Sleutelwoord se argiewe: Die Christelike Lewenswandel; ‘n Skriftuurlike Perspektief

Die Christelike Lewenswandel; ‘n Skriftuurlike Perspektief

Inleiding: Wat behels die Christelike lewenswandel? As ons na die belydende Christendom, as geheel kyk, dan is dit baie opmerklik dat die Christendom wat ons nou sien en beleef, oneindig ver verwyderd geraak het met wat God se doelwit daarvoor was. Wat ons huidiglik in die oorgroot meerderheid van die belydende Christendom sien gebeur, is ‘n tragedie van ongekende proporsies, en ek is seker daarvan, dat dit ons hemelse Vader se hart moet breek.

Meeste moderne Christene bely God met die mond, maar dien egter met toegewyde ywer voor die altaar van die groot self, Mammon en hedonisme. Christus word as God en Heerser bely, maar in werklikheid word van Hom verwag, om met toepaslike ywer, wat ons slegs van ‘n getroue slaaf kan verwag, op al ons deklarasies en uitsprake te regeer. Mens kry soms die idee, dat die postmoderne Kerk op die troon sit, met Christus as sy slaaf. Selfaangestelde apostels en profete lewer dawerende uitsprake, en sogenaamde profete lewer profesieë wat lynreg met God se woord, die Bybel, in botsing is, en daar word selfs in sekere kringe beweer dat die Bybel nie voltooi is nie, maar dat daar nog steeds nuwe openbarings, wat met die Skrifte gelyk gestel word, ontvang word. Hulle weet immers meer as wat God self weet en verontagsaam God se waarskuwing dat ons nie by Sy woord mag byvoeg nie.
Opn 22:18 “Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is. 22:19 En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is. 22:20 Hy wat dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, Here Jesus!” Lees meer Die Christelike Lewenswandel; ‘n Skriftuurlike Perspektief