Sleutelwoord se argiewe: verlossing

Belangrikheid van die Opstanding: ‘n Skriftuurlike Perspektief


Die opstanding van Jesus Christus uit die dood is nie bloot ‘n bykomende wonderwerk of ‘n allegoriese simbool van hoop binne die Christelike geloof nie; dit is die onwrikbare historiese en teologiese fondament waarop die hele raadsplan van God rus. Om die opstanding korrek te verstaan, vereis ‘n streng toepassing van die letterlik-grammatikaal-historiese hermeneutiek. Hierdie benadering vra wesenlik wat die Bybelse skrywer bedoel het sodat sy oorspronklike lesers die woorde en gebeure as tasbare geskiedenis sou begryp. Dit lees Bybelse getuienis as historiese narratief wanneer die grammatika, genre en konteks dit as sodanig aandui. Verder respekteer hierdie metode die grammatikale besonderhede, soos werkwoordtye en woordkeuses, asook die historiese agtergrond van die eerste-eeuse Judaïsme en die vroeë Kerk. Hierdie benadering help ons om nie bloot die teks te probeer vergeestelik nie, maar om die opstanding as ‘n tasbare historiese gebeurtenis te sien. Dit is belangrik omdat dit ‘n direkte invloed het op wat ons glo oor hoe mense gered word, wat in die toekoms gaan gebeur en hoe die Kerk moet funksioneer.

Lees meer Belangrikheid van die Opstanding: ‘n Skriftuurlike Perspektief

“Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word”: ‘n Skriftuurlike Perspektief


Dien die uitspraak in Matt. 24:13 — ‘Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word’ — as ‘n voorwaarde vir die verkryging van redding, of as ‘n bewysstuk vir die egtheid van ‘n persoon se verlossing? Die debat rondom die voorwaardes vir die ontvangs en behoud van die ewige lewe is ongetwyfeld een van die mees kritiese soteriologiese (verlossingsleer) kwessies in die hedendaagse kerk. Aan die een kant van hierdie teologiese spektrum staan die Klassieke Vrye Genade-perspektief, wat onwrikbaar daaraan vashou dat die ewige lewe ‘n absolute, onverdiende gawe is wat uitsluitlik deur geloof in Jesus Christus ontvang word. Hierdie standpunt berus op die duidelike belofte van Ef. 2:8-9: “Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.” Daarteenoor argumenteer voorstanders van die Heerskappy-teologie (Lordship Salvation) dat ware, reddende geloof noodwendig lewenslange gehoorsaamheid, volharding in goeie werke en absolute oorgawe moet insluit as ‘n vereiste vir finale eskatologiese verlossing. ‘n Teks wat gereeld deur laasgenoemde groep buite sy eskatologiese konteks aangehaal word om hierdie standpunt te regverdig, is Matt. 24:13: “Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.” Hierdie artikel sal die Heerskappy-argument stelselmatig ontleed en die onderliggende teologiese dwalings daarvan blootstel. Verder sal die ware betekenis van hierdie teksgedeelte aan die hand van ‘n konsekwente letterlik-grammatikaal-historiese hermeneutiek verduidelik word, ten einde aan te toon dat hierdie “redding” nie op die siel se verlossing van die hel dui nie, maar op die fisiese oorlewing van die Joodse oorblyfsel tydens die Groot Verdrukking. Die leser word versoek om ook die artikel “Dan.9:24-27 en Israel se Sewentig Jaarweke” sorgvuldig deur te lees.

Lees meer “Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word”: ‘n Skriftuurlike Perspektief

Die tragedie van Werke-Gebaseerde Verlossing


Hierdie artikel is aan alle gelowiges gerig wat die evangelie geglo het en wat geleer is om na hulle eie werke te kyk om te bepaal of hulle werklik gered is. Het ‘n hartseer brief van ‘n persoon wat 68 jaar oud is ontvang en wat voel dat God hom al vir die laaste drie jaar verlaat het omrede hy nog steeds met sonde sukkel. Ek gaan die brief nie hier plaas nie want dit is lank en bevat boonop baie persoonlike inligting wat ek nie met ander wil deel nie. Ek gaan net een klein gedeelte van sy brief hier weergee omrede ek glo dat daar baie mense is wat met dieselfde probleem worstel. Vervolgens die stelling wat hy gemaak het: “Intussen is dit nou al 3jr dat ek voel God is nie meer met my nie en hoor nie meer my gebede nie. Ek weet presies wat die gevolge daarvan is en lê nagte lank wakker en betreur my lot. Bid vir genade, maar voel geen deurbraak nie.” Hierdie artikel is op antwoord van sy boodskap geskryf en alle gelowiges wat met dieselfde probleem worstel kan hierdie brief lees en op hulleself toepas.

Lees meer Die tragedie van Werke-Gebaseerde Verlossing

Kan die gelowige se naam uit die Boek van die Lewe verwyder word?

Baie mense wat die leerstelling verkondig wat verklaar dat ʼn gelowige die gawe van die ewige lewe kan verbeur, gebruik soms Openbaring 3:5 as bewys dat ʼn gelowige se naam uit die boek van die lewe verwyder kan word. Die teksgedeelte lees soos volg, naamlik:
Openb.3:5 “Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele. 6 Wie ʼn oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.”
Die vraag is of bogenoemde teksgedeelte verklaar dat ʼn gelowige se naam uit die boek van die lewe verwyder kan word, en wat sou beteken dat iemand wat alreeds die evangelie geglo het, die gawe van die ewige lewe kan verbeur?

Lees meer Kan die gelowige se naam uit die Boek van die Lewe verwyder word?

Die Here Jesus Christus se geskenk aan jou!

Geloof in die Here Jesus Christus wat in ons plek aan die kruis vir al ons sondes gesterf, en wat op die derde dag liggaamlik uit die dood uit opgestaan het, is die enigste vereiste om die ewige lewe te ontvang.

Joh. 3:16 “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. 3:17 Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. 3:18 Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.
Joh. 6:47 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo, het die ewige lewe.
Hnd 16:30 En hy het hulle na buite gebring en gesê: Menere, wat moet ek doen om gered te word? 16:31 Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.”

Lees meer Die Here Jesus Christus se geskenk aan jou!

Die mens se sondeskuld verhoed nie God se genade nie

God se genade word nooit teruggehou op grond van die mens se sonde nie. Daar heers groot verwarring wanneer dit by die onderwerp van God se genade sover dit by die verlossing van die mens kom. Boonop dek God se genade ‘n baie breër spektrum as slegs die mens se verlossing. Genade sluit God se motief vir die skepping, onderhouding en die voleinding van die heelal in. Indien ‘n persoon nie die volle omvang, asook implikasies van God se genade verstaan nie, gee dit daartoe aanleiding dat die persoon menslike werke of voor, of deel van die evangelie, of aan die agterkant van die evangelie sal byvoeg om sodoende sy verlossing te bewerkstellig of te behou. Hierdie feit gee daartoe aanleiding dat die persoon in werklikheid ‘n werke evangelie glo wat hom nie sal red nie, en die gevaar bestaan dat die persoon hierdie werke evangelie met ander sal deel wat hulle verkeerdelik onder die indruk sal plaas dit hulle gered is. Om hierdie rede is dit van uiterste belang dat ‘n persoon die konsep van genade reg verstaan en omskryf. Genade kan dus soos volg omskryf word, naamlik: Genade beteken suiwere onverdienstelike, onbetaalbare en ongekompenseerde goedheid en guns.” Om dus die voorwerp van God se guns te wees beteken dit net logies dat die persoon ook die onderwerp van God se genade is. God se genade is dus ‘n sinoniem vir God se guns. Die onderwerp van hierdie studie handel oor God se genade, en omrede God se attribute onbeperk is kan Sy genade ook geen perke hê nie. Indien ‘n persoon hierdie feit nie mooi begryp nie, gee dit aanleiding tot verkeerde gevolgtrekkings wat weer tot misplaaste teologiese leerstellings aanleiding gee. God se liefde, wat Sy genade insluit, dien dus as die fondasie waarop Hy die verlossing van die mens bewerkstellig het.

Lees meer Die mens se sondeskuld verhoed nie God se genade nie

Raad aan gelowiges in hierdie tydperk van verval. Deel 1

Ons lewe in ‘n tydperk van algemene morele agteruitgang, asook ‘n tydperk van erge leerstellige verval. Indien ‘n Christen oortuig daarvan is dat ons, ons in ‘n tydperk van morele en leerstellige herlewing bevind dan is daardie Christen heel waarskynlik self die slagoffer van verlyding. In baie gevalle, waar gelowiges wat die leerstellige en morele agteruitgang van die belydende Christendom uitwys, word as negatief uitgekryt. Om op die leerstellige en morele agteruitgang te fokus is te negatief en demonstreer volgens baie ‘n algehele gebrek aan geloof. Hierdie misleidende siening vind mens in ‘n baie groot gedeelte van die Woord geloof Beweging”, asook groot gedeeltes van die charismatiese beweging, wat die proponente van die Voorspoed Evangelie insluit. Hoofstroom Christelike televisie, byvoorbeeld Christelike kanale soos TBN en baie ander soortgelykes, dien as platvorm waardeur hierdie kultus van positivisme versprei word. Onthou, ware Bybelse geloof is gesetel in God se woord, wat binne die korrekte konteks aangehaal en toegepas is. Geloof wat nie op God se woord, binne die korrekte konteks gebaseer is nie, is nie Bybelse geloof nie maar eerder ‘n delusie.

Lees meer Raad aan gelowiges in hierdie tydperk van verval. Deel 1

Wil God almal verlos – deel 2

Hierdie artikel is geskryf om die tweede gedeelte van die onderstaande vraag aangaande die aantygings van semi-pelagianisme aan te spreek. Die leser word aangeraai om deel een van hierdie artikel genaamd “Wil God almal verlos?” te lees” Ek gaan net die vraag wat aan my gestel is weer hier aanhaal en dan spesifiek op die onderwerp van semi-pelagianisme fokus.

Vraag: Baie dankie vir al die inligting op jou blad. Indien dit reg is met jou sou ek graag wou kers-opsteek oor n saak.

Ons biduur groep het gisteraand oor n saak getwyfel. Dit handel daaroor of alle mense gered kan word of nie. Kan ek uit vrye wil tot God nader of moet Hy my roep. M.a.w. is dit net geroepenes wat gered kan word? Iemand het genoem dat ons besig is met kettery (heresy). Ons moet na Mat 13 kyk en sien dat die onkruid mense is wat deur Satan geplant is. Daarom is bv Gal 5 slegs geskryf vir die wat deur God geplant is. Ek wonder maar net, staan alle mense dan nie ‘n kans om gered te word nie? Is die Koninkryk van God dan slegs vir die wat deur God geroep is. (Die persoon het ook aangegaan oor semi-pelagianisme wat ons dan sou verkondig en die valse evangelie is. Ek het nog nooit eens daarvan gehoor nie.)

Lees meer Wil God almal verlos – deel 2

Bekering ten opsigte van wedergeboorte is nie boetedoening nie

In die vorige artikel genaamd “bekering is nie reformasie in eie krag nie” is daar duidelik gedemonstreer dat bekering vir wedergeboorte (fase een van ons verlossing) nie beteken dat ‘n persoon homself reformeer, alvorens hy God, as sondaar, om verlossing kan nader nie. (die leser word ten sterkste aangeraai om die artikel “Bekering is nie reformasie in eie krag nie” te lees, omrede dit deel van hierdie reeks artikels vorm. Met die skryf van hierdie artikel, gaan daar gedemonstreer word, dat bekering sover dit wedergeboorte (fase een van ons verlossing) aanbetref, nie boetedoening kan beteken nie. (dit is ook uiters belangrik dat die leser die drie fases van ons verlossing ken, en verstaan, omrede hierdie leerstelling die verstaan (en uitleg) van die Bybel aansienlik vergemaklik en derhalwe word die leser aangeraai om die artikel “Drie Fases van Verlossing” sorgvuldig deur te lees en die meegaande illustrasie te bestudeer.)
Lees meer Bekering ten opsigte van wedergeboorte is nie boetedoening nie

Godsdiens vs Verlossing – dieskrifte.org

Het jy blote godsdiens of het jy verlossing? Dit is die vraag wat ons in hierdie studie moet beantwoord. Die antwoord op hierdie vraag het ewigdurende implikasies. Wanneer dit by die leerstelling van ons verlossing kom, is dit van uiterste belang dat ons die Skrifte reg sny, anders kan dit daartoe lei dat ons ‘n ander evangelie glo, wat op werke alleenlik, of Christus se voltooide werk aan die kruis plus werke gebaseer is om gered te word, of om gered te bly, wat in my beskeie opinie ‘n ander evangelie is. Iets waarteen die apostel Paulus ons ernstig gewaarsku het.
2Ti 2:15 “Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.”
Lees meer Godsdiens vs Verlossing – dieskrifte.org