Kategorie se argiewe: Vraag en antwoord

Laaste Dae Herlewing?

Vraag: Wanneer gaan die groot herlewing begin waarvan almal praat? Ek hoor baie daarvan, maar sien nie in werklikheid enige verandering in ons samelewing nie. Ek sal graag jou opinie hieroor wil hoor.

Antwoord: Dit is ’n belangrike vraag wat dikwels misverstaan word. Dit hang af van wat jy as “herlewing” beskou. Ware Bybelse herlewing beteken ’n terugkeer na God en Sy Woord. Met ware herlewing bely mense hulle sondes, laat dit staan, en laat die Heilige Gees toe om hulle lewens te beheer. Dit lei altyd na ’n heilige lewenswandel waar die Bybel die enigste maatstaf is waarteen alle gedrag gemeet word.

Sekere Christelike leiers verkondig vandag dat die Kerk eers die wêreld gaan oorneem voordat Jesus Christus terugkom. Om ’n ware antwoord te kry, moet ons egter kyk of Jesus of die apostels geleer het dat daar ’n herlewing in die laaste dae van die Kerk-era gaan plaasvind.
Luk.18:8 “Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?”
Jesus Christus self het hierdie vraag gevra, wat ’n ernstige aanduiding is van die geestelike verval wat Sy koms sal voorafgaan.

Lees meer Laaste Dae Herlewing?

Is die kerk die weg na God?

Vraag: Is die kerk, of ‘n sekere bekende kerkdenominasie, die enigste weg na God toe, of kan ek aan enige kerk behoort en nog steeds ‘n kind van God wees? Ek wil nie ‘n fout op hierdie punt maak nie, maar ek oorweeg dit om my huidige denominasie te verlaat. Baie dankie.

Antwoord: Moenie bekommerd wees nie; jy sal verbaas wees om te weet dat daar net een ware Kerk van Jesus Christus is. Hierdie Kerk is nie ‘n denominasie nie, maar bestaan uit alle wedergebore Christene wat die Evangelie geglo het. Kerklidmaatskap red niemand nie en het nog nooit iemand gered nie. Dit is ongelukkig ‘n feit dat daar baie mense is wat Sondag na Sondag in die kerkbanke sit, maar wat nog nooit werklik wedergebore is nie en dus verlore is. Ek beklemtoon dit weer: Die kerk of ‘n denominasie is nie die weg na God die Vader nie!

Lees meer Is die kerk die weg na God?

Moet glo dat Jesus God is?

Vraag: Is dit ‘n vereiste om te glo dat Jesus God is om wedergebore te word? Ek kan nie ‘n duidelike antwoord in die Bybel kry nie. Help asseblief! Ek wonder nogal gereeld oor hierdie vraagstuk.

Antwoord: Baie dankie vir hierdie deurslaggewende vraag. Daar is inderdaad baie mense wat met hierdie kwessie worstel. Die Bybel stel dit egter onomstootlik duidelik: ‘n mens moet glo in die Godheid van Jesus Christus om gered te word.
Joh 8:23-24 “En Hy sê vir hulle: Julle is van benede, Ek is van bo; julle is uit hierdie wêreld, Ek is nie uit hierdie wêreld nie. Ek het dan vir julle gesê dat julle in jul sondes sal sterwe; want as julle nie glo dat dit Ek is nie, sal julle in jul sondes sterwe.”

Lees meer Moet glo dat Jesus God is?

Soeke na Rykdom

Vraag: Is dit verkeerd om rykdom na te jaag? Dit is tog wat almal deesdae doen, maar ons pastoor waarsku ons gereeld daarteen. Ek vermoed hy het voeling met die hedendaagse lewe verloor. Antwoord asseblief!

Antwoord: Hierdie is ‘n vraag waarmee baie mense worstel, en soos altyd moet ons na die Bybel gaan vir die antwoord. Ek moet u weereens waarsku om slegs die Bybel as u finale gesag te raadpleeg en nie op menslike opinies staat te maak nie. Mense kan foute begaan en u sodoende mislei. Om die Bybel te bestudeer en te weet wat daarin staan, is een van die grootste gawes wat God die mens gegee het, dog word dit dikwels die meeste afgeskeep. Kom ons kyk wat die Woord sê:
1 Timoteus 6:3-5 “As iemand iets anders leer en nie instem met die gesonde woorde van onse Here Jesus Christus en met die leer wat volgens die godsaligheid is nie, dié is verwaand en verstaan niks nie, maar het ‘n sieklike sug na twisvrae en woordestryd waaruit ontstaan afguns, twis, lasteringe, bose agterdog, nuttelose stryery van mense wat verdorwe in hulle verstand en van die waarheid beroof is en dink dat die godsaligheid winsgewend is. Onttrek jou aan sulke mense.”

Lees meer Soeke na Rykdom

Voorspoed Evangelie

Vraag: Wat is jou siening oor die Voorspoedevangelie (Prosperity Gospel)? Kan dit uit die Bybel geregverdig word? Ek weet van mense wat swaarkry en daarin glo, maar dit klink of jy soms negatief is oor wat hulle verkondig.

Antwoord: Om mee te begin, glo ek dat die Voorspoedevangelie nie die Evangelie is wat die Here aan ons as gelowiges gegee het om te verkondig nie. Dit is ’n “ander evangelie” wat nie red nie en daartoe sal lei dat baie mense wat dink hulle is gered, uiteindelik verlore gaan. Ek vra dat u hierdie verduideliking biddend sal deurlees en self sal oordeel of dit die waarheid is. Vergelyk alles wat ek of enigiemand anders aan u meedeel met die Bybel, om te verseker dat dit die suiwer waarheid is!

Jesus het aarde toe gekom om sondaars te red, nie om mense ryk te maak nie.
Lukas 5:32 “Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.”
Nêrens in die Skrif word gemeld dat Christus gekom het vir ons materiële verryking nie. Hy het gekom om ons van ons sondes te verlos, nie om ons in ons vleeslike begeertes te versterk nie.
1 Timoteus 6:10-11 “Want die geldgierigheid is ‘n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor. Maar jy, man van God, vlug van hierdie dinge weg, en jaag ná die geregtigheid, godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid.”

Lees meer Voorspoed Evangelie

Sukkel met Sonde

Vraag: Ek hoop jy kan my raad gee. Ek sukkel met ‘n sonde wat ek net nie kan oorkom nie. Ek pleeg dit en voel dan geweldig skuldig; ek probeer ophou, net om weer te val. Ek dink nie ek is gered nie en ek wil nie verlore gaan nie. Ek glo die Evangelie, maar bly struikel, en dit maak my verskriklik bang vir verse soos 1 Korintiërs 6:10. Kan jy my help asseblief?

Antwoord: Eerstens wil ek u aanraai om nie oorhaastig vreesbevange te raak wanneer u struikel nie. Die feit is dat ons almal struikel. Die Here weet terdeë dat ons as mense nie die wet volkome kan gehoorsaam nie. Ons word met ‘n sondenatuur gebore; daarom sondig ons. Dit is juis waarom Jesus Christus gekom het om in ons plek vir ons sondes te sterf. Indien dit vir ons moontlik was om sondeloos te lewe, sou Christus se kruisdood onnodig gewees het.
Romeine 5:8 “maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.”

Lees meer Sukkel met Sonde

Is die boek Openbaring Volledig?

Vraag: Kan jy vir my asseblief kommentaar lewer op die feit dat iemand meen dat die boek Openbaring nog nie klaar geskryf is nie en dat mens nog openbaringsinligting daarby kan voeg? In Openbaring 22:18 staan dat niks bygevoeg of weggelaat mag word nie, asook in Deuteronomium 4:2.

Antwoord: Baie dankie vir die vraag; dit is ’n uitstekende en relevante navraag. Met die Here se hulp sal ek poog om u vraag so bondig moontlik te beantwoord. Onthou, ek is net ’n mens en kan foute maak. Toets asseblief alles wat ek sê aan die Skrif!

Die Bybel, vanaf Genesis tot en met die einde van Openbaring, is ’n progressiewe openbaarmaking van God aan die mens. Dit is noodwendig ook die openbaarmaking van Jesus Christus aan die mensdom; dit vertel hoe die mens in sonde verval het en hoe God in Sy genade die gevalle mensdom verlos het. (Die leser word ten sterkste aangeraai om die reeks artikels “Die Duiwel se aktiwiteit sover dit die gelowige aanbetref” te lees, wat die mens se geskiedenis en die satan se betrokkenheid in diepte bespreek).

Lees meer Is die boek Openbaring Volledig?

Val in die Gees?

Vraag: Is dit skriftuurlik om in die Gees te val?

Antwoord: Die vraag wat ons hier moet beantwoord, is of die apostels van Jesus ons op enige plek in die Bybel beveel het om “in die Gees te val”. Die antwoord is nee; ons word nêrens in die Bybel so ’n opdrag gegee nie. Ons word wel beveel om in die Gees te wandel. Die vraag wat ons dan moet vra, is: Hoe wandel ’n mens in die Gees? Kom ons raadpleeg die Skrif vir die antwoord.

Johannes 15:5 “Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.”
Hier sien ons dat die Here ons die opdrag gee om in Hom te bly, en dan gee Hy aan ons die versekering dat ons veel vrug sal dra. Is dit deel van vrug dra om “in die Gees te val”, soos wat sommige mense beweer? Vir ’n antwoord gaan ons weer na die Skrifte om te sien wat die vrugte is waarvan die Here hier praat.

Lees meer Val in die Gees?

Ek kan nie Tiendes gee nie

Vraag: Sal die Here my kwalik neem as ek finansieel sukkel en nie meer tiendes aan die kerk kan gee nie? Ek is bang Hy straf my en weerhou Sy seëninge omdat ek van Hom “steel”. My pastoor gebruik Maleàgi 3:8 om te sê ek moet bly gee ongeag my omstandighede. Ek is bang ek word vervloek.

Antwoord: Moenie jouself bekommer nie; die Here sal nie Sy seëninge van jou weerhou op grond van jou omstandighede nie. Hy is jou Vader en ken jou omstandighede baie beter as jyself. Eerstens sal ek jou aanraai om altyd jou Bybel eers te raadpleeg oor enigiets wat enige iemand aan jou mag sê — dit sluit my in. Bid eers dat die Heilige Gees jou leiding sal gee. Jesus het ons belowe dat die Heilige Gees ons sal lei; ons moet net bereid wees om te hoor wat Hy wil sê, al is dit nie altyd wat ons wil hoor nie.

Lees meer Ek kan nie Tiendes gee nie

Die Bybelse Perspektief op Lewensafrigting

Vraag: Ek hoop jy kan my help. Ek wil net weet wat jou mening oor ‘n lewensafrigter is. In Engels noem mens dit ‘n “Life Coach”. My man meen dat hulle meer skade as goed doen en dat mense dit net doen om geld te maak. Watter antwoord kan ek vir my man gee?

Antwoord: Van die staanspoor af moet ek vir jou sê dat my antwoord moontlik nie baie gewild sal wees nie, maar met die hulp van die Here gaan ek eerlik my mening vanuit die Skrif weergee. Soos met enige vraagstuk, moet ons na die Bybel gaan vir die antwoord. As Christen is die Woord van God my enigste maatstaf, en daarvolgens gaan ek enige leerstelling of optrede ondersoek. (Maak dit ook deel van jou eie geestelike mondering.)

Lees meer Die Bybelse Perspektief op Lewensafrigting