Sleutelwoord se argiewe: Bybel

Skynbare teenstrydighede in die Bybel weerlê

Kritici van die Christelike geloof, in die besonder die moderne ateïsme, poog dikwels om tekstuele eienaardighede, stylverskille of literêre perspektiewe as onversoenbare teenstrydighede in die Skrifte te bestempel. Hierdie argumente mis egter herhaaldelik die teiken. Hulle faal om die teks te beoordeel volgens die reëls van antieke literatuur, die eiesoortigheid van die oorspronklike tale, en die spesifieke oogmerke van die onderskeie outeurs.

Die wetenskap van Bybelse eksegese (teksverklaring) vereis ‘n metodologie wat reg laat geskied aan sowel die goddelike as die menslike aard van die Skrif. Binne die ortodokse Protestantse tradisie staan die konsekwente grammatikaal-historiese metode as die mees betroubare instrument om die oorspronklike betekenis van die teks te ontsluit. Hierdie benadering rus op die oortuiging dat die Heilige Skrif deur die inspirasie van die Heilige Gees foutloos en uniek is. Tog het God Homself geopenbaar deur die medium van menslike skrywers wat binne spesifieke historiese, kulturele en linguistiese kontekste geopereer het.

Lees meer Skynbare teenstrydighede in die Bybel weerlê

Juk jou Ore? Wat sê die Bybel werklik?

Wil ons werklik hoor wat die Here aan ons wil sê, of wil ons net hoor wat ons sondige natuur begeer? As daar ooit ‘n tyd was om Paulus se waarskuwing aan Timoteus ernstig op te neem, is dit nou, in hierdie dae waarin ons leef.
2Ti 4:3 “want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, 4:4 en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.”

Is dit nie wat tans in die grootste gedeelte van die belydende Christendom gebeur nie? Praat van leerstellings en mense kyk jou skeef aan. Ek het gehoor hoe ‘n gewilde televisieprediker verkondig dat doktrines die kerk verdeel. Dink net by jouself: as ‘n prediker nie leerstellings verkondig nie, wat verkondig hy dan? Waarom het ons dan nog die Bybel? Moet die Bybel nie ons leerstellings bepaal nie? As die Bybel nie die laaste woord in die bepaling van doktrines is nie, kan enigiets as die waarheid verkondig word. Dit sal chaos tot gevolg hê – en is dit nie miskien wat ons vandag in die belydende Christendom waarneem nie?

Lees meer Juk jou Ore? Wat sê die Bybel werklik?

Bybel onder die arm

Vraag:
My vriende beweer dat ek te heilig wil lewe en dat ek die heeltyd met die Bybel onder die arm loop. Dit is nogal afbrekend vir my want ek wil graag die Here volg. My vriende het my ook gewaarsku om nie te eng te wees nie, wat moet ek doen?

Antwoord:
Mens hoor nogal gereeld hierdie woorde en veral van belydende Christene af. Vir die antwoord moet ons egter na de Bybel gaan.
Markus 12:30 “en jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod.
Ek dink nie die Here kon ‘n duideliker stelling as bogenoemde teksgedeelte gemaak het nie! Sover as wat dit die Here aangaan, kan mens nooit te veel van Hom weet of wil weet nie. Dit is eindelik wat die Here wil hê ons moet doen, maar die hartseer feit van die saak is, dat min mense werklik die moeite wil doen om regtig naby die Here te wil lewe. Daar is egter baie meer wat oor die saak gesê kan word. Lees meer Bybel onder die arm