Sleutelwoord se argiewe: Gees

Val in die Gees?

Vraag: Is dit skriftuurlik om in die Gees te val?

Antwoord: Die vraag wat ons hier moet beantwoord is of die Apostels van Jesus ons in enige plek in die Bybel beveel het om in die Gees te val? Die antwoord is nee, ons word nêrens in die Bybel so ‘n opdrag gegee nie. Ons word wel beveel om in die Gees te wandel. Die vraag wat ons dan moet vra, is hoe ‘n mens in die Gees wandel? Kom ons gaan na die Skrifte vir die antwoord. Lees meer Val in die Gees?

Word met die Gees Vervul

Efs 5:18 “Moenie dronk word van wyn nie—daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul.”
Uit bostaande teksgedeelte is dit baie duidelik dat die apostel Paulus ons vermaan het om met die Heilige Gees vervuld te word. Hy praat nie hier van die ontvang van die Gees by wedergeboorte nie, maar die dag na dag vervulling met die heilige Gees na wedergeboorte.
1Ko 12:13 “Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge.”
Dit is belangrik om die onderskeid te merk. Anders as met wedergeboorte, waar die Heilige Gees outomaties in ons kom inwoon, omrede ons die Evangelie verstaan en geglo het, word die opdrag, om met die Gees vervuld te word, aan ons gegee en is ons samewerking nodig. ‘n Persoon ontvang die Heilige Gees net een keer wanneer hy die Evangelie op ‘n punt in tyd glo.  Die vraag wat dan egter ontstaan, is wat moet ons doen om met die Gees vervuld te word?  Om die antwoord te kry moet ons na die Bybel gaan en nie na buite Bybelse praktyke of tradisies nie. (Waarvan daar baie voorbeelde in die belydende Christendom is) Die Bybel is God se Woord, en ons moet ons leerstellings slegs vanuit die Bybel bekom en nie van menslike opinies, tradisies en vleeslike manifestasies wat met die Bybel in botsing is nie. Vervolgens ‘n paar riglyne vanuit die Bybel oor hoe ons deur die Gees vervul kan word, want dit is die wil van God vir al Sy kinders en nie net vir sommiges nie. Onthou, om met die Heilige Gees gedoop te word, is ‘n eenmalige proses wat met wedergeboorte plaasvind. Om met die Gees vervul te word is ‘n voortdurende proses waar ons moet toelaat om deur die Heilige Gees beheer te word. Lees meer Word met die Gees Vervul