Sleutelwoord se argiewe: Haat

Ras, die Gelowige en Haat

1Jo 2:9 “Hy wat sê dat hy in die lig is en sy broeder haat, is in die duisternis tot nou toe.”
Omrede die oorgrote meerderheid van die belydende Christendom so ver van suiwer Bybelse leerstellings verwyderd geraak het, moet dit geensins as verassing kom dat daar Christene is wat onder die indruk verkeer dat hulle in die lig wandel, maar te laat gaan uitvind dat hulle eintlik in die duisternis gewandel het nie. Soos alreeds in die artikel “Gelowiges se werke gaan beoordeel word” gedemonstreer is, het die wyse waarop ons ons lewens in hierdie wêreld of dispensasie uitleef, ewigdurende implikasies en geld hierdie beginsel ook vir ons as gelowiges. Daar gaan gelowiges wees wat voor die Regterstoel Oordeel van Christus gaan verskyn, wat verkeerdelik onder die indruk gaan wees dat hulle as toegewyde dissipels van God gelewe het, net om te laat uit te vind dat hulle egter die heeltyd in ‘n toestand van voortgesette sonde gelewe het. Die rasse situasie in Suid Afrika dien as een so ‘n voorbeeld. Om te diskrimineer op grond van ras , is ‘n ernstige sonde.
1Jo 2:11 “Maar hy wat sy broeder haat, is in die duisternis en wandel in die duisternis en weet nie waarheen hy gaan nie, omdat die duisternis sy oë verblind het.”
As gelowiges, moet ons besef, dat dit God is wat ons gaan beoordeel, en Hy gaan ons volgens Sy maatstawwe beoordeel en nie die van mense nie, en daarom moet ons streef om God te behaag en nie mense nie. Lees meer Ras, die Gelowige en Haat