Sleutelwoord se argiewe: bose geeste

Verdere vraag rakende demone

Vraag: Hello Vic. Ek het ‘n vraag wat ek graag verklaring voor soek. “Watse gesag/ krag het Satan en/ of demone oor iemand, veral as dit kom by iemand se gedagtes of wat in hulle harte is?”

Wat ek hiermee bedoel:

-Ek weet dat die Here, Jesus Christus en die Heilige Gees alles van ‘n mens weet nog voordat daardie persoon in die Moederskoot gevorm is.

-Ek weet ook dat die Here weet wat ek dink en voel selfs die gedagtes wat ek self nog nie eers gedink het of gevoelens wat ek nog nie eers gevoel het.

Met dit gesê:

Het Satan, of ‘n demoon, beheer oor jou gedagtes? Kan Satan jou gedagtes/ denke binne dring of jou dinge laat doen buite jou beheer?

Van wat ek verstaan kan hy nie, andersins sou hy my die lelikste en ongoddelikste dinge laat doen het wat beteken dat ek nooit uit die donker put van skuldgevoelens sou kon ontsnap nie.

Watse tipe outoriteit/ toegang het Satan, en demone, tot iemand?

Soos ek, en baie ander Christene, groot gemaak is, glo ek dat omdat ek gevul is met die Heilige Gees, is daar nie plek vir ‘n demoon nie.

Lees meer Verdere vraag rakende demone

Die duiwel se aktiwiteite sover dit die gelowige aanbetref. Deel 6

Dit moet in gedagte gehou word dat die Here Jesus Christus slegs van buite Sy wese deur die duiwel versoek kon word. Die duiwel het Hom genader met voorstelle wat bedoel was om Hom so ver te kry om teenstrydig met God die Vader se wil op te tree. Maar in teenstelling met ons, kon die Here Jesus Christus nie van binne Homself versoek word nie. Ons, as gevalle wesens, beskik huidiglik oor ‘n sonde natuur, wat tydens die sondeval bekom is, en word soms vanuit ons sonde natuur versoek sonder dat die duiwel ons enigsins versoek.
Mat 15:16 “maar Jesus sê: Is julle dan ook nog sonder verstand? 15:17 Begryp julle nog nie dat alles wat in die mond ingaan, in die maag kom en in die heimlikheid uitgewerp word nie? 15:18 Maar die dinge wat uit die mond uitgaan, kom uit die hart, en dit is dié wat die mens onrein maak. 15:19 Want uit die hart kom daar slegte gedagtes, moord, egbreuk, hoerery, diewery, valse getuienis, lastertaal. 15:20 Dit is hierdie dinge wat die mens onrein maak; maar om met ongewaste hande te eet, maak die mens nie onrein nie.”
En onthou, God versoek niemand met sonde nie, maar ons word eerder deur ons bose begeertes vanuit ons gevalle sonde natuur versoek.
Jak 1:13 “Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie. 1:14 Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word. 1:15 Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort.”
Die Here Jesus Christus beskik egter nie oor ‘n sonde natuur nie, en derhalwe was daar niks binne in Hom wat daartoe sou bydra dat Hy vanuit hierdie posisie deur die duiwel versoek sou word nie.
Joh 14:30 “Ek sal nie veel meer met julle spreek nie; want die owerste van hierdie wêreld kom en het aan My niks nie.
1Jo 3:5 En julle weet dat Hy verskyn het om ons sondes weg te neem, en geen sonde is in Hom nie.”

Lees meer Die duiwel se aktiwiteite sover dit die gelowige aanbetref. Deel 6

Hulp met Bose Geeste in Huis

Vraag: Hello
Ek soek graag hulp of raad hoe om bose geeste uit my huis te kry. Hier gebeur baie vreemde goed en eks bang vir dit, veral vir my kind! Asb help my.

Antwoord: Moenie bang wees nie, indien jy dood eenvoudig die Evangelie geglo het, het jy die Heilige Gees by wedergeboorte ontvang en is Hy vir ewig saam met jou.
Efs 1:13 “in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte,”
Die Heilige Gees is nie net saam met jou nie, maar is met wedergeboorte die seël wat waarborg dat jy aan God behoort! God self is die seël! Dink daaraan!
1Jo 4:4 “ Julle is uit God, (jy is met wedergeboorte uit God gebore) my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.”
Onthou hierdie waarheid! Lees meer Hulp met Bose Geeste in Huis

Die Leerstelling van die Gevalle Engele

Die leser moet net kennis neem, dat hierdie studie hoofsaaklik oor gevalle engele of bose geeste handel. Aparte artikels wat Satan, asook die leerstelling van die heilige engele, aanspreek is alreeds in anders studies op die webtuiste behandel. (Die leser word aangeraai om die artikels “Satan” en “Die Leerstelling van die Heilige Engele” vir meer besonderhede rondom daardie aangeleenthede te lees.) Lees meer Die Leerstelling van die Gevalle Engele

Bind en Ontbind van Bose Geeste!

Daar is deesdae ‘n siening onder ‘n baie groot gedeelte van die belydende Christendom wat verklaar  dat ons, as gelowiges, die Duiwel en demone kan bind. (Neem asb kennis dat hierdie studie nogal lank is en die leser word aangeraai om eerder die artikel uit te druk en dan rustig te lees.) Sommige mense gaan ook so ver en beweer dat self siektes en armoede ontbind kan word, wat daartoe aanleiding sal gee dat die betrokke persoon welvaart sal beleef en selfs volkome van siektes bevry kan wees. ‘n Verdere uitvloeisel wat uit hierdie leerstelling voortkom,  is die leer dat ons as gelowiges die gesag, en mandaat, het om bose geeste wat oor spesifieke dorpe, stede, lande en self kontinente heers te bind wat daartoe sal lei dat hierdie plekke uit die mag van hierdie demone bevry sal raak en op hierdie wyse sal die wêreld weer vir Christus terug gewen kan word. Daarbenewens word dan seminare en lesings aangebied waar ywerige gelowiges geleer word hoe om hierdie bose geeste te bind, en word daar gereeld op televisie, op radio, boeke, asook op konferensies verkondig dat gelowiges die offensief teen Satan en ander bose geeste moet neem, waardeur bose geeste deur die toepassing van strategiese geestelike oorlogvoering gebind en sodoende sal die bose geeste se houvas oor hierdie gebiede verbreek word. Daar word ook verkondig, dat daar individuele geeste of demone is wat in beheer van sekere dorpe, stede geografiese streke asook individuele geboue (territoriale geeste of demone) is, en indien gelowiges hierdie geeste wat oor daardie plekke gesag uitoefen bind, dit daartoe sal lei dat daardie plekke geëvangeliseer sal word. Hierdie leerstelling word ook op individuele toegepas en daar word soms so ver gegaan as om te beweer dat bindings van armoede gebreek, of ontbind kan word, wat daartoe sal lei dat die betrokke persoon rykdom en voorspoed sal beleef. Lees meer Bind en Ontbind van Bose Geeste!