Rom 8:28 “En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.”
Ons wat weet dat ons die Here liefhet, hoef nooit terneergedruk of bang te voel nie. Dit maak nie saak hoe hopeloos ons saak mag lyk, of hoe donker ons lewe op hierdie oomblik mag voorkom nie. Ons kan verseker weet dat die Here alle omstandighede en gebeurtenisse gebruik en dit vir ons ten voordeel laat saamwerk. Lees meer Alles Werk Ten Goede vir die wat in Jesus glo!
Sleutelwoord se argiewe: voorblad
Sukkel met Sonde
Vraag: Ek hoop jy kan my raad gee. Ek sukkel met ‘n sonde wat ek net nie kan oorkom nie. Ek sal dit pleeg en dan geweldig skuldig voel en probeer ophou daarmee, net om weer te val en te sondig. Ek dink nie ek is gered nie en ek wil ook nie verlore gaan nie. Ek moet net noem dat ek die Evangelie glo, maar op een of ander rede bly ek struikel en dit maak my verskriklik bang vir verse soos 1Korintiers 6:10
Kan jy my help asb! Lees meer Sukkel met Sonde
Krag in ons Woorde?
Daar is deesdae ‘n gewilde konsep in die kerk wat beweer, dat ons woorde krag het en as ons positiewe uitsprake oor ons omstandighede en selfs ander persone maak, ons daardie dinge gaan kry as ons genoeg geloof het en die regte woorde uitspreek. So kan ons rykdom, gesondheid, geluk en ‘n lekker lewe kry. Daar word ook beweer dat mens nie negatiewe uitsprake oor mens se omstandighede of oor ander mense moet uitspreek nie, omrede ons woorde krag in hulle het en wat ons sê sal dus in die werklikheid manifesteer. Daar word gesê dat, toe God die wêreld geskape het, Hy woorde gespreek het en alles het ontstaan soos wat Hy gespreek het. Omdat ons in God se beeld geskape is, behoort ons dus in die God klas en kan ook dus met ons eie woorde skep. Die vraag wat ons moet beantwoord is, kan hierdie leerstelling uit die Bybel regverdig word, omrede ons as Christene die woord van God het en ons, ons lewens volgens God se woord moet inrig.
2Ti 3:16 “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,
3:17 sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.”
Indien hierdie leerstelling nie uit die woord regverdig kan word nie sal ons moet vasstel waar dit vandaan kom en wie die inspirasie agter hierdie leerstelling is. Lees meer Krag in ons Woorde?
Is die boek Openbaring Volledig?
Vraag: Kan jy vir my asb kommentaar lewer op die feit dat iemand meen dat die boek Openbaring nog nie klaar geskryf is nie en dat mens nog openbarings inligting daarby kan voeg. In Open 22:18 staan niks mag bygevoeg of weggelaat word nie asook in Deut 4:2.
Antwoord : Baie dankie vir die vraag en boonop ‘n baie goeie een. Met die Here se hulp sal ek poog om jou vraag so kortliks as moontlik te beantwoord. Onthou ek is net ‘n mens en kan foute maak. Gaan toets alles wat ek jou sê asb met die Skrifte! Lees meer Is die boek Openbaring Volledig?
Soekers van Ydele Eer
Gal 5:24 “Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig. 5:25 As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel. 5:26 Laat ons nie word soekers van ydele eer wat mekaar uittart en mekaar beny nie.”
‘n Ware Christen is nie veronderstel om oor homself te spog nie, maar moet oor die Here roem. (1Ko 1:26 – 31)
Wettiese mense vergelyk hulleself graag met ander mense, en spog dan met hulle goeie werke, asof hulle goeie werke, hulle by God nog meer aanvaarbaar maak. Sulke mense vergeet dat al ons werke soos vuil klere voor God is.
Jes 64:6 “En ons het almal geword soos ‘n onreine, en al ons geregtighede soos ‘n besoedelde kleed; en ons het almal verdor soos blare, en ons ongeregtighede het ons weggevoer soos die wind.”
Ons is net aanvaarbaar vir God, omrede Jesus ons sondes op Homself geneem het en daarvoor aan die kruis betaal het. Al wat ons moet doen is glo. En dus is daar niks om oor te roem nie.
Rom 5:8 “maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. 5:9 Veel meer dan sal ons, nou dat ons geregverdig is in sy bloed, deur Hom gered word van die toorn.” Lees meer Soekers van Ydele Eer
Val in die Gees?
Vraag: Is dit skriftuurlik om in die Gees te val?
Antwoord: Die vraag wat ons hier moet beantwoord is of die Apostels van Jesus ons in enige plek in die Bybel beveel het om in die Gees te val? Die antwoord is nee, ons word nêrens in die Bybel so ‘n opdrag gegee nie. Ons word wel beveel om in die Gees te wandel. Die vraag wat ons dan moet vra, is hoe ‘n mens in die Gees wandel? Kom ons gaan na die Skrifte vir die antwoord. Lees meer Val in die Gees?
Is jy seker God bestaan nie?
Net die dwaas sê in sy hart, daar is nie ‘n God nie. Daar is deesdae baie mense, en veral ook in Suid Afrika, wat hierdie stelling maak. Ek glo elke mens is geregtig op sy eie mening, maar om so ‘n stelling te maak is in my beskeie opinie ‘n bietjie arrogant. Verder is dit my eie keuse of ek so ‘n persoon gaan glo of nie. (Dit is immers ‘n kwessie van lewe of dood) Ek sou hom graag wou glo, maar dit sou dwaas van my wees om sy stelling, sonder enige nadenke van my kant af, goedsmoeds te aanvaar. Die gevolge kan rampspoedig wees. Om my standpunt te staaf moet ons teruggaan na die begin. Lees meer Is jy seker God bestaan nie?
Juk jou Ore? Wat sê die Bybel werklik?
Wil ons werklik hoor wat die Here aan ons wil sê of wil ons net hoor wat ons sondige natuur werklik wil hoor? As daar ooit ‘n tyd was om Paulus se waarskuwing aan Timoteus ernstig op te neem is dit nou, in hierdie dae waarin ons in leef.
2Ti 4:3 “want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede,
4:4 en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.”
Is dit nie wat huidiglik in die grootste gedeelte van die belydende Christendom gebeur nie? Praat van leerstelling en die mense kyk jou skeef aan. Ek het gehoor hoe ‘n gewilde televisie prediker verkondig dat doktrines die kerk verdeel. Dink net vir jouself as ‘n prediker nie leerstellings verkondig nie, wat verkondig hy dan? Hoekom het ons dan nog die Bybel? Moet die Bybel nie ons leerstellings bepaal nie? As die Bybel nie die laaste woord in die bepaling van doktrines is nie, kan enige ding as die waarheid verkondig word. Dit sal chaos tot gevolg hê, en is dit nie miskien wat ons in die belydende Christendom vandag waarneem nie? Lees meer Juk jou Ore? Wat sê die Bybel werklik?
Skinder
Spr 20:19 “Wie met kwaadsprekery omgaan, maak ‘n geheim openbaar; laat jou dus nie in met een wat sy lippe laat oopstaan nie.”
Ai die seerkry en trane wat ‘n skindertong nie al veroorsaak het nie, en nog steeds is dit nie die einde nie. Nou praat ek nie eers van ongelowiges nie, maar van gelowiges wat veronderstel is om Jesus se ambassadeurs op aarde te wees. Hoeveel keer het ons nie al selfs in ‘n Bybelstudie groep gesit waar ‘n persoon bespreek en sleg gesê word en die persoon nie eers teenwoordig is om homself te verdedig nie. Ons verskoon ons gedrag deur om te beweer, dat ons die persoon net bespreek omdat ons hom wil help en vir hom omgee. Die eenvoudige waarheid is dat ons nie werklik vir die persoon omgee nie, maar dat ons lekkerkry om ander sleg te sê en ons eie foute liefs ignoreer. As ons werklik vir die persoon omgee dan sal ons hom nie met ander bespreek nie, maar direk na hom gaan en hom sy foute meedeel. Sal dit nie meer voordeliger wees vir die persoon nie? Maar dit is egter nie wat gebeur nie. Dit is baie makliker om ons tonge soos skerp messe in die persoon se rug in te laat glip, as wat ons hom prontuit sal aanvat. Hy sal hom dan immers kan verdedig en ons kan dalk net tweede kom, nie waar nie. Miskien weet hy dalk van ons tekortkominge en noem hy dit dalk en dan sal die groep mos regtig rede hê om te skinder. Lees meer Skinder
Ek kan nie Tiendes gee nie
Vraag: Sal die Here my kwalik neem as ek finansieel sukkel en nie meer kan bekostig om ‘n tiende van my inkomste aan die Kerk te gee nie. Ek is bang die Here straf my en weerhou sy seëninge, omdat ek dan van Hom steel. Wat is jou siening hieroor. Ons Herder meen ek moet bly gee, maar ek kan nie meer nie. Hy meen dat Maleàgi 3:8 ons beveel om altyd ons tiendes te gee en dat ons omstandighede nie as verskoning gebruik kan word nie. Ek is bang ek word vervloek.
Antwoord: Moenie jouself bekommer nie, die Here sal nie Sy seëninge van jou weerhou op grond van jou omstandighede nie. Hy is dan jou Vader en ken jou omstandighede baie beter as jyself. Eerstens sal ek jou aanraai om altyd jou Bybel eers te raadpleeg oor enigiets wat enige iemand aan jou mag sê. Dit sluit my in. Bid eers dat die Heilige Gees jou leiding sal gee. Jesus het ons belowe dat die Heilige Gees ons sal lei, ons moet net bereid wees om te hoor wat Hy wil sê. Al is dit nie altyd wat ons wil hoor nie. Lees meer Ek kan nie Tiendes gee nie