Sleutelwoord se argiewe: versoeking

Die duiwel se aktiwiteite sover dit die gelowige aanbetref. Deel 6

Dit moet in gedagte gehou word dat die Here Jesus Christus slegs van buite Sy wese deur die duiwel versoek kon word. Die duiwel het Hom genader met voorstelle wat bedoel was om Hom so ver te kry om teenstrydig met God die Vader se wil op te tree. Maar in teenstelling met ons, kon die Here Jesus Christus nie van binne Homself versoek word nie. Ons, as gevalle wesens, beskik huidiglik oor ‘n sonde natuur, wat tydens die sondeval bekom is, en word soms vanuit ons sonde natuur versoek sonder dat die duiwel ons enigsins versoek.
Mat 15:16 “maar Jesus sê: Is julle dan ook nog sonder verstand? 15:17 Begryp julle nog nie dat alles wat in die mond ingaan, in die maag kom en in die heimlikheid uitgewerp word nie? 15:18 Maar die dinge wat uit die mond uitgaan, kom uit die hart, en dit is dié wat die mens onrein maak. 15:19 Want uit die hart kom daar slegte gedagtes, moord, egbreuk, hoerery, diewery, valse getuienis, lastertaal. 15:20 Dit is hierdie dinge wat die mens onrein maak; maar om met ongewaste hande te eet, maak die mens nie onrein nie.”
En onthou, God versoek niemand met sonde nie, maar ons word eerder deur ons bose begeertes vanuit ons gevalle sonde natuur versoek.
Jak 1:13 “Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie. 1:14 Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word. 1:15 Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort.”
Die Here Jesus Christus beskik egter nie oor ‘n sonde natuur nie, en derhalwe was daar niks binne in Hom wat daartoe sou bydra dat Hy vanuit hierdie posisie deur die duiwel versoek sou word nie.
Joh 14:30 “Ek sal nie veel meer met julle spreek nie; want die owerste van hierdie wêreld kom en het aan My niks nie.
1Jo 3:5 En julle weet dat Hy verskyn het om ons sondes weg te neem, en geen sonde is in Hom nie.”

Lees meer Die duiwel se aktiwiteite sover dit die gelowige aanbetref. Deel 6

Die duiwel se aktiwiteite sover dit die gelowige aanbetref. Deel 5

Voordat ons met hierdie studie begin, word die leser ten sterkste aangeraai om eerstens die voorafgaande artikels oor die duiwel se aktiwiteite in hierdie reeks te lees, om sodoende ‘n volledige raamwerk waarin hierdie versoekinge van Christus in plaasgevind het te bekom.

Die versoeking om Homself van die tempel af te werp en deur die volk as hulle Messias aanvaar te word:
Luk 4:9 “Toe bring hy Hom na Jerusalem en stel Hom op die dak van die tempel en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself hiervandaan neer. 4:10 Want daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U om U te bewaar, 4:11en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen ‘n klip stamp nie.”
Opmerking: Met bogenoemde versoeking, versoek die duiwel die Here, deur om Hom so ver te kry om Sy Messiasskap, deur middel van ‘n skouspelagtige wonderteken aan die Jode te demonstreer en daardeur hulle erkenning van Hom as hulle beloofde Messias te bewerkstellig. Indien mens ingedagte hou dat die tempel op plekke tussen 121 meter en 182 meter hoog kon wees, en indien die Here skielik vanaf die tempel dak tussen die Jode wat in die tempel diens verrig het, asook diegene wat daar aanbid het, te lande sou kom, sou dit bo enige twyfel aan hulle bewys het dat die Here hulle beloofde Messias was. Veral indien die Here tussen hulle op Sy voete te lande sou kom, sonder om enige beserings op te doen, en sodoende sou die Here Jesus Christus Sy ewige Seunskap aan die volk kon demonstreer en deur hulle aanvaar word. Lees meer Die duiwel se aktiwiteite sover dit die gelowige aanbetref. Deel 5

Die duiwel se aktiwiteite sover dit die gelowige aanbetref. Deel 4

Tydens die versoeking om die klippe in brode te verander het ons gesien hoe die duiwel die Here versoek het om ‘n vleeslike behoefte buiten God die Vader se wil vir Hom te bevredig. (Lees asb dele een, twee en drie van hierdie reeks studies, om ‘n deeglike agtergrond kennis rondom hierdie aangeleentheid te bekom en waar die versoeking om die klippe in brode te verander ook deeglik bespreek is.) 1 Joh. 2:6 gee aan ons die drie kanale waardeur die duiwel van die wêreld/kosmos (waaroor hy beheer uitoefen) gebruikmaak om die mensdom te verlei, naamlik:
1Jo 2:15 “Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie. 2:16 Want alles wat in die wêreld is—die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe—is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld. 2:17 En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.”
Soos alreeds genoem, het Satan die Here langs drie van die mens se sterkste drange versoek, naamlik fisiese/vleeslike aptyte, die begeerte vir mag en besittings, asook die begeerte vir publieke aanvaarding en/of erkenning. Die mensdom word nog steeds deur hierdie drie drange versoek! Lees meer Die duiwel se aktiwiteite sover dit die gelowige aanbetref. Deel 4

Die duiwel se aktiwiteite sover dit die gelowige aanbetref. Deel drie

Noudat ons ‘n behoorlike agtergrond ten opsigte van die duiwel se aktiwiteite in die vorige twee artikels weergegee het, kan ons nou ‘n studie van die Here Jesus Christus se versoeking in die woestyn doen, om sodoende ‘n beter idee te kry van hoe Satan te werk gaan wanneer hy poog om iemand met sonde te verlei. Die Skrifte stel dit baie duidelik dat die versoeking van Christus, deur die duiwel, binne die raamwerk van God se wil, plaasgevind het. Maar voordat daar enigsins oor hierdie feit uitgebrei word, gaan die betrokke teksgedeelte eerstens aanhaal en dan bespreek word. Lees meer Die duiwel se aktiwiteite sover dit die gelowige aanbetref. Deel drie