Sleutelwoord se argiewe: Die Bokke en Skape oordeel(Oordeel van die Nasies)

Die Bokke en Skape oordeel (Oordeel van die Nasies)

Profetiese rede op die Olyfberg volgens Mattheus Deel 7
Die Bokke en Skape oordeel (Oordeel van die Nasies)

Die Bokke en Skape oordeel of anders bekend as die oordeel van die nasies, is die laaste gedeelte van die prediking op die Olyfberg. Uit die konteks is dit ook baie duidelik dat die skape en bokke oordeel (oordeel van die nasies)nie ‘n gelykenis is nie, maar wel ‘n profetiese voorspelling wat die Here gemaak het. Met hierdie profesie het die Here verduidelik hoe Hy die Jode asook die Nasies, of nie Joodse volke, met Sy wederkoms gaan beoordeel. Die Skrifte stel dit baie duidelik dat die Israeliete apart van die Nasies beoordeel gaan word en dat net wedergebore gelowiges van albei hierdie groepe toegelaat sal word om in Jesus se koninkryk in te gaan. Meer besonderhede oor hoe die Here die Jode gaan beoordeel vind ons in Esegiël 20:34-38
Esg 20:34 “En Ek sal julle uit die volke uitlei en julle versamel uit die lande waarin julle verstrooi is, deur ‘n sterke hand en deur ‘n uitgestrekte arm en deur uitgestorte grimmigheid. 20:35 En Ek sal julle bring in die woestyn van die volke, en Ek sal daar met julle in die gerig tree van aangesig tot aangesig. 20:36 Soos Ek met julle vaders in die woestyn van Egipteland in die gerig getree het, so sal Ek met julle in die gerig tree, spreek die Here HERE. 20:37 En Ek sal julle onder die herderstaf laat deurgaan en julle bring in die band van die verbond. 20:38 En Ek sal uit julle afsonder die wat opstandig is en teen My oortree; Ek sal hulle uit die land van hul vreemdelingskap uitlei, maar hulle sal in die land van Israel nie kom nie; en julle sal weet dat Ek die HERE is.”

Mense wat uit die nie-Joodse Nasies uit bestaan en wat die Groot Verdrukking sal oorleef, word in die Skape en Bokke oordeel bespreek. Dit is dus baie duidelik dat ons van afsonderlike groepe hier praat nl. Israel en die Nasies. Net soos die profesieë oor Jesus se eerste koms letterlik vervul is, sal al die ander profesieë wat oor Sy wederkoms handel ook letterlik vervul word, en is daar geen Bybelse mandaat vir mense om hierdie profesieë te vergeestelik nie. Die mense wat waardig geag word om Jesus se vrederyk binne te gaan sal met hulle fisiese liggame die vrederyk binnegaan en sal dan weer die wêreld bevolk. Die Kerk (Bruid van Jesus) sal in hulle verheerlikte liggame saam met Jesus die wêreld regeer. Lees meer Die Bokke en Skape oordeel (Oordeel van die Nasies)