Sleutelwoord se argiewe: Kerk

Belangrike feite aangaande die kerk. Deel 2

In deel twee van die reeks “Belangrike feite aangaande die Kerk” gaan daar nog verdere belangrike inligting aangaande die kerk aan die leser gegee word. Die bestudering van hierdie onderwerp is uiters belangrik omrede die kerk as entiteit in baie kringe so verkeerd verstaan is. Die kerk moet nie met Christus se Messiaanse Koninkryk op aarde, asook Israel as volk verwar word nie en daarom is dit belangrik om die Bybels korrek uit te te lê.
2Tim.2:15 “Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.
Kom ons begin nou met deel twee van hierdie studie.

Die Kerk is hemels georiënteerd:

Die Kerk het ‘n hemelse Hoof, naamlik die Here Jesus Christus:

Ef.1:20 “wat Hy gewerk het in Christus toe Hy Hom uit die dode opgewek het en Hom laat sit het aan sy regterhand in die hemele, 21 bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in die toekomstige. 22 En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente (die Kerk) gegee, 23 wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.”
Die Here Jesus Christus is die hoof van die kerk en om hierdie rede is elke individuele gemeente direk aan Christus verantwoordelik. Indien ‘n gelowige homself in ‘n gemeente bevind waar willens en wetens valse leerstellings verkondig word, dan is dit sy plig om daardie dwaalleerstelling in liefde teë te staan. Ons liefde vir die Here Jesus Christus en ons mede broers en susters in die geloof moet die grondslag vir ons optrede wees. Die Here het ons nie gerep om gewild te wees nie, Hy het ons geroep om getrou aan Hom te wees. Onthou, die Here Jesus Christus is die hoof van die kerk en dit is aan Hom voor wie ons gaan staan en rekenskap van onsself moet gee.

Lees meer Belangrike feite aangaande die kerk. Deel 2

Die Dispensasie van die Kerk. Deel een

Met hierdie artikel gaan ons die Dispensasie van die Kerk, ook bekend as die Dispensasie van Genade bestudeer. Die ander sewe dispensasies is die Dispensasie van Onskuld, die Dispensasie van Menslike Gewete, die Dispensasie van Menslike Owerheid, die Dispensasie van Belofte, die Dispensasie van die Wet, die Dispensasie van die Kerk/Genade en laastens die Dispensasie van die Koninkryk wat die ewigheid sal inlei. Die leser word ten sterkste aangeraai om die illustrasies “Die Sewe Dispensasies” asook “God se verbonde met Israel” te bestudeer. Met die bestudering van die vorige dispensasies het ons gemerk hoe God d.m.v. progressiewe openbaring die institusies van die huwelik, familie, menslike owerheid, asook onafhanklike nasiestate (nasionalisme) daar gestel het. Met die aanbreek van die Dispensasie van die Kerk/genade sal ons opmerk dat God ‘n verdere instansie wat nooit tevore bestaan het nie bekendmaak, naamlik die Kerk, wat uit alle gelowiges wat die evangelie van God se genade geglo het bestaan. Die Kerk het op pinksterdag haar ontstaan gehad en sal met die wegraping afgesluit word. Die Kerk het dus nooit in die Ou Testament bestaan, en is boonop nie in die Ou Testament bekend gemaak nie, en om hierdie rede word na die kerk as ‘n verborgenheid verwys. Die Kerk het dus nie in die Ou Testament bestaan soos wat baie teoloë verkeerdelik beweer nie. Diegene wat dit nie alreeds gedoen het nie word versoek om die artikel “Die drie fases van verlossing” te lees.

Lees meer Die Dispensasie van die Kerk. Deel een

Is die kerk die weg na God?

Vraag: Die vraag wat ek het is net dit: “Is die kerk, of ‘n sekere bekende kerk denominasie die enigste weg na God toe, of kan ek in enige kerk behoort en nog steeds ‘n kind van God wees?” Ek wil nie ‘n fout op hierdie punt maak nie, maar oorweeg om my huidige denominasie te verlaat. Baie dankie.

Antwoord: Moenie bekommerd wees nie, jy sal verbaas wees om te weet dat daar net een ware Kerk van Jesus Christus is, en dit is nie ‘n denominasie nie, maar bestaan uit alle wedergebore Christene wat die Evangelie geglo het. Kerk lidmaatskap red niemand nie en het nog nooit iemand gered nie. Dit is ‘n ongelukkig ‘n feit, dat daar baie mense is wat die kerke se banke warm sit, en wat nog nooit in werklikheid wedergebore geraak het nie en dus op pad hel toe is. Ek stel dit weer: “Die kerk of ‘n denominasie is nie die weg na God die Vader nie!” Lees meer Is die kerk die weg na God?