Sleutelwoord se argiewe: Jy moet oordeel

Jy moet oordeel!

Dikwels as mense oor hulle sondes en sondige leefstyl aangespreek word, gebruik hulle die verskoning dat mens nie ander mag oordeel nie. Hulle baseer hulle stelling op Jesus se woorde in Mattheus 7.
Mat 7:1 “Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie.
7:2 Want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word; en met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word. 7:3 En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? 7:4 Of hoe sal jy vir jou broeder sê: Laat my toe om die splinter uit jou oog uit te haal, en kyk, in jou eie oog is die balk! 7:5 Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van jou broeder uit te haal.”

As ons egter na die konteks van bostaande teksgedeelte gaan kyk, sal ons gou agterkom dat die Here nie ‘n algemene verbod op enige vorm van oordeel geplaas het nie. Wat die Here wel hier bedoel het, is dat die persoon wat oordeel homself eers moet oordeel alvorens hy ‘n ander persoon wil oordeel. Dit sal my immers niks baat om ‘n medegelowige oor sy drinkery aan te spreek as ek self ‘n drankprobleem het nie. Om so iets te doen sal van my ‘n skynheilige maak, en behoort ek eers my sonde van dronkenskap uit te sorteer, alvorens ek my broeder oor sy drankprobleem wil aanspreek. God is geregtig (Hy doen altyd wat reg is) en ook is Hy nie die aannemer van ‘n persoon nie. Hy sal dus altyd met geregtigheid oordeel en verwag dieselfde optrede van Sy kinders. Dus verwag die Here dat ons eers onsself moet oordeel voordat ons ‘n ander persoon oordeel. Om hierdie teksgedeelte buite konteks aan te haal is om God se woord te verdraai en om in Satan se hande te speel. Lees meer Jy moet oordeel!