is: Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie. 11 Daar is niemand wat verstandig is nie, daar is niemand wat God soek nie. 12 Hulle het almal afgewyk, saam het hulle ontaard. Daar is niemand wat goed doen nie, daar is selfs nie een nie.”

Lees meer Ons kan nie God vir Sy genade beloon nie

God se genade word in gelyke maat aan alle mense aangebied

Omrede die vraag betreffende die mensdom se sonde vir ewige deur die Here Jesus Christus se kruisdood uit die weg geruim is, word God se genade, wat net soos God geen limiete het nie, kosteloos aan alle mense voorgehou. Op grond van eenvoudige geloof in die evangelie word God se perklose genade aan alle gelowiges in gelyke maat geskenk en nie op grond van hoe min of hoe baie die persoon al gesondig het nie. Die rede hiervoor is eenvoudig! God se genade kan nie vermeerder word nie, omrede Sy genade ‘n uitdrukking van Sy perklose liefde is. Ons moet dus nie die fout begaan om te dink dat God die mens se sonde as iets gerings beskou nie. So ‘n proposisie sal ver van die waarheid af wees. God haat sonde en neem dit ernstig op. Maar omrede al die sondes van die hele mensdom (verlede, hede en toekomstige sondes) op die Here Jesus Christus geplaas is, en die Vader Hom daarvoor aan die kruis gestraf het, is die probleem van die mens se sonde vir ewig uit die weg geruim. God se perklose genade word dus sonder enige perk daarop kosteloos aan alle mense sonder enige uitsonderings voorgehou. Dit is derhalwe nie ‘n kwessie van verskillende grade van genade nie, of selfs die grade van die mens se tekortkominge nie.
1Kor.1:18 “Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God;
Kol.1:20 en dat Hy deur Hom alles met Homself sou versoen nadat Hy vrede gemaak het deur die bloed van sy kruis — ek sê deur Hom — die dinge op die aarde sowel as die dinge in die hemele.
Rom.3:22 die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie;”

Lees meer God se genade word in gelyke maat aan alle mense aangebied

Wedergeboorte en die rede vir goeie werke

Vraag: Ek dank God vir hierdie webwerf. Kan jy asb in meer diepte Efesiërs 2:8-10 aan my verduidelik, soos byvoorbeeld wat die doel van goeie werke is.
Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.” (Ef.2:8-10)
Ek is van vroeg af met die werke evangelie gebombardeer, en het altyd geglo dat ek die ewige lewe kan verloor, of indien ek nie goeie werke doen nie ek nooit gered is nie. Ek stem nou saam met jou dat mens nie die ewige lewe kan verbeur nie, omrede bogenoemde vers dit duidelik stel dat die ewige lewe ‘n gawe is, maar ek sukkel nog met vers nege oor die werke wat God voorberei het om daarin te wandel. Kan jy my help asb.

Lees meer Wedergeboorte en die rede vir goeie werke

Die Heilige Gees is onontbeerlik vir die gelowige

Vir enige gelowige om ‘n vrugtevolle lewe in Christus te geniet, moet die uiters belangrike rol wat die Heilige Gees in die gelowige se Christelike wandel speel nooit uit die oog uit verloor word nie. Met hierdie artikel sal daar gepoog word om die gelowige aangaande hierdie feit te herinner. Alle gelowiges behoort hierdie punte te bestudeer en gereeld te oordink.

Lees meer Die Heilige Gees is onontbeerlik vir die gelowige

Persoonlike liefde en toewyding aan Christus die grondslag vir Goeie Werke

Voordat ons met hierdie studie oor persoonlike liefde en toewyding (Eng, Fellowship) aan die Here gaan begin, is dit egter eerstens noodsaaklik om die belangrikheid van goeie werke in die lewe van die gelowige te beklemtoon. Dit is ook egter so dat die beklemtoning van goeie werke soms ten koste van persoonlike liefde en toewyding ten opsigte van Here Jesus Christus aan lidmate voorgehou word, wat tot gevolg het dat meeste van die goeie werke wat ons vandag in die belydende Christendom waarneem, niks anders as werke in die vlees gedoen is en wat nie deur Christus by die Regterstoel Oordeel beloon sal word nie. Dit word in meeste gevalle as vanselfsprekend aanvaar, dat goeie werke die primêre, en in sommige gevalle selfs as die enigste, doelstelling in die morele uitleef van die Christelike lewenswandel beskou word. Vir sover dit suiwer morele en humanitêre ideale aanbetref, is goeie werke wel die hoogste ideaal vir die sekulêre en selfs nie Christelike gelowe, maar hierdie stelling geld egter nie vir die uitleef van ‘n Skriftuurlike Geesvervulde Christelike lewenswandel van die gelowige nie.

Lees meer Persoonlike liefde en toewyding aan Christus die grondslag vir Goeie Werke