Sleutelwoord se argiewe: Straatkinders

Straatkinders

Luk 18:15 “En hulle het ook die klein kindertjies na Hom gebring, sodat Hy hulle kon aanraak; en toe die dissipels dit sien, het hulle hul bestraf. 18:16 Maar Jesus het hulle na Hom geroep en gesê: Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God.”
Hoe mooi illustreer Jesus Christus nie Sy liefde in die bostaande teksgedeeltes nie. Dit is egter maklik om ons eie kinders lief te hê, maar toon ons dieselfde liefde aan die kinders op straat? Mens kan nie beweer dat mens lief vir kinders is, as mens nie die straat kinders ook lief kan hê nie. Jesus Christus was lief vir almal, en het nie een van hulle weggewys nie, so kan ons ook nie een van hulle weg wys nie. Hoe moes ons, in ons sondes, ja en selfs ons sonde van hoogmoed nie vir God gelyk het nie? Hy het egter uit pure liefde aarde toe gekom en vir ons sondes aan die kruis kom sterf en dit terwyl ons nog sondaars was.
Rom 5:8 “maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.”
Jesus self het ons beveel om almal lief te hê, selfs ons vyande. (Luk 6:35) Om Jesus se voorbeeld, en direkte opdrag, te verontagsaam is om blatant aan Hom ongehoorsaam te wees , maak nie saak hoe Christelik ons mag dink ons is nie. Is dit ook nie dalk ‘n rede hoekom ons gebede nie soms beantwoord word nie? Lees meer Straatkinders