Kategorie se argiewe: Brood Brokkies

God is genoegsaam soos in die brief van 2 Korinthiërs weergegee

1) God se Gees is genoegsaam en voldoende om ons in staat te stel om die Here Jesus Christus getrou te dien:
2Ko 2:14 “Maar God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus en wat die reuk van sy kennis deur ons oral versprei. 2:15 Want ons is ‘n aangename geur van Christus tot eer van God onder die wat gered word en onder die wat verlore gaan; 2:16 vir die laaste ‘n reuk van die dood tot die dood, maar vir die eerste ‘n reuk van die lewe tot die lewe. En wie is tot hierdie dinge bekwaam?
2Ko 3:5 Nie dat ons uit onsself bekwaam is om iets as uit onsself te bedink nie, maar ons bekwaamheid is uit God, 3:6 wat ons ook bekwaam gemaak het as dienaars van ‘n nuwe testament, nie van die letter nie, maar van die gees; want die letter maak dood, maar die gees maak lewend.”

2) God se almag is genoegsaam om ons toenemend na die beeld van Jesus Christus te verander:
2Ko 3:17 “Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid. 3:18 En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.” Lees meer God is genoegsaam soos in die brief van 2 Korinthiërs weergegee

Voorbeelde van die Gelowige se Seëninge en Rykdom in Christus

Die oomblik wanneer ‘n persoon die Evangelie glo, word daardie persoon in Christus geplaas, en ontvang daardie persoon ‘n groot aantal geestelike seëninge wat vir ewig deel van sy erflating word en wat nooit weer verloor kan word nie. In hierdie artikel gaan net ‘n gedeeltelike lys van hierdie seëninge genoem word, en die leser word aangeraai om self die ander op te soek, want daar is baie meer.  Lees meer Voorbeelde van die Gelowige se Seëninge en Rykdom in Christus

Wie is die Here Jesus Christus vir die Gelowige?

Soms is dit vir ons as gelowiges weer nodig om vir ‘n slag stil te gaan sit, en oor ons Verlosser en wat Hy deur Sy voltooide werk aan die kruis vir ons bewerkstellig het na te dink. In hierdie artikel gaan slegs ‘n gedeeltelike lys van feite uitgelig word wat aan ons ‘n idee sal gee wat Jesus werklik vir die gelowige beteken. Die leser word versoek om biddend oor hierdie lys na te dink, en self die ander waarhede wat nie in hierdie artikel genoem is nie in die Bybel op te soek en dit self by hierdie lys te voeg.

Indien ons werklik tot die volle besef van Wat en Wie die Here Jesus Christus vir ons is, en oor watse mate van liefde die Vader vir ons  koester deur Sy geliefde Seun in ons plek kruis toe te stuur, sal ons nooit weer God se liefde vir ons bevraagteken nie. God se liefde vir ons is net so onbeperk soos wat Hyself is. God se liefde vir ons beskik oor geen perke nie! Dink mooi oor hierdie feit na. God het ons nie lief, nie omdat ons dit verdien nie, maar Hy het ons grensloos lief omrede Hy is Wie Hy is! God is liefde! Lees meer Wie is die Here Jesus Christus vir die Gelowige?

Ek is bekommerd! Gee God nie om nie?

Mar 4:35 “En toe dit aand geword het op daardie dag, het Hy vir hulle gesê: Laat ons oorvaar na die ander kant. 4:36 En hulle het die skare verlaat en Hom, net soos Hy was, saamgeneem in die skuit; en daar was ook ander skuitjies by Hom. 4:37 En ‘n groot stormwind het opgekom, en die golwe het in die skuit geslaan, sodat dit al vol wou word. 4:38 Maar Hy was agter op die skuit aan die slaap op die kussing. En hulle het Hom wakker gemaak en vir Hom gesê: Meester, gee U nie om dat ons vergaan nie?”
Opmerking: Ons lewe in ‘n tydperk waarin baie dinge skeefloop en dan raak ons bekommerd en voel asof God nie ons gebede verhoor nie. Ander van ons beleef soms ook tydperke van erge probleme en teenspoed en worstel dan met God in gebed daaroor, maar dit wil voorkom asof God nie werklik omgee nie. In sulke gevalle voel dit ook vir hulle asof God in die skuit lê en slaap! Lees meer Ek is bekommerd! Gee God nie om nie?

Die Voorwerp van Geloof: Waarin rus jou Vertroue?

Geloof het nooit meriete of waarde op sy eie nie. Die meriete en waarde van geloof lê in die voorwerp waarop vertrou word. Ons almal beoefen daagliks geloof op verskeie voorwerpe: ons vertrou dat ons geld iets kan koop; ons glo koerantberigte en dit wat ons op televisie sien; ons vertrou op vriende en eggenote, en dikwels vertrou ons selfs op onsself.

Jou geloof gaan dus net so betroubaar wees soos die objek waarop jy vertrou. Ons kan met sekerheid sê dat geloof op sy eie — maak nie saak hoe groot dit mag wees nie — oor geen inherente krag beskik nie. Die krag lê alleenlik in die voorwerp van jou vertroue.

Vir die gelowige is die voorwerp van sy geloof die Here Jesus Christus. Die gelowige glo dat Jesus Christus sy enigste Verlosser van die sonde en die hel is. Sonder Jesus Christus sou die sondaar homself nooit kon red nie, ongeag hoe sterk sy geloof ook al mag wees. Die krag van ons geloof lê in Jesus Christus, wat God in die vlees is en wat nie kan misluk nie. Dit gaan dus nie oor die hoeveelheid geloof nie, maar oor die soort geloof (die regte voorwerp). Jesus Christus alleen is die waarde en meriete vir die gelowige se redding en sekuriteit.

Lees meer Die Voorwerp van Geloof: Waarin rus jou Vertroue?

Die Gevolge van Ongehoorsaamheid: ‘n Waarskuwing uit Spreuke

Spr.1:25 “En julle al my raad nie opgevolg en van my teregwysing nie wou geweet het nie,”

  • Aan die nie-wedergebore persoon: Hy verwerp die Evangelie en daarmee saam die enigste weg tot redding.
  • Aan die wedergebore persoon: Hy respekteer en gehoorsaam nie God se oproep om hom van die wêreld af te sonder en sy sondes te laat staan nie.

Spr.1:26 “Daarom sal ek ook lag by julle ondergang, ek sal spot as julle verskrikking kom; 1:27 as julle verskrikking kom soos ‘n onweer, en julle ondergang soos ‘n stormwind aankom, as benoudheid en angs julle oorval.”

  • Aan die nie-wedergebore persoon: Hy kom tot sterwe en besef met ‘n skok dat hy op pad hel toe is. Dit is dan te laat, en hy dra self die skuld vir sy verwerping van die lig.
  • Aan die wedergebore persoon: God se genade gee nie ‘n lisensie om te sondig nie. As iemand werklik wedergebore is, sal daar tugtiging in sy lewe kom indien hy in sonde voortgaan. In uiterste gevalle van weerspannigheid kan dit selfs tot die fisiese dood lei (1Kor.11:30).

Heb 12:4 “Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied in julle stryd teen die sonde nie. 12:5 En julle het die vermaning heeltemal vergeet wat tot julle as seuns spreek: My seun, ag die tugtiging van die Here nie gering nie en beswyk nie as jy deur Hom bestraf word nie; 12:6 want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem. 12:7 As julle die tugtiging verdra, behandel God julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie? 12:8 Maar as julle sonder tugtiging is, wat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie. 12:9 Verder, ons het ons vaders na die vlees as kastyders gehad, en ons het vir hulle ontsag gehad; moet ons nie veel meer aan die Vader van die geeste onderworpe wees en lewe nie? 12:10 Want húlle het ons wel ‘n kort tydjie na hulle beste wete getugtig; maar Hy tot ons beswil, sodat ons sy heiligheid kan deelagtig word. 12:11 Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie ‘n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter ‘n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is. 12:12 Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; 12:13 en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word. 12:14 Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie; 12:15 en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie. 12:16 Laat niemand ‘n hoereerder wees nie, of ‘n onheilige soos Esau, wat vir één spysgereg sy eersgeboortereg verkoop het. 12:17 Want julle weet dat hy, toe hy ook later die seën wou beërwe, verwerp is, want hy het geen geleentheid vir berou gevind nie, al het hy dit met trane vurig begeer.”

Lees meer Die Gevolge van Ongehoorsaamheid: ‘n Waarskuwing uit Spreuke

Moenie Moedeloos word nie!

Ons almal kom op een of ander tyd in ons lewens by ‘n punt waar ons voel ons kan nie meer nie. Dit gebeur veral wanneer iemand werklik vir die Here wil leef en Hom wil dien. Ek glo vas dat almal wat die Here opreg dien, en nie hulleself nie, soms moedeloos sal voel omdat dinge nie uitwerk soos beplan nie. Die rede hiervoor is dat die satan en sy werkers ons op alle vlakke sal teëstaan. Dit is juis hier waar ons moet ophou om in eie krag voort te beur; ons moet onsself volkome aan God oorgee en na Hom alleen kyk vir ‘n suksesvolle uitkoms.

Anthony Norris Groves wou vir die Here werk en het dit ook gedoen, maar na jare se arbeid en vele terugslae het hy gesterf met die gevoel dat sy lewe ‘n mislukking was. Die Here het sy lewe egter nie as ‘n mislukking gesien nie. Sy werk het na sy dood in Mei 1853 ryke vrug gedra, tot so ‘n mate dat hy vandag as die “vader van geloofsending” beskou word. Watter geweldige eer is dit nie! Hy het nooit die volle vrug van sy arbeid hier op aarde waargeneem nie, maar dink net watter loon hy by die Here sal ontvang.

Lees meer Moenie Moedeloos word nie!

Soekers van Ydele Eer

Gal. 5:22-26 “Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Teen sulke dinge is die wet nie. Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig. As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel. Laat ons nie word soekers van ydele eer wat mekaar uittart en mekaar beny nie.”
‘n Ware Christen is nie veronderstel om oor homself te spog nie, maar moet in die Here roem (1 Ko 1:26–31). Wettiese mense vergelyk hulleself dikwels met ander en spog dan met hul goeie werke, asof hierdie werke hulle meer aanvaarbaar voor God maak. Sulke mense vergeet egter dat al ons eie geregtighede soos besoedelde klere voor God is.
Jes. 64:6 “En ons het almal geword soos ’n onreine, en al ons geregtighede soos ’n besoedelde kleed; en ons het almal verdor soos blare, en ons ongeregtighede het ons weggevoer soos die wind.”

Lees meer Soekers van Ydele Eer

Is jy seker God bestaan nie?

Net die dwaas sê in sy hart: “Daar is nie ‘n God nie. Daar is deesdae baie mense, veral ook in Suid-Afrika, wat hierdie stelling maak. Ek glo elke mens is geregtig op sy eie mening, maar om so ‘n stelling te maak, is na my beskeie mening ietwat arrogant. Verder is dit my eie keuse of ek so ‘n persoon gaan glo of nie. (Dit is immers ‘n kwessie van lewe of dood!) Ek sou hom graag wou glo, maar dit sou dwaas van my wees om sy stelling sonder enige nadenke van my kant af goedsmoeds te aanvaar. Die gevolge kan rampspoedig wees. Om my standpunt te staaf, moet ons teruggaan na die begin.

In Genesis maak die Here ‘n stelling dat Hy die wêreld gemaak het in ses letterlike 24-uur dae, en op die sewende dag het Hy gerus. (Genesis 1:1-31 en Genesis 2:1-3) Dit is ‘n feitelike stelling en Hy neem aan dat ons dit sal glo; dit kom immers van Homself af. Om God se stellings oor Homself te verwerp, kom daarop neer om Hom te verwerp. Die persoon wat beweer dat God nie bestaan nie, demonstreer twee van sy eie gebreke wat daartoe bydra dat ek geen rede het om sy stelling te glo nie: hy demonstreer dat hy arrogant is en boonop ‘n leuenaar. So ‘n persoon hoef nie ernstig opgeneem te word nie, ongeag hoe slim of geleerd hy mag wees.

Lees meer Is jy seker God bestaan nie?

Man en Vrou

Efésiërs 5:22-24: “Vroue, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die Here. Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam. Maar soos die gemeente aan Christus onderdanig is, so moet die vroue dit ook in alles aan hul eie mans wees.”
Opmerking: Anders as wat sekere groepe in ons tyd beweer, verwag die Here dat die vrou aan haar eie man onderdanig moet wees. Daar is geen manier om hierdie opdrag van God te omseil nie. Daar is egter geen sprake van minderwaardigheid hier nie. Net soos Jesus vrywillig aan die Vader onderdanig is, sonder om op enige manier minderwaardig te wees, is man en vrou gelyk voor God. God is ’n God van orde; waar orde ontbreek, ontstaan anargie—en dit geld vir ons land sowel as vir ons gesinne.

In Génesis lees ons dat God opgemerk het dat dit nie goed is vir die mens om alleen te wees nie en dat Hy besluit het om vir hom ’n “hulp” te maak (Génesis 2:18). Die woord vir “hulp” word hier op presies dieselfde wyse gebruik as wanneer daar na die Here as ons “Hulp” verwys word. Daar is dus ’n onmiskenbaar edele konnotasie aan hierdie woord verbonde.
Psalm 70:6: “Maar ek is ellendig en behoeftig: o God, kom tog gou na my! U is my hulp en my redder; HERE, vertoef tog nie!”

Lees meer Man en Vrou