Alle bydraes deur Vic

Sint Valentyn, Valentynsdag, en die ware Gelowige?

Vraag: Ek wil net hoor, Valentynsdag dag goed of sleg?

Antwoord: Ek is maar versigtig vir enige legendes en tradisies wat met die Rooms Katolieke Kerk, of soortgelyke organisasies te make het en dit sluit die legendes en tradisies rondom Valentynsdag in. Die Katolieke Kerk is volgens my mening nie die ware Kerk nie. Dit gesê, word dit beweer dat Sint Valentyn onder keiser Claudius gedien het, en omrede keiser Claudius sy soldate verhoed het om te trou, omrede ongetroude soldate, volgens Claudius, kwansuis beter oorlog sou voer, het Sint Valentyn skelm verliefde soldate in die huwelik bevestig en is daarvoor deur die keiser in die tronk gestop, waarop Sint Valentyn en die tronk bewaarder se dogter, wat blind was, genees het en waarop die twee op mekaar verlief geraak het. (Sover so goed) Ander beweer weer dat Sint Valentyn Christen paartjies in die geheim in die huwelik bevestig het, en daarom is hy ter dood veroordeel, maar dit eers nadat hy die keiser se dogter genees het. Ongelukkig is daar ‘n ander bewering, en dit is dat die Rooms Katolieke Kerk in ‘n poging om heidense praktyke met die belydende Christendom te versoen, deur hierdie dag met die (Engels “Pagan”) heidense heilige dag van Lupercalia saam te voeg, wat indien dit waar is, ernstig problematies is. (Let wel daar is nog verdere legendes wat ek nie hier gaan noem nie, omrede ek nie glo dat ‘n ware gelowig enigsins iets met die Katolieke Kerk te doen moet hê, anders as om die Evangelie met daardie organisasie se lede te deel nie.) Lees meer Sint Valentyn, Valentynsdag, en die ware Gelowige?

Die Leerstelling van die Gevalle Engele

Die leser moet net kennis neem, dat hierdie studie hoofsaaklik oor gevalle engele of bose geeste handel. Aparte artikels wat Satan, asook die leerstelling van die heilige engele, aanspreek is alreeds in anders studies op die webtuiste behandel. (Die leser word aangeraai om die artikels “Satan” en “Die Leerstelling van die Heilige Engele” vir meer besonderhede rondom daardie aangeleenthede te lees.) Lees meer Die Leerstelling van die Gevalle Engele

Voorbeelde van die Gelowige se Seëninge en Rykdom in Christus

Die oomblik wanneer ‘n persoon die Evangelie glo, word daardie persoon in Christus geplaas, en ontvang daardie persoon ‘n groot aantal geestelike seëninge wat vir ewig deel van sy erflating word en wat nooit weer verloor kan word nie. In hierdie artikel gaan net ‘n gedeeltelike lys van hierdie seëninge genoem word, en die leser word aangeraai om self die ander op te soek, want daar is baie meer.  Lees meer Voorbeelde van die Gelowige se Seëninge en Rykdom in Christus

Die onderskeid tussen Wedergeboorte en Loon vir Goeie Werke

Indien ons die Bybel noukeurig bestudeer, sal opgemerk word dat daar ‘n duidelike onderskeid tussen aanvanklike verlossing (fase een van ons verlossing, naamlik wedergeboorte) en loon wat ‘n gelowige na aanvanklike wedergeboorte, deur die inwerking en krag van die Heilige Gees, kan versamel. (Fase twee van verlossing, naamlik heiligmaking.) Lees asb die artikel “Drie fases van verlossing” vir meer inligting rondom die drie verskillende fases van ons verlossing. Dit is uiters belangrik om hierdie onderskeid duidelik waar te neem, want baie Christelike denominasies tref nie duidelik hierdie onderskeid nie en dit lei dan daartoe dat hulle op ‘n baie subtiele wyse goeie werke deel van die Evangelie maak. Om hierdie rede, kom dit as geen verassing dat die apostel Paulus dit nodig geag het om Timoteus baie sterk aan te moedig, om die woord te bestudeer en homself daarop toe te lê om die woord reg te sny.
2Ti 2:15 “Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.”
Die Here neem leerstellige suiwerheid en Bybelse leerstellings baie ernstig op en daarom sal ons wys wees indien ons dieselfde doen. Om hierdie rede, gaan met die skryf van hierdie artikel, gepoog word om vanuit die Skrifte die onderskeid tussen wedergeboorte en loon, wat deur goeie werke gedoen bekom kan word, gedemonstreer word. Dit sal verhoed dat ‘n persoon goeie werke/dissipelskap deel van die Evangelie van God se genade maak en die Evangelie in ‘n werke evangelie verander nie. Lees meer Die onderskeid tussen Wedergeboorte en Loon vir Goeie Werke

Heb 12:14 en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie

Vraag: Ek lees gereeld u skrywes op u webtuiste en stem met alles saam. Ek wil net weet of dit moontlik is vir ‘n gelowige (eerste fase/wedergebore) om te leef vir self en nie sy kruis elke dag op neem nie (tweede fase/heiligmaking) om nog in die lig van Heb. 12:14 hemel toe sal gaan. Ek sien so baie wat Jesus aanneem, maar tog nog voortgaan om vir hulleself te lewe soos hulle wil.

groete

Antwoord: Ek neem aan jy bedoel Heb. 12:14 en nie 12:4 nie. Ek gaan jou op grond van Heb. 12:14 antwoord. Indien jy Heb. 12:4 bedoel het laat my asb weet, want ek het probleme met my epos program gehad en weet nie of jy my epos gekry het nie. Lees meer Heb 12:14 en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie

Die Leerstelling van die Heilige Engele

Voordat ons met hierdie studie begin, moet net gelet word dat hierdie artikel hoofsaaklik oor heilige engele handel en nie oor bose geeste of gevalle engele nie. Indien dit die Here se wil is, sal ek ‘n aparte artikel, wat spesifiek oor bose geeste handel, skrywe. Die bestaan van engele word in minstens 34 boeke van die die Bybel bevestig en die term “engel en engele ” kom minstens 275 keer in die Bybel voor. Verder het die Here Jesus Christus self die bestaan van engele bevestig en het ook self oor hulle bestaan geleer.
Mat 18:10 “Pas op dat julle nie een van hierdie kleintjies verag nie; want Ek sê vir julle dat hulle engele in die hemele altyd die aangesig sien van my Vader wat in die hemele is.” Lees meer Die Leerstelling van die Heilige Engele

Wat beteken dit as die Bybel sê dat God my niere gaan deursoek?

Vraag: Kan jy my asb help. Hoekom word daar in die Bybel gesê dat ons niere ook deursoek sal word? Hoekom die niere? Hier het ek twee verse aangehaal, alhoewel dit ook op ander plekke in die Bybel voorkom.
Psa 16:7 “Ek sal die HERE loof wat my raad gegee het; selfs in die nag vermaan my niere my.
Psa 26:2 Toets my, HERE, en beproef my, keur my niere en my hart;”ê Lees meer Wat beteken dit as die Bybel sê dat God my niere gaan deursoek?

Is die gawe van Profesie nog in werking vandag?

Met die ongekende toename in mense wat beweer dat hulle oor die profetiese gawe beskik en direk by God “ ‘n Woord of Skrif ontvang” is dit belangrik dat ons hierdie vraagstuk eerlik vanuit die Bybel beantwoord. Ongekende skade, aan gelowiges se geloof, word deur sogenaamde profete aangerig, wat ‘n profesie oor mense uitspreek en waarop daardie persone dan reageer, net om later uit te vind dat dit nooit God se wil vir hulle was nie, en dan het sommige van hierdie gelowiges alreeds ernstige finansiële verliese gelei, om nie eens van al die ontnugtering en die hartseer en skade aan hulle geloof te praat nie. Erger nog, gaan baie gelowiges eendag voor die Here staan, en te laat uitvind dat hulle nooit werklik in God se wil gelewe het nie, juis omrede hulle die leerstellings en profesieë van sogenaamde moderne profete aangehang en nagevolg het. Om hierdie rede is dit van uiterste belang, om vanuit die Skrifte vas te stel of die Geestelike gawe van profesie, na afloop van die Apostoliese Era, nog in werking is, toe die boek Openbaring voltooi is en die laaste ware Apostels van Christus, met hulle afsterwe, van die toneel af verdwyn het. Die leser moet asb kennis neem, dat hierdie artikel hoofsaaklik oor die geestelike gawe van profesie gaan handel. Vir meer inligting oor die gawe van in tale praat, word die leser aangeraai om die artikel “Spreek in vreemde tale” vir meer inligting te lees. Ek raai die leser ten sterkste aan om ook daardie artikel te lees, omrede daar belangrike inligting is wat met die gawe van profesie oorvleuel, wat nie noodwendig in hierdie artikel herhaal gaan word nie. Lees meer Is die gawe van Profesie nog in werking vandag?

Bekering, Geloof en die Ewige Lewe

Vraag: Vic, jy sê dat wedergeboorte en bekering op dieselfde tyd plaasvind? Ek glo in Jesus en is n ______ dosent en verkondig die Evangelie en lei dissipels op deur die genade van die Here. Ek is in die Volle Evangelie kerk en vra vir baie Pastore en selfs Dr’s die vraag en kry na my mening n grys antwoord. Hier is my storie, ek vind myself sonde doen selfs wanneer ek voel dis verkeerd. Ek sal saam my vrou by die huis sit en n paar biere drink wanneer ons bordspeletjies speel, en dan nog my rook verslawing. Nou beoefen ek my geliefde ou sonde by my huis omdat ek nie skade aan God se koninkryk of n struikeling vir ander gelowiges wil wees nie. Waar plaas dit my en loop ek gevaar om verlore te gaan?
Dankie  Lees meer Bekering, Geloof en die Ewige Lewe

Basiese Grondbeginsels oor Gebed

Ware Christenskap is nie soseer ‘n godsdiens nie, maar dit is eerder ‘n persoonlike intieme verhouding met God, wat Hy deur middel van Sy Seun, die Here Jesus Christus, met Sy voltooide werk aan die kruis vir ons bewerkstellig het, en waarin ons toetree, die oomblik wanneer ons geloof, in die Here Jesus Christus se voltooide werk aan die kruis, vir ons persoonlik plaas. En soos almal van ons weet, speel wedersydse kommunikasie (gebed) ‘n baie groot rol in die kwalitatiewe aspek van enige verhouding. Dieselfde beginsel geld vir die gelowige na aanvanklike wedergeboorte d.w.s fase twee van ons verlossing, naamlik heiligmaking/dissipelskap. (Die leser word aangeraai om die artikel “Drie Fases van Verlossing” te lees, want dit is van uiterste belang om deeglike kennis van hierdie aspek van ons verlossing te dra.) Lees meer Basiese Grondbeginsels oor Gebed