Die Breë en die Smal Weg

Mat 7:13 “Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan.
7:14 Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.
Hierdie is seker een van die belangrikste waarskuwings wat die Here ooit kon uiter, en verbasend genoeg steur baie mense hulle nie daaraan nie. Baie mense wat hulle wel daaraan steur verstaan die teksgedeelte verkeerd en begin dan onnodiglik vrees. So wat het die Here dan werklik hier bedoel? Lees meer Die Breë en die Smal Weg

Jouself Liefhê?

Mens hoor deesdae gereeld predikers wat preek, dat voor ‘n persoon sy medemens werklik lief kan hê, daardie persoon eerstens moet leer om homself/haarself lief te hê. Om bogenoemde stelling te staaf gebruik hulle die onderstaande teksgedeelte.
Mattheus 19:19 “eer jou vader en moeder; en: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
Daar word dan beweer dat die Here ons opdrag gegee het om onsself lief te hê, en dan sal ons eers ander mense lief kan hê. Maar is dit werklik wat die Here met bostaande stelling bedoel het? Of word hierdie teksgedeelte buite konteks verdraai om iets te verkondig wat die Here nie werklik verkondig het nie?

Om die vraag korrek te beantwoord moet ons terug na Skrifte gaan en genoemde teksgedeelte binne die korrekte konteks van die hele Skrif bestudeer. Dit is ook belangrik om te merk dat hierdie leerstelling die ware Kerk oneindige skade berokken, en alreeds berokken het, en veroorsaak het dat hoogmoed, selfliefde en die eie ek tot ongekende vlakke in die belydende Christendom posgevat het, wat ernstige gevolge vir die lidmate se geestelike lewens inhou. Derhalwe word astronomiese bedrae geld jaarliks aan belydende Christene se voorkoms, beeld, plesier ensovoorts spandeer en dit alles ten koste van die verspreiding van die Evangelie.  Ek noem hulle sommer die “bors tikkers” of die “ek mense.” Hierdie Christene se status word aan hulle voorkoms of bates gekoppel en hulle skroom nie om dit aan ander voor te gooi nie. Al wat mens deesdae hoor is ek, ek, ek en bitter min word gesê van Jesus Christus en Sy opdrag aan Sy dissipels om die Evangelie te verkondig! Het die Here dan gefouteer toe Hy die onderstaande stelling gemaak het?
Mattheus 16:24 “Toe sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg.”
Of kyk ons, as Christene, dalk iets mis? Lees meer Jouself Liefhê?

Sara Sondeloos?

Hebreërs 11:11 “Deur die geloof het Sara self ook krag ontvang om bevrug te word; en toe sy oor die leeftyd was, het sy gebaar, omdat sy Hom getrou geag het wat dit beloof het.
Is daar ‘n weerspreking in die Woord van God hier? Ons almal weet tog dat Sara getwyfel het en selfs gelag het toe die Here aan Abraham belowe het dat hulle ‘n kind sou ontvang.
Genesis 18:9 “Toe sê hulle vir hom: Waar is Sara, u vrou? En hy antwoord: Daar in die tent. 18:10 En Hy sê: Ek sal oor ‘n jaar sekerlik weer na jou toe kom—dan sal jou vrou Sara ‘n seun hê. En Sara het geluister by die ingang van die tent wat agter Hom was. 18:11 Maar Abraham en Sara was oud, ver op hulle dae; dit het met Sara nie meer volgens die reël van die vroue gegaan nie. 18:12 En Sara het by haarself gelag en gedink: Sal ek wellus hê nadat ek oud geword het en my heer oud is? 18:13 Toe sê die HERE vir Abraham: Waarom het Sara daar gelag en gedink: Sou ek ook werklik baar nou dat ek oud geword het?
18:14 Sou iets vir die HERE te wonderbaar wees? Hierdie tyd, oor ‘n jaar, sal Ek na jou terugkom, en Sara sal ‘n seun hê.
18:15 Maar Sara het dit ontken en gesê: Ek het nie gelag nie—want sy was bang. Maar Hy sê: Nee, maar jy het gelag.” Lees meer Sara Sondeloos?

Abraham as voorbeeld vir gelowiges vandag.

Die studie van tipologie kan baie genot aan die gelowige verskaf, en boonop is daar geen perke aan die geestelike seëninge en lesse wat daaruit verkry kan word nie. Kom ons grou een so geestelike skat uit die Ou-Testament op. Daar is baie sulke tipes orals in die Bybel weggesteek. Probeer ‘n paar vir jouself ontdek, dit verskaf ure se genot.
Spreuke 25:2 “Dit is die eer van God om ‘n saak te verberg, maar die eer van konings om ‘n saak na te speur.”
Hier gaan ons! Lees meer Abraham as voorbeeld vir gelowiges vandag.

Waarom Sterf ons Nog?

Vraag: As Jesus vir al ons sondes gesterf het hoekom word ons dan nog siek en sterf. Jammer as dit soos ‘n simpel vraag klink maar dit is nogal belangrik vir my.

Antwoord: Dit is nie ‘n onnosele vraag nie en dit wys dat jy oor die regte dinge dink. Eindelik is dit ‘n baie goeie vraag. As mens het ons nog steeds ons sonde natuur al word ons wedergebore. Wedergeboorte vind in ons gees plaas die oomblik wat ons glo. Maar ons is nog steeds in ons sondige liggaam en pleeg ook nog sonde. Ook is hierdie liggame wat ons het ook nie geskik om die Koninkryk van God in te gaan nie. Ons kry ons nuwe liggame met die eerste opstanding wanneer die wegraping plaasvind. Nie almal sal sterf nie maar sommige sal verander word en ‘n nuwe liggaam kry wat geskik is vir die Hemel. Lees meer Waarom Sterf ons Nog?

Die Gelykenis van die Saaier

Die gelykenis van die Saaier kom in Mattheus 13:1-23 , Markus 4:1-20 en Lukas 8:4-15 voor. Vir ons studie sal ons die gedeelte in Lukas gebruik en aanvullende besonderhede by die ander twee Evangelies verkry.
 Lukas 8:4 “En toe daar ‘n groot menigte vergader, en die wat uit die verskillende stede by Hom aangesluit het, sê Hy aan hulle deur ‘n gelykenis: 8:5 ‘n Saaier het uitgegaan om sy saad te saai; en toe hy saai, val ‘n deel langs die pad en is vertrap, en die voëls van die hemel het dit opgeëet. 8:6 En ‘n ander deel het op die rots geval; en nadat dit opgeskiet het, het dit verdroog, omdat dit geen vogtigheid gehad het nie. 8:7 En ‘n ander deel het tussen die dorings in geval; en die dorings het daarmee saamgegroei en dit verstik. 8:8 En ‘n ander deel het in die goeie grond geval en gegroei en honderdvoudige vrug opgelewer. Toe Hy dit gesê het, roep Hy uit: Wie ore het om te hoor, laat hom hoor! 8:9 En sy dissipels het Hom gevra en gesê: Wat beteken hierdie gelykenis tog?” Lees meer Die Gelykenis van die Saaier

‘n Profeet soos Moses

Seker een van die grootste messiaanse profesieë in die Bybel is deur Moses gemaak, wat voorspel het dat God ‘n profeet net soos hyself sal oprig en na wie die volk Israel moes luister.
Deu 18:15 ‘”n Profeet uit jou midde, uit jou broers, soos ek is, sal die HERE jou God vir jou verwek; na Hom moet julle luister—
18:16 net soos jy van die HERE jou God by Horeb gevra het toe jy op die dag van die vergadering gesê het: Ek kan die stem van die HERE my God nie langer hoor en hierdie groot vuur nie meer sien nie, anders sterf ek. 18:17 Toe het die HERE vir my gesê: Dit is goed wat hulle gespreek het. 18:18 ‘n Profeet sal Ek vir hulle verwek uit die midde van hulle broers, soos jy is, en Ek sal my woorde in sy mond lê, en Hy sal aan hulle sê alles wat Ek Hom beveel. 18:19 En die man wat nie luister na my woorde wat Hy in my Naam spreek nie, van hom sal Ek self rekenskap afeis.” Lees meer ‘n Profeet soos Moses

Wat sê die Skrifte