Sleutelwoord se argiewe: heiligmaking

Heiligmaking op Grond van Genade deur Geloof. Deel 2

Inleiding: In deel een van hierdie reeks van drie artikels, wat oor heiligmaking in die gelowige se lewe, na aanvanklike wedergeboorte, handel het ons die eerste twee vra oor hierdie onderwerp gestel, asook beantwoord. Die eerste vraag was soos volg gestel: “ Vind heiligmaking op grond van genade deur geloof alleen plaas, of vind heiligmaking op grond van geloof plus goeie werke plaas?” Dit is vanuit die Skrifte bevestig, dat die gelowige nie in staat is, of oor die vermoë in homself beskik, om suksesvolle heiligmaking in sy eie lewe te bewerkstellig nie. Dit is gedemonstreer dat die gelowige van die Here Jesus Christus en die Heilige Gees afhanklik is om vrugte in sy lewe voort te bring. Al hierdie dinge bewerkstellig God op grond van Sy genade alleen, sonder dat die mens enige iets daartoe kan bydra. Werklike heiligmaking is nie deur geloof plus werke nie, maar deur geloof alleen in wat God in Sy genade sal voorsien! Die tweede vraag is soos volg gestel: “Bepaal die gelowige se werke sy posisie, of bepaal die gelowige se posisie sy werke?” In hierdie geval is daar ook vanuit die Skrifte gedemonstreer, dat ‘n gelowige se stand in Christus sy werke behoort te bepaal en dat die gelowige se werke nie sy posisie in Christus kan bepaal nie. Wie ‘n persoon in Christus is, behoort dus te bepaal hoe daardie persoon optree! (Vir ‘n volledige uiteensetting van hierdie waarhede, word die leser aangeraai om deel een van hierdie reeks van drie artikels te lees.) Voordat die laaste twee vra gesetel en beantwoord gaan word, sal ons weer vanuit die Skrifte demonstreer wat met ‘n persoon sal gebeur indien hy in sy eie krag heiligmaking in sy lewe wil bewerkstellig. Die apostel Paulus het aan ons ‘n voorbeeld vanuit sy eie lewe nagelaat, sodat ons nie dieselfde foute sou begaan en onsself frustreer nie. Lees meer Heiligmaking op Grond van Genade deur Geloof. Deel 2

Heiligmaking op grond van Genade deur Geloof. Deel 1

Inleiding: As dit by die kwessie van heiligmaking in die gelowige se lewe kom, dan word daar in die meeste gevalle ‘n baie groot klem op die gelowige se werke geplaas, en dit ten koste van die feit dat heiligmaking, net soos aanvanklike wedergeboorte, op grond van God se genade deur geloof sonder werke deur God bewerkstellig word, alhoewel daar van die gelowige verwag word om sy samewerking in die proses van heiligmaking te gee. (Vir ‘n meer omvangryke verduideliking van die verskillende fases van verlossing, word die leser aangeraai om die artikel “Drie Fases van Verlossing” te lees”) In hierdie artikel sal gepoog word om te demonstreer, dat as dit by heiligmaking in die gelowige se lewe kom, die klem op God se genade en op Christus en Sy voltooide werk aan die kruis geplaas moet word en nie op die gelowige se eie pogings tot goeie werke vir heiligmaking nie. Lees meer Heiligmaking op grond van Genade deur Geloof. Deel 1

Wat is die Ewige Lewe?

As dit by die bestudering van die term “ewige lewe” kom, dan dink baie mense dat die ewige lewe op ‘n gegewe tyd op ‘n tydskaal begin en dan vir ewig op daardie tydskaal voortduur. Hierdie omskrywing van die term “ewige lewe” is ook dan korrek, maar indien ons die term “ewige lewe” volgens die Bybel bestudeer, sal ons opmerk dat die ewige lewe meer as net ‘n ewige bestaan op ‘n tydskaal is, en sal hierdie wete ons help, om klaarblyklike weersprekings in die Bybel te versoen, en ons kennis en belewing van ons geestelike lewe verryk. Met die skryf van hierdie artikel sal gepoog word om te demonstreer, dat die ewige lewe nie net oor ‘n kwantitatiewe aspek beskik nie, maar ook oor ‘n kwalitatiewe aspek beskik en dat die twee verskillende aspekte saam die term “ewige lewe” omskryf. Lees meer Wat is die Ewige Lewe?