Sleutelwoord se argiewe: Geloof

Heiligmaking op Grond van Genade deur Geloof. Deel 2

Inleiding: In deel een van hierdie reeks van drie artikels wat oor heiligmaking handel het ons die eerste twee vra oor hierdie onderwerp gestel en beantwoord. Die eerste vraag was soos volg gestel: “ Vind heiligmaking op grond van genade deur geloof alleen plaas, of vind heiligmaking op grond van geloof plus goeie werke plaas?” Daar is vanuit die Skrifte gedemonstreer dat die gelowige nie in staat is, of oor die vermoë in homself beskik om suksesvolle heiligmaking in sy eie lewe te bewerkstellig nie. Boonop het ons gedemonstreer dat die gelowige van die Here Jesus Christus en die Heilige Gees afhanklik is om vrugte in sy lewe voort te bring. Al hierdie dinge bewerkstellig God op grond van Sy genade alleen, sonder dat die mens enige iets daartoe kan bydra. Werklike heiligmaking is nie deur geloof plus werke nie, maar deur geloof alleen in wat God in Sy genade sal voorsien!

Die tweede vraag is soos volg gestel: “Bepaal die gelowige se werke sy posisie, of bepaal die gelowige se posisie sy werke?” In hierdie geval is daar ook vanuit die Skrifte gedemonstreer, dat ‘n gelowige se stand in Christus sy werke behoort te bepaal en dat die gelowige se werke nie sy posisie in Christus kan bepaal nie. Wie ‘n persoon in Christus is, behoort dus te bepaal hoe daardie persoon optree! (Vir ‘n volledige uiteensetting van hierdie waarhede, word die leser aangeraai om deel een van hierdie reeks artikels te lees.)

Voordat ons egter die volgende twee vra gaan stel en beantwoord, gaan ons weer vanuit die Skrifte verduidelik wat met ‘n persoon sal gebeur indien hy in sy eie krag heiligmaking in sy lewe wil bewerkstellig. Die apostel Paulus het aan ons ‘n voorbeeld vanuit sy eie lewe nagelaat sodat ons nie dieselfde foute sou begaan en onsself frustreer nie. Lees meer Heiligmaking op Grond van Genade deur Geloof. Deel 2

Ek voel te sondig om gered te word

Vraag: Ek voel te sondig om gered te word. Help asb!!

Antwoord: Eerstens is dit baie belangrik om te besef dat jou gevoelens jou nie red nie. Jy word gered deur om eenvoudig in Jesus Christus (die voorwerp van jou geloof), en Sy versoenings werk aan die kruis,(die Evangelie) te glo en nie op jou gevoelens, werke, doop , kerkbywoning of enige iets anders nie!! Dit is van uiterste belang, om te glo wat die Here in Sy woord aan jou sê, en nie wat enige persoon (my inkluis) of kerk denominasie aan jou mag voorhou nie. Moet ook nie op jou gevoel staatmaak nie, want ons emosies is nie baie betroubaar nie en kan selfs totaal en al misleidend wees. Vergelyk altyd alles wat ek of enige persoon aan jou verkondig, met wat God in Sy woord (die Bybel) aan jou sê, en interpreteer altyd onduidelike teksgedeeltes met die wat duidelik gestel is, nie anders om nie. Onthou altyd, dat as jy wil hoor wat die Here aan jou wil sê, dan moet jy jou Bybel lees en nie op buite Bybelse profesieë, gevoelens, omstandighede en tradisies staatmaak nie. Kom ons gaan kyk wat God oor jou situasie te sê het. (Lees ook asb die artikel “Die onderskeid tussen ‘n gelowige en n dissipel“) Lees meer Ek voel te sondig om gered te word

Die Voorwerp van Geloof: Waarin rus jou Vertroue?

Geloof het nooit meriete of waarde op sy eie nie. Die meriete en waarde van geloof lê in die voorwerp waarop vertrou word. Ons almal beoefen daagliks geloof op verskeie voorwerpe: ons vertrou dat ons geld iets kan koop; ons glo koerantberigte en dit wat ons op televisie sien; ons vertrou op vriende en eggenote, en dikwels vertrou ons selfs op onsself.

Jou geloof gaan dus net so betroubaar wees soos die objek waarop jy vertrou. Ons kan met sekerheid sê dat geloof op sy eie — maak nie saak hoe groot dit mag wees nie — oor geen inherente krag beskik nie. Die krag lê alleenlik in die voorwerp van jou vertroue.

Vir die gelowige is die voorwerp van sy geloof die Here Jesus Christus. Die gelowige glo dat Jesus Christus sy enigste Verlosser van die sonde en die hel is. Sonder Jesus Christus sou die sondaar homself nooit kon red nie, ongeag hoe sterk sy geloof ook al mag wees. Die krag van ons geloof lê in Jesus Christus, wat God in die vlees is en wat nie kan misluk nie. Dit gaan dus nie oor die hoeveelheid geloof nie, maar oor die soort geloof (die regte voorwerp). Jesus Christus alleen is die waarde en meriete vir die gelowige se redding en sekuriteit.

Lees meer Die Voorwerp van Geloof: Waarin rus jou Vertroue?