Kategorie se argiewe: Vraag en antwoord

Soeke na Rykdom

Vraag: Is dit verkeerd om rykdom na te jaag, dit is tog wat almal deesdae doen, maar ons Pastoor waarsku ons gereeld daarteen. Ek vermoed hy het voeling met die hedendaagse lewe verloor. Antwoord asb!

Antwoord: Hierdie is ‘n vraag waarmee almal worstel , en soos altyd moet ons na die Bybel gaan vir die antwoord. Weereens moet ek jou waarsku, om na die Bybel alleen te gaan vir jou antwoorde en nie op menslike opinies staat te maak nie. Mense kan foute begaan en jy kan daardeur verlei word. Om jou Bybel te bestudeer, en te weet wat daarin staan is een van die grootste gawes wat God die mens gegee het, tog word dit die meeste afgeskeep. Kom ons gaan na die Woord. Lees meer Soeke na Rykdom

Voorspoed Evangelie

Vraag: Wat is jou siening oor die Voorspoed Evangelie of die Prosperity Gospel soos dit oor die algemeen bekendstaan? Kan die Voorspoed Evangelie uit die Bybel geregverdig word ?  Ek weet van mense wat swaarkry en wat glo daarin. Ek wonder net want jy daaroor dink, want soms klink jy negatief oor wat hulle verkondig. Baie dankie.

Antwoord: Om mee te begin glo ek dat die Voorspoed Evangelie nie die Evangelie is wat die Here aan ons as gelowiges gegee het om te verkondig nie. Dus is dit ‘n ander Evangelie wat nie red nie, en daartoe sal lei dat baie mense in die Hel gaan beland wat dink dat hulle gered is. Lees asb klaar, want dit is baie belangrik en dan besluit jy vir jouself of ek die waarheid praat. Vergelyk alles wat ek of enigiemand jou mag meedeel met die Bybel self, om seker te maak wat aan jou verkondig word die waarheid is! Lees meer Voorspoed Evangelie

Sukkel met Sonde

Vraag: Ek hoop jy kan my raad gee. Ek sukkel met ‘n sonde wat ek net nie kan oorkom nie. Ek sal dit pleeg en dan geweldig skuldig voel en probeer ophou daarmee, net om weer te val en te sondig. Ek dink nie ek is gered nie en ek wil ook nie verlore gaan nie. Ek moet net noem dat ek die Evangelie glo, maar op een of ander rede bly ek struikel en dit maak my verskriklik bang vir verse soos 1Korintiers 6:10
Kan jy my help asb! Lees meer Sukkel met Sonde

Is die boek Openbaring Volledig?

Vraag: Kan jy vir my asb kommentaar lewer op die feit dat iemand meen dat die boek Openbaring nog nie klaar geskryf is nie en dat mens nog openbarings inligting daarby kan voeg. In Open 22:18 staan niks mag bygevoeg of weggelaat word nie asook in Deut 4:2.

Antwoord : Baie dankie vir die vraag en boonop ‘n baie goeie een. Met die Here se hulp sal ek poog  om jou vraag so kortliks as moontlik te beantwoord. Onthou ek is net ‘n mens en kan foute maak. Gaan toets alles wat ek jou sê asb met die Skrifte! Lees meer Is die boek Openbaring Volledig?

Val in die Gees?

Vraag: Is dit skriftuurlik om in die Gees te val?

Antwoord: Die vraag wat ons hier moet beantwoord is of die Apostels van Jesus ons in enige plek in die Bybel beveel het om in die Gees te val? Die antwoord is nee, ons word nêrens in die Bybel so ‘n opdrag gegee nie. Ons word wel beveel om in die Gees te wandel. Die vraag wat ons dan moet vra, is hoe ‘n mens in die Gees wandel? Kom ons gaan na die Skrifte vir die antwoord. Lees meer Val in die Gees?

Ek kan nie Tiendes gee nie

Vraag: Sal die Here my kwalik neem as ek finansieel sukkel en nie meer kan bekostig om ‘n tiende van my inkomste aan die Kerk te gee nie. Ek is bang die Here straf my en weerhou sy seëninge, omdat ek dan van Hom steel. Wat is jou siening hieroor. Ons Herder meen ek moet bly gee, maar ek kan nie meer nie. Hy meen dat Maleàgi 3:8 ons beveel om altyd ons tiendes te gee en dat ons omstandighede nie as verskoning gebruik kan word nie. Ek is bang ek word vervloek.

Antwoord: Moenie jouself bekommer nie, die Here sal nie Sy seëninge van jou weerhou op grond van jou omstandighede nie. Hy is dan jou Vader en ken jou omstandighede baie beter as jyself. Eerstens sal ek jou aanraai om altyd jou Bybel eers te raadpleeg oor enigiets wat enige iemand aan jou mag sê. Dit sluit my in. Bid eers dat die Heilige Gees jou leiding sal gee. Jesus het ons belowe dat die Heilige Gees ons sal lei, ons moet net bereid wees om te hoor wat Hy wil sê. Al is dit nie altyd wat ons wil hoor nie. Lees meer Ek kan nie Tiendes gee nie

Lewens Afrigter?

Vraag: Ek hoop jy kan my help. Ek wil net weet wat jou mening oor ‘n lewens afrigter is. In Engels noem mens dit “Life Coach”. My man meen dat hulle meer skade as goed doen en dat mense dit net doen om geld te maak. Watse antwoord kan ek my man gee?

Antwoord:  Van die staanspoor af moet ek jou sê dat my antwoord nie baie gewild gaan wees nie, maar met behulp van die Here gaan ek eerlik my mening vanuit die Skrifte weergee.  Soos met enige vraagstuk, moet ons vir die antwoord na die Bybel gaan. As Christen is die Woord van God my maatstaf en daarvolgens gaan ek enige leerstelling of optrede ondersoek. (maak dit ook deel van jou mondering) Lees meer Lewens Afrigter?

Die Here roep almal

Vraag:  Wat het die Here met die volgende stelling bedoel?
Johannes 6:44 “Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.”
Beteken dit dat die Vader sekere mense nie na Jesus sal trek om gered te word nie? Hoekom roep ek die Here dan aan as Hy klaar oor my lot besluit het?

Antwoord: Hierdie stelling wat Jesus gemaak kan nogal baie angstigheid by mense skep. Hoe kan mens dan seker wees dat die Vader iemand in die eerste plek getrek het? Dit wil ook dan voorkom asof net seker mense getrek word om dan gered te word. Die probleem kom wanneer die mens sy teologie op die Bybel afdwing en nie toelaat dat die Bybel die persoon se teologie vorm nie. Kom ek verduidelik. Lees meer Die Here roep almal

Bybel onder die arm

Vraag:
My vriende beweer dat ek te heilig wil lewe en dat ek die heeltyd met die Bybel onder die arm loop. Dit is nogal afbrekend vir my want ek wil graag die Here volg. My vriende het my ook gewaarsku om nie te eng te wees nie, wat moet ek doen?

Antwoord:
Mens hoor nogal gereeld hierdie woorde en veral van belydende Christene af. Vir die antwoord moet ons egter na de Bybel gaan.
Markus 12:30 “en jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod.
Ek dink nie die Here kon ‘n duideliker stelling as bogenoemde teksgedeelte gemaak het nie! Sover as wat dit die Here aangaan, kan mens nooit te veel van Hom weet of wil weet nie. Dit is eindelik wat die Here wil hê ons moet doen, maar die hartseer feit van die saak is, dat min mense werklik die moeite wil doen om regtig naby die Here te wil lewe. Daar is egter baie meer wat oor die saak gesê kan word. Lees meer Bybel onder die arm

Waarom Sterf ons Nog?

Vraag: As Jesus vir al ons sondes gesterf het hoekom word ons dan nog siek en sterf. Jammer as dit soos ‘n simpel vraag klink maar dit is nogal belangrik vir my.

Antwoord: Dit is nie ‘n onnosele vraag nie en dit wys dat jy oor die regte dinge dink. Eindelik is dit ‘n baie goeie vraag. As mens het ons nog steeds ons sonde natuur al word ons wedergebore. Wedergeboorte vind in ons gees plaas die oomblik wat ons glo. Maar ons is nog steeds in ons sondige liggaam en pleeg ook nog sonde. Ook is hierdie liggame wat ons het ook nie geskik om die Koninkryk van God in te gaan nie. Ons kry ons nuwe liggame met die eerste opstanding wanneer die wegraping plaasvind. Nie almal sal sterf nie maar sommige sal verander word en ‘n nuwe liggaam kry wat geskik is vir die Hemel. Lees meer Waarom Sterf ons Nog?