Waarom lyk dit soms asof die goddelose floreer terwyl die onskuldiges aanhou bly ly? Dit is ‘n vraagstuk waarmee gelowiges alreeds van Job se tyd af worstel, en ja ons worstel ook in ons tyd met presies dieselfde vraag. Ons word immers daagliks met hierdie vraag gekonfronteer wanneer ons die korrupsie binne die ANC waarneem. Die feit dat hierdie mense meestal ongestraf bly, daag ons basiese sin vir geregtigheid voortdurend uit. Die antwoord op hierdie vraag is dus nie so eenvoudig nie; dit verg ‘n breër, ewige en skriftuurlike perspektief.
Sleutelwoord se argiewe: lyding
Hoekom sukkel mense om te sterf veral by ou mense
Vraag: Mens het so baie vrae en die Woord sê ons sal eendag ten volle antwoorde op ons vrae kry. Maar ek wil graag weet as jy my kan laat verstaan. Hoekom sukkel mense om te sterf veral by ou mense. My tannie is 74 jaar oud en het kanker en hul kan haar nie chemo gee nie want sy is te swak. Sy is al so maer, kan nie eet en drink nie en mens ruik al die dood maar sy sterf nie.
Daar is mense wat al met haar gepraat het, en gebid het en het haar ook al gesalf. Sy ly ook aan alzheimers kort geheue verlies. So sy verstaan met tye. Sy ly baie en het baie pyn, maar sterf nie??
Ons lees jou verduidelikings op jou webtuiste en dit het ons oë met baie dinge oop gemaak. Mag die Here Jesus Christus jou ryklik seën.
Baie groete.
Lees meer Hoekom sukkel mense om te sterf veral by ou mensebeproewing van die gelowige se geloof
Vir ‘n gelowige, of enige of enige ander persoon, om in onafhanklikheid van God te leef, kom op rebellie neer, en is dus sonde, en om hierdie rede word die gelowiges (nie ongelowiges nie) ernstig gemaan, naamlik:
2Kor.10.56 “en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,”
En omrede ons geloof slegs in Christus gesetel moes wees, en in niemand, of niks anders nie, is dit die gelowige se plig om in die geloof te wandel, anders pleeg daardie persoon sonde al besef hy dit nie.
Rom.14:23b “en alles wat nie uit die geloof is nie, is sonde.”
met hierdie wete in gedagte kan die gelowige verseker wees dat sy geloof die een of ander tyd aan beproewing onderwerp sal word.
Pyn en Lyding en God se Liefde – dieskrifte.org
Vraag oor pyn en lyding: Eers wil ek jou geluk wens met ‘n pragtige nuwe webblad, tot Sy eer. Ek het jou artikel gelees oor lyding. Ek het ‘n vriend wat ‘n kind van God is en wat prostaat kanker het. Hy gaan deur erge pyn. Hy vra my gisteraand wat ek dink waarom hy deur so ‘n vreeslike pyn moet gaan. Hy vra my ook as God hom so liefhet, waarom hy so erge pyn moet ervaar? Ek het nie regtig vir
hom ‘n bevredigende antwoord nie. Hoe sou jy hom antwoord ? Lees meer Pyn en Lyding en God se Liefde – dieskrifte.org
Die Gelowige en Lyding
Teenspoed, tragedie en lyding is realiteite wat ons almal op een of ander tydstip beleef. As mense wil ons dikwels verstaan waarom juis ons getref word, maar die eenvoudige waarheid is dat ons in ‘n gevalle wêreld woon. Die Here het ons nêrens belowe dat ons lyding sal vryspring wanneer ons Hom as Verlosser aanneem nie. Tog bied die Woord van God waardevolle leidrade wat ons help om lyding te verstaan en te hanteer — hetsy in ons eie lewens of wanneer ons ‘n broeder in nood bystaan. Mense wat verkondig dat gelowiges slegs voorspoed sal ervaar, verkondig leuens wat dikwels tot gevolg het dat mense permanent van die Here af wegdraai wanneer dinge skeefloop. Hier volg ‘n paar redes waarom lyding in die lewe van ‘n gelowige toegelaat word.