Die opstanding van Jesus Christus uit die dood is nie bloot ‘n bykomende wonderwerk of ‘n allegoriese simbool van hoop binne die Christelike geloof nie; dit is die onwrikbare historiese en teologiese fondament waarop die hele raadsplan van God rus. Om die opstanding korrek te verstaan, vereis ‘n streng toepassing van die letterlik-grammatikaal-historiese hermeneutiek. Hierdie benadering vra wesenlik wat die Bybelse skrywer bedoel het sodat sy oorspronklike lesers die woorde en gebeure as tasbare geskiedenis sou begryp. Dit lees Bybelse getuienis as historiese narratief wanneer die grammatika, genre en konteks dit as sodanig aandui. Verder respekteer hierdie metode die grammatikale besonderhede, soos werkwoordtye en woordkeuses, asook die historiese agtergrond van die eerste-eeuse Judaïsme en die vroeë Kerk. Hierdie benadering help ons om nie bloot die teks te probeer vergeestelik nie, maar om die opstanding as ‘n tasbare historiese gebeurtenis te sien. Dit is belangrik omdat dit ‘n direkte invloed het op wat ons glo oor hoe mense gered word, wat in die toekoms gaan gebeur en hoe die Kerk moet funksioneer.
Sleutelwoord se argiewe: die opstanding
Die opstanding en meegaande implikasies deel 3
In deel een van hierdie reeks artikels het ons gemerk hoe die apostel Paulus die uiters belangrike geskiedkundige werklikhede aangaande die Here Jesus Christus se opstanding vanuit die dood aan sy lesers voorgelê het. In deel twee van hierdie reeks artikels, het ons gemerk dat Paulus bo enige twyfel gedemonstreer het dat die Here Jesus Christus se opstanding direk met die toekomstige opstanding van die gelowige verbind is. In deel drie van hierdie reeks artikels sal ons die aard van die opstandings liggaam of te wel die gelowige se verheerlikte liggaam bespreek. (Indien die leser nie alreeds die eerste twee artikels gelees het nie, word hy ten sterkste aangeraai om dit te doen, omrede die onderwerp daarin bespreek met mekaar inskakel.) In deel 3 van hierdie reeks artikels word 1Kor.15:35-57 en die aard van die opstanding-liggaam, of te wel die gelowige se verheerlikte liggaam verduidelik.
Lees meer Die opstanding en meegaande implikasies deel 3Die opstanding en meegaande implikasies deel 2
In deel een van hierdie reeks artikels het ons gesien hoedat daar ‘n valse leerstelling die gemeente in Korinthe binnegedring het, wat beweer het dat daar geen liggaamlike opstanding vanuit die dood is nie. Ons het gemerk hoedat Paulus die onbetwisbare geskiedkundige feite aangaande Christus se dood en opstanding aan sy lesers voorgehou het. Indien die leser nog nie deel een van hierdie reeks artikels gelees het nie, word hy/sy sterk aangeraai om dit te doen omrede die inligting daarin weergegee met hierdie artikel inskakel. In Deel 2 van hierdie reeks artikels gaan ons na 1Kor.15:12-34 kyk en met behulp van Paulus demonstreer dat die Here Jesus Christus se opstanding direk met die Korintiërs (en dus alle gelowiges) se opstanding gekoppel is.
Lees meer Die opstanding en meegaande implikasies deel 2Die opstanding en meegaande implikasies deel 1.
1Kor.15:1-58 kan as die opstandings-hoofstuk van Paulus se skrywes beskryf word. Omrede die Korinthiërs vanuit ‘n hoofsaaklike Griekse agtergrond afkomstig was, was hulle veral vatbaar vir valse leerstellings wat vanuit daardie bron afkomstig was. Meeste Grieke van daardie tydperk het wel in die siel se onsterflikheid na die dood geglo, maar nie in ‘n toekomstige fisiese/liggaamlike opstanding vanuit die dood nie. Om hierdie rede was die gedagte van Christus se kruisiging vir die Grieke dwaasheid.
1Kor.1:23 “maar ons verkondig Christus wat gekruisig is, ‘n struikelblok vir die Jode en dwaasheid vir die Grieke”
So ook was die idee van ‘n liggaamlike opstanding vir die Grieke ‘n uiters vreemde konsep om te verwerk, naamlik:
1Kor.1:32 “Maar toe hulle van die opstanding van die dode hoor, het sommige begin spot, en ander het gesê: Ons sal u weer hieromtrent hoor.”
Dit wil voorkom dat hierdie dwaalleerstelling, wat beweer dat daar geen fisiese opstanding vanuit die dood is nie, die gemeente in Korinthe binnegedring het en groot verwarring onder die gelowiges daar veroorsaak het. In 1Kor.15:1-58 spreek die apostel Paulus hierdie dwaalleerstelling aan en weerlê dit heeltemal. Met die skryf van hierdie artikel sal die hele hoofstuk van 1Kor.1-58 sorgvuldig bestudeer en bespreek word en in vier hoofafdelings van vier artikels opgedeel word.