Sleutelwoord se argiewe: Geloof

Die Probleem met “Geloof is Nooit Alleen Nie”

Vraag: Ek het ‘n vraag waarop ek nie ‘n duidelike antwoord by my dominee kry nie. Hy sê hy glo in God se vrye genade en dat ons deur geloof alleen gered word, maar dat ‘geloof nooit alleen sal wees nie’. Dit beteken dat daar outomaties geestelike groei en goeie werke daaruit sal voortspruit. Ek glo die Here verwag van my om geestelik te groei en om goeie werke te doen, en ek doen dit. Ek glo dat die gawe van die ewige lewe kosteloos is. As ‘n persoon se gebrek aan geestelike groei egter bewys dat hy nie gered is nie, dan beteken dit mos dat werke tog nodig is om die ewige lewe te verkry? Dit wil vir my voorkom asof daar ‘n weerspreking in die Skrif is, al is dit baie subtiel. Ek hoor graag jou opinie.

Antwoord: Ja, jy is heeltemal reg om ‘n weerspreking in die dominee se verduideliking raak te sien. ‘n Mens moet net in gedagte hou dat die Bybel God se woord is, en daarom kan daar geen werklike weersprekings in die oorspronklike manuskripte wees nie. Ek wil jou wel komplimenteer; dit is duidelik dat jy hierdie saak baie goed en krities deurdink het. As dit ooit lyk asof die Bybel homself weerspreek, moet ons onthou dat die fout nie by die Skrif lê nie, maar by die manier waarop ons dit vertolk. Juis daarom is dit van kardinale belang om die Bybel konsekwent, letterlik en binne sy grammatikaal-historiese konteks te interpreteer, en om altyd Skrif met Skrif te vergelyk.

Lees meer Die Probleem met “Geloof is Nooit Alleen Nie”

Onderskeid tussen geloof in ‘n beginsel en geloof in ‘n belofte

As Christene maak ons daagliks vanuit die Skrifte aanspraak op sekere algemene Bybelse beginsels, asook spesifieke Bybelse beloftes wat direk aan ons as persoon, of aan ons as deel van ‘n spesifieke groep mense gemaak is. Alle gelowiges behoort elke dag in geloof ‘n sekere Bybelse beginsel, of stel beginsels, in ons lewens toe te pas en daarvolgens te leef. So ook behoort elke gelowige daagliks geloof in God se spesifieke beloftes, wat direk aan ons, binne die korrekte dispensasionele konteks, gemaak is vas te hou. Ons moet egter onderskeid tussen ‘n belofte wat spesifiek aan ons gerig is, en ‘n Bybelse beginsel wat oor die algemeen vir ons geld tref, anders kan dit tot erge ontnugtering en frustrasie aanleiding gee.

Lees meer Onderskeid tussen geloof in ‘n beginsel en geloof in ‘n belofte

Raad aan gelowiges in hierdie tydperk van verval. Deel 1

Ons lewe in ‘n tydperk van algemene morele agteruitgang, asook ‘n tydperk van erge leerstellige verval. Indien ‘n Christen oortuig daarvan is dat ons, ons in ‘n tydperk van morele en leerstellige herlewing bevind dan is daardie Christen heel waarskynlik self die slagoffer van verlyding. In baie gevalle, waar gelowiges wat die leerstellige en morele agteruitgang van die belydende Christendom uitwys, word as negatief uitgekryt. Om op die leerstellige en morele agteruitgang te fokus is te negatief en demonstreer volgens baie ‘n algehele gebrek aan geloof. Hierdie misleidende siening vind mens in ‘n baie groot gedeelte van die Woord geloof Beweging”, asook groot gedeeltes van die charismatiese beweging, wat die proponente van die Voorspoed Evangelie insluit. Hoofstroom Christelike televisie, byvoorbeeld Christelike kanale soos TBN en baie ander soortgelykes, dien as platvorm waardeur hierdie kultus van positivisme versprei word. Onthou, ware Bybelse geloof is gesetel in God se woord, wat binne die korrekte konteks aangehaal en toegepas is. Geloof wat nie op God se woord, binne die korrekte konteks gebaseer is nie, is nie Bybelse geloof nie maar eerder ‘n delusie.

Lees meer Raad aan gelowiges in hierdie tydperk van verval. Deel 1

Proponente van werkheiligheid se herdefiniëring van geloof

Ons lewe in ‘n tydperk waar die evangelie van God se genade meedoënloos van alle kante af aangeval word. Selfs in die protestantse kamp tref ons mense aan wat die evangelie van God se genade op ‘n subtiele wyse aanval deur om terme soos “geloof” te herdefinieer. Geloof is nie ‘n komplekse konsep nie, en beteken heel eenvoudig om vas oortuig daarvan te wees dat ‘n gegewe stelling of proposisie waar is. Om enige iets anders by die die betekenis van die term “geloof” te voeg is om met die apostel Paulus oor die aard van geloof in botsing te kom. Met die skryf van hierdie artikel sal ons hierdie subtiele maar uiterste gevaarlike aanval op die evangelie van God se genade ondersoek en blootlê.

Lees meer Proponente van werkheiligheid se herdefiniëring van geloof

Waarom heg God waarde in geloof wat beproef is?

Vraag: Ek het die artikel “Beproewing van die gelowige se geloof” gelees. Nou wonder ek net soms waarom heg God so baie waarde in geloof wat beproef is?

Antwoord: Die antwoord op die vraag vind ons ver in die duistere verlede, reg in die begin van die skepping, toe die Here die aarde, en alles wat daarin is, binne die raamwerk van ses 24uur dae geskape het. Om die vraag korrek te beantwoord is dit egter belangrik dat ons nie slegs op die skeppingsweek alleenlik fokus nie, maar moet ook die verloop van die mensdom se geskiedenis op aarde onder die vergrootglas plaas. Derhalwe is dit van uiterste belang om ‘n korrekte filosofie van die aarde se geskiedenis te handhaaf. Die korrekte grondslag vir die wêreld se geskiedenis vind ons in die Bybel. Hiervoor is ‘n Bybel-gebaseerde filosofie van die wêreld se geskiedenis van uiterste belang, anders gaan dit tot valse leerstellings soos byvoorbeeld die evolusieleer aanleiding gee. Vir diegene wat in wetenskap en die vraagstuk rondom die evolusieleer belangstel, raai ek die webtuiste “Creation Ministries International” ten sterkste aan. Baie van hulle beeldmateriaal is ook op YouTube beskikbaar.

Lees meer Waarom heg God waarde in geloof wat beproef is?

beproewing van die gelowige se geloof

Vir ‘n gelowige, of enige of enige ander persoon, om in onafhanklikheid van God te leef, kom op rebellie neer, en is dus sonde, en om hierdie rede word die gelowiges (nie ongelowiges nie) ernstig gemaan, naamlik:
2Kor.10.56 “en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,”
En omrede ons geloof slegs in Christus gesetel moes wees, en in niemand, of niks anders nie, is dit die gelowige se plig om in die geloof te wandel, anders pleeg daardie persoon sonde al besef hy dit nie.
Rom.14:23b “en alles wat nie uit die geloof is nie, is sonde.”
met hierdie wete in gedagte kan die gelowige verseker wees dat sy geloof die een of ander tyd aan beproewing onderwerp sal word.

Lees meer beproewing van die gelowige se geloof

Werp al julle bekommernis op Hom – dieskrifte.org

1Pet. 5: 7 Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle.”
Baiekeer bevind ons, onsself in donker situasies en beleef dan erge bekommernis en self angs. Die rede hiervoor is dat ons die situasies en omstandighede in ons lewe self op ons skouers wil dra, wat dan tot bekommernis en angs aanleiding gee. Seker die grootste rede hiervoor is die feit dat ons nie die Here se opdrag om al ons bekommernis op Hom te werp, gehoorsaam nie. Nou praat ek nie net van blote lippetaal nie. Met die wete dat ons God se kinders is, is dit van uiterste belang dat ons al ons bekommernis, met die vaste geloofsoortuiging dat Hy vir ons sorg, op Hom moet werp. Wanneer die gelowige nie werklik sy bekommernis op die Here werp nie, gee dit aanleiding tot donker angsvolle tye in ons lewens en wonder ons waarom die Here ons dan nie van ons bekommernis en angs verlos nie. In situasies soos hierdie los die Here ons somtyds om in ons vrees voort te woeker, omrede Hy wil hê ons moet leer om die bekommernis/situasie/probleem op Hom te werp en volkome op Hom vir die oplossing daarvan te vertrou. Hierdie tipe lesse is gewoonlik lesse wat deur erge smarte en harts-wroeginge en baie trane geleer moet word. In situasies soos hierdie beteken nie dat God ons straf nie, maar ons straf onsself, deurdat ons nie werklik, met ‘n vaste geloofsoortuiging, op Hom vertrou met die vaste wete dat Hy vir ons sorg nie. Die smarte wat ons dan beleef is smarte wat ons oor onsself gebring het. (want ons glo Hom nie werklik wanneer Hy deur Sy woord met ons praat nie!) Hierdie smartlike situasies kan egter heeltemal vermei word, indien ons eerstens die situasie in geloof aan God oorgee, en al ons bekommernis op Hom werp. Sodra ons, ons bekommernis op Hom gewerp het, kan ons met blymoedigheid op take fokus waarop die Here wil hê ons moet fokus. Sodra die gelowige toelaat dat vrees en bekommernis hom oorweldig, sal hierdie feit die gelowige lamlê, wat hom dan aan verdere aanvalle van die duiwel sal blootstel. Hierdie situasie kan dan tot ‘n bose kringloop aanleiding gee wat daartoe kan lei dat die gelowige ‘n senuwee ineenstorting kan beleef. (Alles a.g.v. ongeloof, wat sonde is!) Die leser mag dalk vra hoe weet ek al hierdie dinge? Ek weet dit want ek het dit die afgelope paar maande beleef en slegs God in Sy genade het my tot insig gebring.

Lees meer Werp al julle bekommernis op Hom – dieskrifte.org

Generiese geloof vs Reddende geloof

Daar heers tans groot verwarring rondom die onderwerp van geloof. Baie mense glo dat geloof die een of ander krag is wat hulle kan gebruik om die werklikheid, of omstandighede rondom hulle te verander of te beïnvloed. Dus verklaar hierdie persone direk, of indirek, dat geloof oor inherente krag besit, en indien ‘n persoon genoeg daarvan kan opwerk, hy in staat sal wees om alles te doen insluitende die feit dat hulle berge met die spreek van een woord letterlik kan versit. Derhalwe maak hulle van teksgedeeltes soos Matt. 17:20 as proefteks gebruik om hulle stelling te staaf, naamlik:
Matt.17:20 “En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ‘n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.” (Ons sal later na hierdie teksgedeelte terugkom.)
Maar vir eers is dit belangrik om te bepaal wat die Bybel oor geloof te sê het, en dan sal daar met hierdie studie gepoog word om onderskeid tussen generiese geloof en reddende geloof te verduidelik. Ons almal beskik oor geloof en maak daagliks daarvan gebruik. (Ek praat nie nou noodwendig van reddende geloof nie. Geloof kan in twee kategorieë ingedeel word, naamlik generiese geloof, of geloof in die algemeen, en reddende geloof, wat wedergeboorte en die ewige lewe tot gevolg het.)

Lees meer Generiese geloof vs Reddende geloof

Jesus se oplossing vir vrees en bekommernis

Omrede ons na aanvanklike wedergeboorte nog steeds met ons ou sonde natuur opgeskeep sit, gaan ons nog steeds, van tyd tot tyd, die geneigdheid toon om onsself oor die dag van môre te wil bekommer. Die Here Jesus Christus het egter aan ons Sy oplossing vir die probleem van bekommernis en vreesagtigheid gegee en ons vind hierdie oplossing in Mat 6:25-34. Indien mens egter die teksgedeelte in dele opbreek en sorgvuldig bestudeer, sal ons die antwoord vir die probleem van onnodige bekommernis en vrees daarin vind. Die genoemde teksgedeelte gaan in verskillende dele verdeel word, en gaan dan kortliks onder afsonderlike opskrifte of afdelings bespreek word. Dit sal die leser help om in tye van twyfel, rasioneel oor die oplossing vir die probleem te dink, met die wete dat niks vir God onmoontlik is nie en dat Hy, as ons Skepper en hemelse Vader, weet wat ons nodig het en hoe om dit aan ons te gee. Lees meer Jesus se oplossing vir vrees en bekommernis

Heiligmaking op Grond van Genade deur Geloof. Deel 2

Inleiding: In deel een van hierdie reeks van drie artikels wat oor heiligmaking handel het ons die eerste twee vra oor hierdie onderwerp gestel en beantwoord. Die eerste vraag was soos volg gestel: “ Vind heiligmaking op grond van genade deur geloof alleen plaas, of vind heiligmaking op grond van geloof plus goeie werke plaas?” Daar is vanuit die Skrifte gedemonstreer dat die gelowige nie in staat is, of oor die vermoë in homself beskik om suksesvolle heiligmaking in sy eie lewe te bewerkstellig nie. Boonop het ons gedemonstreer dat die gelowige van die Here Jesus Christus en die Heilige Gees afhanklik is om vrugte in sy lewe voort te bring. Al hierdie dinge bewerkstellig God op grond van Sy genade alleen, sonder dat die mens enige iets daartoe kan bydra. Werklike heiligmaking is nie deur geloof plus werke nie, maar deur geloof alleen in wat God in Sy genade sal voorsien!

Die tweede vraag is soos volg gestel: “Bepaal die gelowige se werke sy posisie, of bepaal die gelowige se posisie sy werke?” In hierdie geval is daar ook vanuit die Skrifte gedemonstreer, dat ‘n gelowige se stand in Christus sy werke behoort te bepaal en dat die gelowige se werke nie sy posisie in Christus kan bepaal nie. Wie ‘n persoon in Christus is, behoort dus te bepaal hoe daardie persoon optree! (Vir ‘n volledige uiteensetting van hierdie waarhede, word die leser aangeraai om deel een van hierdie reeks artikels te lees.)

Voordat ons egter die volgende twee vra gaan stel en beantwoord, gaan ons weer vanuit die Skrifte verduidelik wat met ‘n persoon sal gebeur indien hy in sy eie krag heiligmaking in sy lewe wil bewerkstellig. Die apostel Paulus het aan ons ‘n voorbeeld vanuit sy eie lewe nagelaat sodat ons nie dieselfde foute sou begaan en onsself frustreer nie. Lees meer Heiligmaking op Grond van Genade deur Geloof. Deel 2