Sleutelwoord se argiewe: Die Gelowige en Lyding

Die Gelowige en Lyding

Dit gebeur in almal van ons se lewens dat daar teenspoed kom en dat ons selfs ‘n tragedie of lyding kan beleef. As mens, wil ons dan graag verstaan hoekom dit nou juis met ons gebeur. Maar die eenvoudige waarheid is dat ons in ‘n gevalle wêreld woon. Die Here het ons nêrens belowe dat ons lyding gaan vryspring, indien ons Hom as Verlosser en Saligmaker aanneem nie. Maar dit gesê, daar is wel sekere leidrade in die Woord van God wat ons ‘n mate van kennis oor hierdie onderwerp sal gee, en sal help indien ons eendag ‘n broeder moet bystaan wat ‘n tragedie beleef het, of indien onsself in ‘n soortgelyke tragedie bevind. Mense wat loop en verkondig dat ons net voorspoed in hierdie lewe gaan beleef, indien ons die Here aanneem, verkondig leuens en veroorsaak dat wanneer dinge nie reg verloop nie, baie mense permanent van die Here af wegdraai om nooit weer terug na Hom toe kom nie. Hier volg ‘n paar redes hoekom lyding in ons lewens toegelaat word.  As gelowiges behoort ons goed ingelig oor  hierdie onderwerp te wees, en kennis aangaande lyding, behoort ons aan te moedig om in geloof om hulp na die Here te gaan . Lees meer Die Gelowige en Lyding