Sleutelwoord se argiewe: Hoop

Psa 11. Hoop in ‘n onstuimige wêreld!

As mens na die nuus op televisie kyk en die koerante lees, dan besef mens al te goed dat hierdie wêreld van ons baie vinnig besig is om agteruit te gaan. Verby is die dae toe die goeie nuus baie meer as die slegte nuus was en dat misdaad en die morele verval ons nog geskok het. Ons hoor daagliks van oorloë, gerugte van oorloë, geweld, verkragtings, kinders-molestering, plaasaanvalle, korrupsie, pornografie en rassisme (Insluitende omgekeerde rassisme) en om nie eers te praat van politieke onrus nie. Omrede die gelowige as deur-reisigers in hierdie wêreld woon, spring ons ook nie hierdie gebeure vry nie en raak ons ook soms bekommerd oor wat om ons aan die gebeur is, alhoewel die Bybel ons oor hierdie gebeure waarsku en daarom behoort ons te weet dat die Here hierdie tyd voorspel het en ons vermaan het om nie te vrees nie.
Mar 13:7 “Maar wanneer julle hoor van oorloë en gerugte van oorloë, moet julle nie verskrik word nie, want dit moet kom. Maar dit is nog nie die einde nie. 13:8 Want die een nasie sal teen die ander opstaan, en die een koninkryk teen die ander; en daar sal aardbewings wees op verskillende plekke, en daar sal hongersnode wees en beroeringe. Hierdie dinge is ‘n begin van die smarte.
Luk 21:25 En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun, 21:26 en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word. 21:27 En dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in ‘n wolk, met groot krag en heerlikheid. 21:28 En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is.”
Vir interessantheid wil ek net noem dat die woord wat as “nasie” in  Markus 13: 8 vertaal word vanaf die Griekse woord “ethnos” vertaal is en waar ons woord “etnies” in Afrikaans afgelei is. Dus kan ons verwag dat daar nie net tussen verskillende nasies opstande sal plaasvind nie , maar sal daar ook toenemend wrywing en opstande tussen etniese groepe plaasvind en mens sien dit orals in die wêreld gebeur. Dit is maar net een indikasie dat Jesus se koms vir Sy bruid nie meer ver in die toekoms kan wees nie. Lees meer Psa 11. Hoop in ‘n onstuimige wêreld!