Sleutelwoord se argiewe: Skinder

Skinder

Spr 20:19 “Wie met kwaadsprekery omgaan, maak ‘n geheim openbaar; laat jou dus nie in met een wat sy lippe laat oopstaan nie.”
Ai die seerkry en trane wat ‘n skindertong nie al veroorsaak het nie, en nog steeds is dit nie die einde nie. Nou praat ek nie eers van ongelowiges nie, maar van gelowiges wat veronderstel is om Jesus se ambassadeurs op aarde te wees. Hoeveel keer het ons nie al selfs in ‘n Bybelstudie groep gesit waar ‘n persoon bespreek en sleg gesê word en die persoon nie eers teenwoordig is om homself te verdedig nie. Ons verskoon ons gedrag deur om te beweer, dat ons die persoon net bespreek omdat ons hom wil help en vir hom omgee. Die eenvoudige waarheid is dat ons nie werklik vir die persoon omgee nie, maar dat ons lekkerkry om ander sleg te sê en ons eie foute liefs ignoreer. As ons werklik vir die persoon omgee dan sal ons hom nie met ander bespreek nie, maar direk na hom gaan en hom sy foute meedeel. Sal dit nie meer voordeliger wees vir die persoon nie? Maar dit is egter nie wat gebeur nie. Dit is baie makliker om ons tonge soos skerp messe in die persoon se rug in te laat glip, as wat ons hom prontuit sal aanvat. Hy sal hom dan immers kan verdedig en ons kan dalk net tweede kom, nie waar nie. Miskien weet hy dalk van ons tekortkominge en noem hy dit dalk en dan sal die groep mos regtig rede hê om te skinder. Lees meer Skinder