Sleutelwoord se argiewe: Mattheus 24

Profetiese rede op die Olyfberg volgens Mattheus Deel 2

Die Groot Verdrukking

Voordat ons met deel 2 van hierdie studie begin is dit baie belangrik dat ons seker maak dat ons die konteks van die Profetiese Rede op die Olyfberg reg verstaan. Dit sal verhoed dat ons onnodiglike foute sal begaan met die uitleg van hierdie teksgedeelte. Mattheus 24-25 is dan ook die twee hoofstukke wat baiekeer heeltemal buite die konteks verkeerdelik geïnterpreteer word. So vroeg as Mattheus 24:3 kry ons alreeds ‘n idee van wat die konteks van die gesprek op die Olyfberg behels.
Mat 24:3 “En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?” Lees meer Profetiese rede op die Olyfberg volgens Mattheus Deel 2

Profetiese rede op die Olyfberg volgens Mattheus Deel 1

Die begin van die smarte (Die begin van die verdrukking)

Die gesprek wat die Here Jesus Christus op die Olyfberg gelewer het is een van die vier hoof gesprekke wat Hy met Sy eerste koms aarde toe gelewer het, en die inhoud daarvan moet met die Bergpredikasie (wat oor die morele en etiese beginsels van die koninkryk handel Mattheus 5 – 7); met die predikasie wat oor die huidige tydperk handel (wat oor die koninkryk wat in versteekte vorm in die harte van mense voortbestaan, terwyl die Koning afwesig is, handel. Mattheus 13) en met die gesprek in die bovertrek ( wat oor die kerk wat as die liggaam van Christus in die huidige tydperk handel. Johannes 13 – 17) vergelyk word. Die gesprek op die Olyfberg handel oor die einde van die huidige dispensasie (tussen die twee komste van Christus) wanneer Jesus Christus weer aarde toe sal kom om Sy koninkryk fisies aarde te kom vestig. Die gesprek op die Olyfberg het gevolg op die gebeure in Mattheus 23 waar Jesus die Fariseërs en Skrifgeleerdes ernstig betig het oor hulle valse en skynheilige godsdiens en praktyke. Hoofstuk 23 het afgesluit met Jesus se bewoënheid oor die stad Jerusalem.
Mat 23:37 “Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en stenig dié wat na jou gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak net soos ‘n hen haar kuikens onder die vlerke bymekaarmaak, en julle wou nie!
23:38 Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat!
23:39 Want Ek sê vir julle: Julle sal My van nou af sekerlik nie sien nie totdat julle sal sê: Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!”
Vir Sy dissipels moes Sy woorde verwarrend geklink het, want hulle het verwag dat Jesus Sy Koninkryk onmiddellik gaan vestig en hoe sou Hy oor die nasie Israel kon regeer as die nasie woes gelaat word? Dit herinner mens nogal aan die tyd toe die heerlikheid van God op ‘n vorige geldeenheid die tempel van Salomo verlaat het, voordat die volk Israel in ballingskap weggevoer was. (Esg 9:3; 10:4; 11:23) Daar het God die tempel verlaat en hier verlaat God weereens die tempel, net voordat die herboude tempel weereens verwoes sou word en die volk na die uiteindes van die wêreld verstrooi sou word! Lees meer Profetiese rede op die Olyfberg volgens Mattheus Deel 1