Sleutelwoord se argiewe: as ek struikel

Is ek God se kind as ek struikel?

Vraag: Kan jy my asb help om vas te stel of ek waarlik ‘n kind van die Here is. Laat my toe om my situasie aan jou te verduidelik. Ek was ‘n alkoholis en het met die genade van God opgehou drink en ‘n geheel onthouer geword, maar onlangs het ek besluit om ‘n drankie met vriende te geniet en niks daarmee verkeerd gesien nie. Een drankie het toe na meer drankies gely en voordat ek my oë kon uitvee het ek gestruikel en was ek onder die invloed. Nou kom daar gereeld ‘n gedagte by my op dat ek nie werklik God se kind is nie en dat my Christenskap net ‘n klug is. Het jy enige raad vir my.

Antwoord: Hierdie antwoord geld vir enige sonde wat veroorsaak het dat die gelowige struikel. Net die blote feit dat jy hierdie vraag stel is vir my ‘n indikasie dat jy wel God se kind is. Iemand wat nie die Gees van God in hom het nie, sal met gemak in sonde kan bly en gemaklik daarin voel. Dit is nie te sê dat hulle gewetes hulle nie soms sal pla nie, want die Here het in almal van ons ‘n gewete geplaas.
Rom 2:14 “Want wanneer die heidene, wat geen wet het nie, van nature die dinge van die wet doen, is hulle vir hulleself ‘n wet, al het hulle geen wet nie; 2:15 omdat hulle toon dat die werk van die wet in hulle harte geskrywe staan, terwyl hulle gewete saam getuienis gee en die gedagtes mekaar onderling beskuldig of ook verontskuldig,”
So ‘n persoon sal weet dat wat hy doen verkeerd is, maar hy sal nie dink dat sy sonde ‘n sonde teenoor die God van die Hemele is nie, want hy weier om in Hom te glo. As gelowiges sal ons altyd voel dat ons teenoor God gesondig het en in hierdie feit alleen lê daar ‘n groot verskil en daarom sal ons kan saamstem met die woorde van koning Dawid.
Psa 51:4 (51:6) “Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou.” Lees meer Is ek God se kind as ek struikel?