Sleutelwoord se argiewe: My Vyand se Teëspoed

My Vyand se Teëspoed

Spreuke 24:17 “As jou vyand val, verheug jou nie; en as hy struikel, laat jou hart nie juig nie,
24:18 dat die HERE dit nie sien en dit miskien verkeerd is in sy oë en Hy sy toorn van hom afwend nie.”
Hoe dikwels sien mens sommer die lekker op mense se gesigte, as iemand wat hulle nie van hou nie struikel, of in die moeilikheid kom. Al verdien hulle dit, mag ons as Christene nie lekker kry as ons vyande gestraf of teenspoed beleef nie. Dit wys maar net dat die Heilige Gees ons nie beheer nie en daar skort dus iets in ons geestelike lewens, naamlik heiligmaking. Ons moet ook weet, dat om so iets te doen, sonde in God se oë is en soos enige sonde moet dit bely en laat staan word. Indien ons nie hierdie sonde bely en laat staan nie mag die Here dalk besluit om ons ook te tugtig. Soms vat dit jare maar wees verseker, dat sonde wat nie bely en laat staan word nie,  nooit ongestraf sal bly nie. (Dit geld veral vir gelowiges wat God se tugtiging te wagte kan wees omrede God al Sy kinders tugtig sodat hulle Sy heiligheid op aarde aan ander kan reflekteer.) Het die Here Jesus Christus ons dan nie beveel  om ons vyande lief te hê nie? Het Hy nie ons  nie beveel om ons vyande, wat ons vervloek, te seën nie? Dit is ‘n verskriklike mistasting (en sonde) om lekker te kry wanneer enige iemand, insluitende ons vyande, struikel of hulleself in moeilike omstandighede bevind. Lees meer My Vyand se Teëspoed