Sleutelwoord se argiewe: Rassisme

Ras, die Gelowige en Haat

1Jo 2:9 “Hy wat sê dat hy in die lig is en sy broeder haat, is in die duisternis tot nou toe.”
Omrede die oorgrote meerderheid van die belydende Christendom so ver van suiwer Bybelse leerstellings verwyderd geraak het, moet dit geensins as verassing kom dat daar Christene is wat onder die indruk verkeer dat hulle in die lig wandel, maar te laat gaan uitvind dat hulle eintlik in die duisternis gewandel het nie. Soos alreeds in die artikel “Gelowiges se werke gaan beoordeel word” gedemonstreer is, het die wyse waarop ons ons lewens in hierdie wêreld of dispensasie uitleef, ewigdurende implikasies en geld hierdie beginsel ook vir ons as gelowiges. Daar gaan gelowiges wees wat voor die Regterstoel Oordeel van Christus gaan verskyn, wat verkeerdelik onder die indruk gaan wees dat hulle as toegewyde dissipels van God gelewe het, net om te laat uit te vind dat hulle egter die heeltyd in ‘n toestand van voortgesette sonde gelewe het. Die rasse situasie in Suid Afrika dien as een so ‘n voorbeeld. Om te diskrimineer op grond van ras , is ‘n ernstige sonde.
1Jo 2:11 “Maar hy wat sy broeder haat, is in die duisternis en wandel in die duisternis en weet nie waarheen hy gaan nie, omdat die duisternis sy oë verblind het.”
As gelowiges, moet ons besef, dat dit God is wat ons gaan beoordeel, en Hy gaan ons volgens Sy maatstawwe beoordeel en nie die van mense nie, en daarom moet ons streef om God te behaag en nie mense nie. Lees meer Ras, die Gelowige en Haat

Rassehaat en die Christen

Vraag: Wat sê die Bybel oor rassehaat en kan ons verwag dat dit sal toeneem soos wat Jesus se wederkoms nader kom? Het die Bybel enigsins hieroor iets te sê?

Antwoord: Voordat ons hierdie onderwerp bespreek is dit van uiterste belang dat die Bybel as maatstaf vir ons antwoord gebruik word en nie ons menslike tradisies en vooropgestelde idees nie. Rassehaat is ook ‘n baie sensitiewe onderwerp wat met uiterste omsigtigheid benader moet word. Dit gaan ons egter niks baat as ons nie die onderwerp eerlik en openlik benader nie. Ook gaan dit niks help as ons, ons koppe onder die sand insteek en voorgee asof hierdie probleem nie bestaan nie. ‘n Eerlike blik na ons samelewing sal duidelik bewys dat rassehaat deel van ons alledaagse lewens is, en selfs ook aan die toeneem is. Die feit van die saak is dat rassehaat nie net in ons eie land bestaan nie, maar dat dit regoor die wêreld bestaan en selfs aan die toeneem is. Wat ons as gelowiges moet vasstel is of die Bybel iets oor hierdie aangeleentheid te sê het en watse optrede God van ons as Sy kinders verwag. Lees meer Rassehaat en die Christen