Kategorie se argiewe: Christelike leefwyse

Keuses

Keuses 1Keuses 2

Ai hoe lekker is dit nie, om ‘n outobiografie van ‘n sendeling of ander werker van God op te tel en te lees hoe so ‘n persoon die goeie nuus van die Evangelie van die Here verkondig het en hoe hulle deur geloof selfs onmoontlike struikelblokke oorkom het nie. Dit is lekker om van hulle hoogte en lae punte te lees, en te lees hoe die Here so ‘n persoon deur al die moeilike tye bygestaan het. Dit laat mens sommer weer goed voel. Dan word mens weer herinner dat daar wel mense is wat werklik God op Sy Woord neem en in hierdie bose wêreld in Hom glo. Mens lees ook van gelowiges wat hulle lewens verloor het in die proses om die Evangelie aan ander te bring, sodat hulle hoorders nie verlore hoef te gaan nie. Wat ‘n voorbeeld van opoffering en geloof is dit nie? Sulke verhale gee mens sommer weer moed om verder voort te stry in diens van God. Dit is immers ons taak. Ons het egter die keuse of ons die Here gaan glo en doen wat Hy ons beveel, of ons ongehoorsaam aan Hom gaan wees. Wat ek egter oor wil gesels, is wat kan gebeur as ons die wêreld, en dus indirek, die duiwel kies en dan deur hom verlei word. Ons almal het keuses om te maak en ons gaan persoonlik vir daardie keuses van ons verantwoordelik gehou word.  Lees meer Keuses

Vertrou op die Here

Spreuke 3:5 “Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.”
Ag, hoeveel keer moes ek nie al op die harde manier leer om nie op my eie insig staat te maak nie, maar eerder op God se insig te vertrou. Kom ons Kyk hoe koning Dawid op God se insig staat gemaak het en daarna geseëvier het. (1Sameul 17:4 – 17:54) Ons almal ken die storie van Dawid en hoe hy Goliat verslaan het. Ons moet egter dieper gaan en vasstel hoe Dawid geredeneer het om werklik ‘n mooi prentjie te kry van wat werklik gebeur het. Lees meer Vertrou op die Here

Straatkinders

Luk 18:15 “En hulle het ook die klein kindertjies na Hom gebring, sodat Hy hulle kon aanraak; en toe die dissipels dit sien, het hulle hul bestraf. 18:16 Maar Jesus het hulle na Hom geroep en gesê: Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God.”
Hoe mooi illustreer Jesus Christus nie Sy liefde in die bostaande teksgedeeltes nie. Dit is egter maklik om ons eie kinders lief te hê, maar toon ons dieselfde liefde aan die kinders op straat? Mens kan nie beweer dat mens lief vir kinders is, as mens nie die straat kinders ook lief kan hê nie. Jesus Christus was lief vir almal, en het nie een van hulle weggewys nie, so kan ons ook nie een van hulle weg wys nie. Hoe moes ons, in ons sondes, ja en selfs ons sonde van hoogmoed nie vir God gelyk het nie? Hy het egter uit pure liefde aarde toe gekom en vir ons sondes aan die kruis kom sterf en dit terwyl ons nog sondaars was.
Rom 5:8 “maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.”
Jesus self het ons beveel om almal lief te hê, selfs ons vyande. (Luk 6:35) Om Jesus se voorbeeld, en direkte opdrag, te verontagsaam is om blatant aan Hom ongehoorsaam te wees , maak nie saak hoe Christelik ons mag dink ons is nie. Is dit ook nie dalk ‘n rede hoekom ons gebede nie soms beantwoord word nie? Lees meer Straatkinders

Om God se Wil te ken

Die belangrikste element in die bepaling van God se Wil is ons huidige Geestelike toestand. Hoe naby leef ons aan die Here Jesus Christus? Is ek bewus dat Hy elke oomblik by my is en maak ek net op Hom alleen staat vir alle beslissings in my lewe. Daar moet ‘n vertrouensvriendskap met die Here wees. Ons moet op die punt kom waar ons net soos Petrus in Johannes 6:68 sal vra.
Joh 6:68 “En Simon Petrus antwoord Hom: Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde van die ewige lewe.
Ons ons geval sal ek dit soos volg stel: “Na wie sou ons gaan? U is die antwoord op al ons vrae en bekommernisse!” (lees gerus die artikel “God is genoegsaam soos in die brief van 2 Korinthiers weergegee“) Boonop vermaan die Here Jesus ons ook verder:
Joh 15:7 “As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry.” 
En verder:
Spr 3:5-6 “Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak.
Rom 12:1-2 Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens. En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.”
Uit bogenoemde skrifgedeeltes is dit duidelik dat indien ons God se Wil wil weet, ons in ‘n noue vertrouensverhouding met Hom moet leef. Hy moet nommer een wees en alle ander dinge tweede. Onthou Hy is God en weet as Hy nie werklik nommer een in ons lewens is nie. Dit is aan die mense wat intiem saam met God wandel, (op ‘n oomblik vir oomblik basis) aan wie Hy sy Wil bekend maak. Ons Vader het vir elkeen van Sy kinders ‘n plan vir sy lewe, en wil dit graag met ons deel. Ons hoef nie alleen deur hierdie moeilike lewe te gaan, en verward ronddwaal, soos verlore skape wat geen Herder het nie. Ons het mos ‘n Herder! Die onderstaande punte behoort as riglyn te dien vir die bepaling van God se wil. Lees meer Om God se Wil te ken