In die finale deel van hierdie reeks, van drie artikels, wat oor heiligmaking in die gelowige se lewe handel, sal die vierde en laaste vraag gestel en beantwoord word. Daar sal gepoog word om te demonstreer, dat die gelowige nie onder die wet vir die uitleef van die Christelike lewe is nie, maar onder genade, en behoort die gelowige se stand in Christus en die Heilige Gees, wat die bron van krag in en deur die gelowige vir ‘n heilige lewe is, die gelowige aanmoedig om sy fokus, in geloof, op Christus vir suksesvolle heiligmaking te vestig en nie op homself of die wet nie. Lees meer Heiligmaking op Grond van Genade deur Geloof. Deel 3
Heiligmaking op Grond van Genade deur Geloof. Deel 2
Inleiding: In deel een van hierdie reeks van drie artikels, wat oor heiligmaking in die gelowige se lewe, na aanvanklike wedergeboorte, handel het ons die eerste twee vra oor hierdie onderwerp gestel, asook beantwoord. Die eerste vraag was soos volg gestel: “ Vind heiligmaking op grond van genade deur geloof alleen plaas, of vind heiligmaking op grond van geloof plus goeie werke plaas?” Dit is vanuit die Skrifte bevestig, dat die gelowige nie in staat is, of oor die vermoë in homself beskik, om suksesvolle heiligmaking in sy eie lewe te bewerkstellig nie. Dit is gedemonstreer dat die gelowige van die Here Jesus Christus en die Heilige Gees afhanklik is om vrugte in sy lewe voort te bring. Al hierdie dinge bewerkstellig God op grond van Sy genade alleen, sonder dat die mens enige iets daartoe kan bydra. Werklike heiligmaking is nie deur geloof plus werke nie, maar deur geloof alleen in wat God in Sy genade sal voorsien! Die tweede vraag is soos volg gestel: “Bepaal die gelowige se werke sy posisie, of bepaal die gelowige se posisie sy werke?” In hierdie geval is daar ook vanuit die Skrifte gedemonstreer, dat ‘n gelowige se stand in Christus sy werke behoort te bepaal en dat die gelowige se werke nie sy posisie in Christus kan bepaal nie. Wie ‘n persoon in Christus is, behoort dus te bepaal hoe daardie persoon optree! (Vir ‘n volledige uiteensetting van hierdie waarhede, word die leser aangeraai om deel een van hierdie reeks van drie artikels te lees.) Voordat die laaste twee vra gesetel en beantwoord gaan word, sal ons weer vanuit die Skrifte demonstreer wat met ‘n persoon sal gebeur indien hy in sy eie krag heiligmaking in sy lewe wil bewerkstellig. Die apostel Paulus het aan ons ‘n voorbeeld vanuit sy eie lewe nagelaat, sodat ons nie dieselfde foute sou begaan en onsself frustreer nie. Lees meer Heiligmaking op Grond van Genade deur Geloof. Deel 2
Heiligmaking op grond van Genade deur Geloof. Deel 1
Inleiding: As dit by die kwessie van heiligmaking in die gelowige se lewe kom, dan word daar in die meeste gevalle ‘n baie groot klem op die gelowige se werke geplaas, en dit ten koste van die feit dat heiligmaking, net soos aanvanklike wedergeboorte, op grond van God se genade deur geloof sonder werke deur God bewerkstellig word, alhoewel daar van die gelowige verwag word om sy samewerking in die proses van heiligmaking te gee. (Vir ‘n meer omvangryke verduideliking van die verskillende fases van verlossing, word die leser aangeraai om die artikel “Drie Fases van Verlossing” te lees”) In hierdie artikel sal gepoog word om te demonstreer, dat as dit by heiligmaking in die gelowige se lewe kom, die klem op God se genade en op Christus en Sy voltooide werk aan die kruis geplaas moet word en nie op die gelowige se eie pogings tot goeie werke vir heiligmaking nie. Lees meer Heiligmaking op grond van Genade deur Geloof. Deel 1
God se Liefde en Alwetendheid vs die Mens se Rebellie
Vraag: Hi Vic, ek het al jou artikels op die blad gelees. Dit is baie leersaam. Ek het ‘n vraag wat lank in my gedagtes is. Ek glo volkome in God en dat Hy alwetend is. Die vraag vra ek met die grootste respek. Hoekom het God die mens gemaak as hy geweet het dat die mens gaan sondig en dat dit sy Seun se lewe gaan kos om ons te red. Hy het ons nie as robotte gemaak nie maar met ‘n wil. Nogtans…..
Groete.
Antwoord: Dit is ‘n baie goeie vraag en ek dink daar is baie gelowiges wat met dieselfde vraag worstel. Die antwoord op jou vraag, glo ek, is gesetel in wie God is, soos wat Hy Homself in die Bybel aan die mens openbaar. Hierdie feit is nogal belangrik, want daar is groot gedeeltes van die belydende Christendom wat ‘n konsep van die Here handhaaf wat nie ooreenstem met hoe God Homself in die Bybel aan ons openbaar nie. Daar is dus teoloë wat beweer dat die Here liefde is, en om hierdie rede sal Hy niemand na die poel van vuur verdoem nie. Alhoewel die Here ‘n God van liefde is, stel die Bybel dit egter duidelik, dat Hy ook ‘n God van geregtigheid is en daarom moet Hy sonde straf. Dit wil dus voorkom asof daar ‘n paradoks is, maar die oplossing lê in wie die Here is. (Ek sal later meer oor hierdie punt uitbrei) God kan op geen stadium in stryd met enige van Sy attribute optree nie, want dan sal Hy nie meer God wees nie. Die Bybel stel dit egter baie duidelik, dat iemand wat die Evangelie verwerp in die poel van vuur gewerp sal word.
Joh 3:35 “Die Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee. 3:36 Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.” Lees meer God se Liefde en Alwetendheid vs die Mens se Rebellie
Ras, die Gelowige en Haat
1Jo 2:9 “Hy wat sê dat hy in die lig is en sy broeder haat, is in die duisternis tot nou toe.”
Omrede die oorgrote meerderheid van die belydende Christendom so ver van suiwer Bybelse leerstellings verwyderd geraak het, moet dit geensins as verassing kom dat daar Christene is wat onder die indruk verkeer dat hulle in die lig wandel, maar te laat gaan uitvind dat hulle eintlik in die duisternis gewandel het nie. Soos alreeds in die artikel “Gelowiges se werke gaan beoordeel word” gedemonstreer is, het die wyse waarop ons ons lewens in hierdie wêreld of dispensasie uitleef, ewigdurende implikasies en geld hierdie beginsel ook vir ons as gelowiges. Daar gaan gelowiges wees wat voor die Regterstoel Oordeel van Christus gaan verskyn, wat verkeerdelik onder die indruk gaan wees dat hulle as toegewyde dissipels van God gelewe het, net om te laat uit te vind dat hulle egter die heeltyd in ‘n toestand van voortgesette sonde gelewe het. Die rasse situasie in Suid Afrika dien as een so ‘n voorbeeld. Om te diskrimineer op grond van ras , is ‘n ernstige sonde.
1Jo 2:11 “Maar hy wat sy broeder haat, is in die duisternis en wandel in die duisternis en weet nie waarheen hy gaan nie, omdat die duisternis sy oë verblind het.”
As gelowiges, moet ons besef, dat dit God is wat ons gaan beoordeel, en Hy gaan ons volgens Sy maatstawwe beoordeel en nie die van mense nie, en daarom moet ons streef om God te behaag en nie mense nie. Lees meer Ras, die Gelowige en Haat
Wat is die Ewige Lewe?
As dit by die bestudering van die term “ewige lewe” kom, dan dink baie mense dat die ewige lewe op ‘n gegewe tyd op ‘n tydskaal begin en dan vir ewig op daardie tydskaal voortduur. Hierdie omskrywing van die term “ewige lewe” is ook dan korrek, maar indien ons die term “ewige lewe” volgens die Bybel bestudeer, sal ons opmerk dat die ewige lewe meer as net ‘n ewige bestaan op ‘n tydskaal is, en sal hierdie wete ons help, om klaarblyklike weersprekings in die Bybel te versoen, en ons kennis en belewing van ons geestelike lewe verryk. Met die skryf van hierdie artikel sal gepoog word om te demonstreer, dat die ewige lewe nie net oor ‘n kwantitatiewe aspek beskik nie, maar ook oor ‘n kwalitatiewe aspek beskik en dat die twee verskillende aspekte saam die term “ewige lewe” omskryf. Lees meer Wat is die Ewige Lewe?
Gelowiges se Werke gaan Beoordeel word
Voordat ons met hierdie studie oor ons werke begin, is dit belangrik dat ons as gelowiges, d.w.s. alle persone wat die Evangelie geglo het, weet dat hulle nooit verlore sal kan gaan nie. (Lees asb die artikel “Ewige Sekuriteit van die Gelowige” vir meer inligting rondom hierdie onderwerp) (Joh 3:18 Joh5:24) Boonop is al die gelowige se sonde (verlede, hede en toekomstig ) op Jesus Christus geplaas, en het Hy met Sy lewe vir ons sondes aan die kruis versoening gedoen. (Kol 2:14) Daarom is ons volkome veilig in Jesus Christus en kan die gelowige nooit verlore gaan nie.(1Ko 1:30) Ons is begenadig in die Geliefde. (Efs 1:6) Deur Sy een offer, het Hy ons vir ewig volmaak. (Heb 10:14) En daarom het God ons net so lief soos wat Hy die Seun het. (Joh 17:23) Groter liefde as dit is daar nie! Aan die anderkant van die saak, stel die Bybel dit egter duidelik, dat ons lewenswyse en optrede aan hierdie kant van die graf gevolge vir die hiernamaals sal voortbring, wat nie noodwendig later ongedaan gemaak kan word nie. Die keuses wat ons in hierdie lewe gemaak het, sal gevolge hê! God kan en sal ook vergewe, indien ons ons sondes bely en dit laat staan, maar die gevolge van ons keuses sal egter bly staan. God gaan nie noodwendig die gevolge van ons keuses ongedaan maak nie! Lees meer Gelowiges se Werke gaan Beoordeel word
Satan
Voordat ons met hierdie studie begin, wil ek net die leser vooraf waarsku en om verskoning vra, omrede ek sekere teksgedeeltes soms herhaal. Ek doen dit egter om so ver moontlik die Satan se werkwyses en sy attribute duidelik oor te dra, en dit vir die leser makliker wil maak, deurdat ek die betrokke teksgedeeltes aanhaal en hier weergee, sodat die leser dit direk van die artikel af kan lees. Ek versoek egter die leser om sy eie Bybel byderhand te hou en alles wat ek hier weergee self met die Bybel te vergelyk. Die leser word ook aangeraai om die artikels “Die leerstelling van gevalle engele” asook “Die leerstelling van die Heilige engele ” te lees. Lees meer Satan
Genesing ‘n Skriftuurlike Perspektief
As dit by die bestudering van die onderwerp van genesing in die Bybel kom, is dit baie belangrik om te besef, dat alle siektes wat ons huidiglik in die wêreld beleef, in ‘n algemene sin, die gevolge van sonde is. As sonde nie deur die ongehoorsaamheid van die mens in die tuin van Eden toegelaat was nie, sou daar geen siektes, lyding of fisiese dood in die wêreld gewees het nie. Dit is baie belangrik om hierdie feit ingedagte te hou indien ons om onsself rondkyk en al die swaarkry en lyding om ons waarneem. Dood en lyding is die gevolg van sonde, en dit behoort ons te herinner dat alle sonde rebellie teen God is en dat sonde gevolge het. Die leser word ten sterkste aangeraai om ook die artikel “Het die Kerk dieselfde Mag en Outoriteit as wat die Apostels gehad het om te Genees?” te lees. Lees meer Genesing ‘n Skriftuurlike Perspektief
Die Salwing (The Anointing)
Voordat ons met die artikel oor die Salwing begin, wil ek net graag die leser ten sterkste aanraai om Derren Brown – Miracles for Sale (Full) op YouTube op te soek en die program aandagtig deur te kyk. Sy program vlek die bedrog en metodes agter die tendens van geloof geneeshere oop, en demonstreer dat hierdie mense nie werklik deur die Heilige Gees gesalf is om mense te genees nie, maar dat hulle aangeleerde metodes gebruik om hulle gehore te verkul en te mislei. Die leser word aangeraai om mooi na die tegnieke en metodes wat hierdie mense aanwend te kyk en te bestudeer, en dan self vas te stel of hy dalk nie self aan die ontvang kant van hierdie bedrogspul is nie. Onthou geloof wat nie op Bybelse waarhede gebaseer is nie, is nie ware geloof nie, maar ‘n delusie. Kan daar van ‘n persoon gesê word dat hy God dien as hy van sulke slinkse metodes gebruik maak? Een so ‘n metode is die sogenaamde kulkuns om te beweer dat ‘n persoon se een been korter as die ander is en dan die kulkuns aan te wend om te bewys dat daar ‘n werklike wonderwerk plaasgevind het. Dit is skokkend, oneties en boonop oneerlik van pastore om van hierdie tegnieke gebruik te maak en dit dan as ‘n wonderwerk aan hulle gehore voor te wil hou!! God sal nooit enige manipulasie en leuens goedkeur om Sy werk te bevorder nie! Lees meer Die Salwing (The Anointing)