Kategorie se argiewe: Vraag en antwoord

Die Here roep almal

Vraag:  Wat het die Here met die volgende stelling bedoel?
Johannes 6:44 “Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.”
Beteken dit dat die Vader sekere mense nie na Jesus sal trek om gered te word nie? Hoekom roep ek die Here dan aan as Hy klaar oor my lot besluit het?

Antwoord: Hierdie stelling wat Jesus gemaak kan nogal baie angstigheid by mense skep. Hoe kan mens dan seker wees dat die Vader iemand in die eerste plek getrek het? Dit wil ook dan voorkom asof net seker mense getrek word om dan gered te word. Die probleem kom wanneer die mens sy teologie op die Bybel afdwing en nie toelaat dat die Bybel die persoon se teologie vorm nie. Kom ek verduidelik. Lees meer Die Here roep almal

Bybel onder die arm

Vraag:
My vriende beweer dat ek te heilig wil lewe en dat ek die heeltyd met die Bybel onder die arm loop. Dit is nogal afbrekend vir my want ek wil graag die Here volg. My vriende het my ook gewaarsku om nie te eng te wees nie, wat moet ek doen?

Antwoord:
Mens hoor nogal gereeld hierdie woorde en veral van belydende Christene af. Vir die antwoord moet ons egter na de Bybel gaan.
Markus 12:30 “en jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod.
Ek dink nie die Here kon ‘n duideliker stelling as bogenoemde teksgedeelte gemaak het nie! Sover as wat dit die Here aangaan, kan mens nooit te veel van Hom weet of wil weet nie. Dit is eindelik wat die Here wil hê ons moet doen, maar die hartseer feit van die saak is, dat min mense werklik die moeite wil doen om regtig naby die Here te wil lewe. Daar is egter baie meer wat oor die saak gesê kan word. Lees meer Bybel onder die arm

Waarom Sterf ons Nog?

Vraag: As Jesus vir al ons sondes gesterf het hoekom word ons dan nog siek en sterf. Jammer as dit soos ‘n simpel vraag klink maar dit is nogal belangrik vir my.

Antwoord: Dit is nie ‘n onnosele vraag nie en dit wys dat jy oor die regte dinge dink. Eindelik is dit ‘n baie goeie vraag. As mens het ons nog steeds ons sonde natuur al word ons wedergebore. Wedergeboorte vind in ons gees plaas die oomblik wat ons glo. Maar ons is nog steeds in ons sondige liggaam en pleeg ook nog sonde. Ook is hierdie liggame wat ons het ook nie geskik om die Koninkryk van God in te gaan nie. Ons kry ons nuwe liggame met die eerste opstanding wanneer die wegraping plaasvind. Nie almal sal sterf nie maar sommige sal verander word en ‘n nuwe liggaam kry wat geskik is vir die Hemel. Lees meer Waarom Sterf ons Nog?