Sleutelwoord se argiewe: verlossing

Ewige Sekuriteit van die Gelowige

Die Onveranderlike Aard van God se Gawe en Karakter

Aangesien die mens geensins verdien om gered te word nie en boonop onvermoënd is om homself te red, kan hy die ewige lewe slegs as ‘n geskenk deur geloof by God ontvang. Dit volg logies dat indien die mens niks kon doen om hierdie geskenk te verdien nie, hy ook niks kan doen om dit weer te verloor nie. God is nie soos ‘n mens dat Hy sou lieg of ‘n geskenk, wat Hy kosteloos en uit genade gegee het, weer sou terugneem nie. Die vrye gawe van die ewige lewe is per definisie ewigdurend; dit kan nie ongedaan gemaak, nietig verklaar, omgekeer of beëindig word deur enige gedagte, daad of selfs ‘n latere verandering in die geloof van die wedergebore persoon nie. Die ewige sekuriteit van die gelowige berus op ‘n onverbreekbare verhouding met God, wat geanker is in Sy integriteit, absolute geregtigheid en onmeetbare liefde. Met die aanvanklike geloof in die Evangelie vestig die Here ‘n permanente Vader-kind verhouding wat Hy, ongeag die gelowige se latere optrede, nooit sal verbreek nie. Dit is God wat hierdie verhouding inisieer en na die oomblik van wedergeboorte onderhou, nie die mens nie.

Lees meer Ewige Sekuriteit van die Gelowige

Ek voel te sondig om gered te word

Vraag: Ek voel te sondig om gered te word. Help asb!!

Antwoord: Eerstens is dit baie belangrik om te besef dat jou gevoelens jou nie red nie. Jy word gered deur om eenvoudig in Jesus Christus (die voorwerp van jou geloof), en Sy versoenings werk aan die kruis,(die Evangelie) te glo en nie op jou gevoelens, werke, doop , kerkbywoning of enige iets anders nie!! Dit is van uiterste belang, om te glo wat die Here in Sy woord aan jou sê, en nie wat enige persoon (my inkluis) of kerk denominasie aan jou mag voorhou nie. Moet ook nie op jou gevoel staatmaak nie, want ons emosies is nie baie betroubaar nie en kan selfs totaal en al misleidend wees. Vergelyk altyd alles wat ek of enige persoon aan jou verkondig, met wat God in Sy woord (die Bybel) aan jou sê, en interpreteer altyd onduidelike teksgedeeltes met die wat duidelik gestel is, nie anders om nie. Onthou altyd, dat as jy wil hoor wat die Here aan jou wil sê, dan moet jy jou Bybel lees en nie op buite Bybelse profesieë, gevoelens, omstandighede en tradisies staatmaak nie. Kom ons gaan kyk wat God oor jou situasie te sê het. (Lees ook asb die artikel “Die onderskeid tussen ‘n gelowige en n dissipel“) Lees meer Ek voel te sondig om gered te word

Drie Fases van Verlossing

Voordat ons met hierdie Bybelstudie begin, moet ons besef dat die dood nooit in die Bybel as die totale uitwissing van die mens beskryf word nie. Met sowel fisiese as geestelike dood vind daar ‘n skeiding plaas. Wanneer ‘n persoon fisies te sterwe kom, word sy vleeslike liggaam van sy gees en siel geskei, maar die persoon is nog steeds bewus van alles wat om hom aangaan. Dus word die liggaam van die persoon in die graf gelê, maar sy siel en gees leef bewustelik voort in die hel of in die hemel. (Kyk Luk 16:19–31: Lasarus en die ryk man).
2Ko 5:8 “Maar ons het goeie moed en verkies om liewer uit die liggaam uit te woon en by die Here in te woon.”

Net so ook, wanneer ‘n persoon geestelik dood is, is sy gees van God geskei as gevolg van sy sonde. Solank as wat hy nog in sy fisiese liggaam hier op aarde lewe, is hy steeds bewus van sy aardse bestaan sowel as die omstandighede waarin hy homself mag bevind. Indien so ‘n persoon egter in sy ongeredde toestand te sterwe sou kom, word sy gees en siel permanent van God en Sy teenwoordigheid geskei, en is hy volkome bewus van die omstandighede waarin hy homself bevind.
Lukas 16:24 “En hy roep en sê: Vader Abraham, wees my barmhartig en stuur Lasarus, dat hy die punt van sy vinger in water kan insteek en my tong verkoel; want ek ly smarte in hierdie vlam.”
In bostaande teksgedeelte sal opgemerk word dat die Here Jesus dit baie duidelik stel: wanneer ‘n persoon fisies te sterwe kom, bestaan daardie persoon steeds bewustelik voort en kan hy boonop lyding en smarte ervaar.

Lees meer Drie Fases van Verlossing