Sleutelwoord se argiewe: Goeie werke

Gelowiges se Werke gaan Beoordeel word

Voordat ons met hierdie studie oor ons werke begin, is dit belangrik dat ons as gelowiges, d.w.s. alle persone wat die Evangelie geglo het, weet dat hulle nooit verlore sal kan gaan nie. (Lees asb die artikel “Ewige Sekuriteit van die Gelowige” vir meer inligting rondom hierdie onderwerp) (Joh 3:18 Joh5:24) Boonop is al die gelowige se sonde (verlede, hede en toekomstig ) op Jesus Christus geplaas, en het Hy met Sy lewe vir ons sondes aan die kruis versoening gedoen. (Kol 2:14) Daarom is ons volkome veilig in Jesus Christus en kan die gelowige nooit verlore gaan nie.(1Ko 1:30) Ons is begenadig in die Geliefde. (Efs 1:6) Deur Sy een offer, het Hy ons vir ewig volmaak. (Heb 10:14) En daarom het God ons net so lief soos wat Hy die Seun het. (Joh 17:23) Groter liefde as dit is daar nie! Aan die anderkant van die saak, stel die Bybel dit egter duidelik, dat ons lewenswyse en optrede aan hierdie kant van die graf gevolge vir die hiernamaals sal voortbring, wat nie noodwendig later ongedaan gemaak kan word nie. Die keuses wat ons in hierdie lewe gemaak het, sal gevolge hê! God kan en sal ook vergewe, indien ons ons sondes bely en dit laat staan, maar die gevolge van ons keuses sal egter bly staan. God gaan nie noodwendig die gevolge van ons keuses ongedaan maak nie! Lees meer Gelowiges se Werke gaan Beoordeel word

Gelykenis van die Ponde

Die gelykenis van die ponde is soortgelyk aan die gelykenis van die talente. Indien ons hierdie twee gelykenisse met mekaar vergelyk, dan sal ons opmerk, dat daar sekere dinge in gemeen is, asook sekere opmerklike verskille. Dus, is dit baie duidelik dat die Here Jesus twee verskillende gelykenisse hier vertel het, waardeur Hy sekere punte duidelik van mekaar wou onderskei. Die leser word aangeraai om die gelykenis van die talente ook weer te lees. Deur die verskille in die twee gelykenisse te bestudeer, sal die gelowige se kennis aansienlik verbreed word en sal die gelowige ‘n beter idee kry van wat God van hom verlang.

Die belangrikste opmerklike verskille tussen die twee gelykenisse, is die feit dat die gelykenis van die ponde handel oor beloning wat die diensknegte op grond van gelyke vermoëns en geleenthede ontvang. Die gelykenis van die talente (Mat 25:14-30) handel oor loon wat die diensknegte op grond van oneweredige gawes en geleenthede ontvang. Die les wat ons uit hierdie feite kan leer is, dat met Christus se Wederkoms, beloning volgens kwantitatiewe asook kwalitatiewe kriteria toegeken gaan word. Lees meer Gelykenis van die Ponde

Hemelse krone, loon en goeie werke

Die Vyf Krone: Ewige Belonings vir Getroue Dissipelskap

Die Bybel leer ons dat hoewel die toegang tot die hemel ‘n gratis gawe is wat deur geloof alleen verkry word, die posisie en status in die komende Koninkryk bepaal word deur die gelowige se getrouheid op aarde. Wanneer gelowiges voor die Regterstoel van Christus verskyn, sal die Here spesifieke toekennings, oftewel krone, uitdeel aan diegene wat aan spesifieke geestelike vereistes voldoen het. Hierdie krone verteenwoordig die “goud, silwer en kosbare stene” wat die vuurproef deurstaan het. Dispensasionele teoloë identifiseer tradisioneel vyf onderskeibare krone in die Nuwe Testament.

1. Die Onverwelklike Kroon (Die Kroon vir Selfbeheersing)

Hierdie kroon word beloof aan die gelowige wat sy liggaam en sy “ou mens” suksesvol onder die beheer van die Heilige Gees gebring het. Dit is die kroon vir dissipline en selfbeheersing. In die antieke Griekse spele het atlete meegeding vir ‘n lourierkrans wat binne dae sou verlep. Paulus kontrasteer hierdie tydelike prys met die ewige beloning vir geestelike dissipline. Hy gebruik die metafoor van ‘n hardloper en ‘n bokser om te illustreer dat die Christelike lewe doelgerigte inspanning en onthouding van sonde vereis.

Die apostel Paulus skryf in 1 Korintiërs 9:24-27:
“Weet julle nie dat die wat in die renbaan hardloop, wel almal hardloop, maar dat een die prys ontvang nie? Hardloop so dat julle dit kan verkry. En elkeen wat aan ‘n wedstryd deelneem, onthou hom in alles—húlle nogal om ‘n verwelklike krans te ontvang, maar ons ‘n onverwelklike. Ek hardloop dan soos een wat nie onseker is nie; ek slaan met die vuis soos een wat nie in die lug slaan nie. Maar ek kasty my liggaam en maak dit diensbaar, dat ek nie miskien, terwyl ek vir ander gepreek het, self verwerplik sou wees nie.”
Die woord “verwerplik” (in Grieks adokimos) beteken nie dat Paulus bang was om sy redding te verloor nie, maar dat hy “afgekeur” of gediskwalifiseer sou word vir die prys of beloning. Hierdie kroon is dus vir die gelowige wat die vlees kruisig en in heiligmaking wandel.

Lees meer Hemelse krone, loon en goeie werke