Sleutelwoord se argiewe: Oordeel

God se sistematiese oorwinning oor Satan

Voordat ons God se sistematiese oorwinning oor Satan bespreek, is dit belangrik om kennis van die feit te dra dat Satan geensins God se gelyke is nie. Sover dit menslike siele aanbetref, verkeer baie mense verkeerdelik onder die indruk dat God en Satan in ‘n gelyke stryd gewikkel is. Die gewilde liedjie van Chris De Burg “Spannish Train” herinner my nogal aan hierdie verkeerde siening. In die liedjie vind ons die Here Jesus Christus en Satan waar hulle ‘n kaartspel speel waarvan die prys die siele van mense is. (dus dobbel hulle met menslike siele!) In hierdie liedjie vind mens ook dat die duiwel dit regkry om die Here te verneuk en sodoende wen hy meer siele. Alhoewel bogenoemde liedjie op niks anders as Godslastering neerkom nie, is dit boonop heeltemal foutief en het absoluut niks met werklike feite te make nie. God en Satan is geensins in ‘n gelyke stryd gewikkel nie. (‘n Valse leerstelling wat as deulisme omskryf kan word.) God, as Almagtige Skepper, is volkome in beheer van Satan en gebruik hom net as instrument om Sy skepsele ‘n les te leer en hulle te dwing om ‘n keuse tussen Homself en Satan te maak. Wanneer ‘n persoon die lig wat God genadiglik aan hom skenk verwerp, dan maak daardie persoon in werklikheid ‘n keuse vir Satan en sal in die hiernamaals saam met Satan die gevolge van daardie keuse moet dra. Mense gaan verlore omrede hulle God se oplossing vir hulle sonde probleem, naamlik die Evangelie van die hand wys. Almal van ons het ‘n keuse om te maak, en ons gaan vir daardie keuses verantwoordelik gehou word. (Die leser word aangeraai om die artikels “Bekering, geloof en die Ewige lewe” asool die artikel “Generiese geloof vs Reddende geloof” te lees.

Lees meer God se sistematiese oorwinning oor Satan

Kriteria by die Regterstoel Oordeel van Christus

Elke gelowige sal voor die Regterstoel Oordeel van Christus verskyn en daar aan Hom rekenskap van hulle lewens moet gee. Met die skryf van hierdie artikel sal gepoog word om vanuit die Skrifte seker kriteria weer te gee wat die Here Jesus Christus in aanmerking sal neem wanneer ons (gelowiges) voor Hom moet verskyn. Die Regterstoel Oordeel van Christus is slegs op gelowiges van toepassing en slegs mense wat tydens die Kerk Dispensasie wedergebore geraak het sal by die Regterstoel Oordeel van Christus moet verskyn. Dus moet ons nie die Regterstoel Oordeel van Christus met die Groot Wit Troon Oordeel, waarby slegs ongelowiges van alle tye sal verskyn, verwar nie. (Die leser word aangeraai om ook die artikel “Die Groot Wit Troon Oordeel” te lees.) Alhoewel gelowiges nie die gawe van die ewige lewe deur enige vorm van menslike werke kan verdien nie,(fase een van ons verlossing, naamlik wedergeboorte) is dit ook ‘n Skriftuurlike feit dat genadeloon wel deur geloofswerke, na aanvanklike wedergeboorte, verdien kan word. (fase twee van ons verlossing, naamlik heiligmaking/dissipelskap) Elke gelowige wat tydens die Kerk dispensasie tot geloof gekom het, sal voor die Regterstoel Oordeel van Christus moet verskyn en daar rekenskap van hulle lewens (na wedergeboorte) aan Christus moet gee. By hierdie geleentheid kan die gelowige van die volgende feite verseker wees, naamlik:

Lees meer Kriteria by die Regterstoel Oordeel van Christus

Die Sewe Vernaamste vorms van Oordeel in die Bybel

Daar word in baie kringe van die belydende Christendom verkondig dat daar net een finale oordeel aan die einde van die wêreld se geskiedenis sal plaasvind, en dat alle mense (gelowiges sowel as ongelowiges van alle tye by hierdie oordeel sal moet verskyn om rekenskap vir hulle lewens aan God te moet gee, en dat by hierdie een groot oordeelsdag besluit sal word waar ‘n persoon die ewigheid sal moet spandeer. Indien ons egter die Bybel noukeurig bestudeer, sal opgemerk word, dat die Bybel nie slegs van een oordeelsdag praat nie, maar van sewe afsonderlike oordele wat op verskillende tydperke en waar daar verskillende groepe mense deel van sal uitmaak. In hierdie artikel gaan hierdie sewe verskillende oordele kortliks aangehaal word, asook die verskillende groepe mense wat by elke oordeel betrokke sal wees. Lees meer Die Sewe Vernaamste vorms van Oordeel in die Bybel

Die Wit Troon Oordeel

In Op 20:11-15 lees ons van die visioen wat Johannes (Nie Johannes die Doper nie) by God ontvang het en word daarin die laaste oordeel beskryf, wat ook as die Wit Troon Oordeel bekend staan. Hierdie oordeel moet nie met die ander oordele van God verwar word nie. Die Wit Troon Oordeel sal eers na afloop van Jesus Christus se duisendjarige vrederyk op aarde plaasvind. Satan, wat omtrent duisend jaar voor hierdie gebeure, net na afloop van die Groot Verdrukking vir duisend jaar gebind was, sal vir ‘n kort tydperk vrygelaat word en sal die wêreld dan vir die laaste keer verlei en oorreed om saam met hom teen Jesus se heerskappy op aarde te rebelleer. Na afloop van hierdie rebellie sal God alle ongelowige mense van alle tye saam met Satan veroordeel en in die poel van vuur werp.
Op 20:11 “En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie.”
Opmerking: Hierdie troon is nie soos ander trone wat in die Bybel beskryf word nie en moet dus ook nie met ander beskrywings van ander trone wat in die Bybel beskryf word verwar word nie. Die groot Wit Troon verskyn in die hemelruim en kan dus nie die ander trone, wat of in die Hemel of op aarde geleë is, wees nie. Die persoon op die troon, is nie die Vader nie, maar Jesus Christus self aan wie God die Vader alle oordeel oorgegee het.
Joh 5:22 “Want die Vader oordeel ook niemand nie, maar het die hele oordeel aan die Seun gegee,
5:23 sodat almal die Seun kan eer net soos hulle die Vader eer. Wie die Seun nie eer nie, eer nie die Vader wat Hom gestuur het nie.” Lees meer Die Wit Troon Oordeel

Jy moet oordeel!

Dikwels as mense oor hulle sondes en sondige leefstyl aangespreek word, gebruik hulle die verskoning dat mens nie ander mag oordeel nie. Hulle baseer hulle stelling op Jesus se woorde in Mattheus 7.
Mat 7:1 “Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie.
7:2 Want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word; en met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word. 7:3 En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? 7:4 Of hoe sal jy vir jou broeder sê: Laat my toe om die splinter uit jou oog uit te haal, en kyk, in jou eie oog is die balk! 7:5 Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van jou broeder uit te haal.”

As ons egter na die konteks van bostaande teksgedeelte gaan kyk, sal ons gou agterkom dat die Here nie ‘n algemene verbod op enige vorm van oordeel geplaas het nie. Wat die Here wel hier bedoel het, is dat die persoon wat oordeel homself eers moet oordeel alvorens hy ‘n ander persoon wil oordeel. Dit sal my immers niks baat om ‘n medegelowige oor sy drinkery aan te spreek as ek self ‘n drankprobleem het nie. Om so iets te doen sal van my ‘n skynheilige maak, en behoort ek eers my sonde van dronkenskap uit te sorteer, alvorens ek my broeder oor sy drankprobleem wil aanspreek. God is geregtig (Hy doen altyd wat reg is) en ook is Hy nie die aannemer van ‘n persoon nie. Hy sal dus altyd met geregtigheid oordeel en verwag dieselfde optrede van Sy kinders. Dus verwag die Here dat ons eers onsself moet oordeel voordat ons ‘n ander persoon oordeel. Om hierdie teksgedeelte buite konteks aan te haal is om God se woord te verdraai en om in Satan se hande te speel. Lees meer Jy moet oordeel!