Sleutelwoord se argiewe: Heilige Gees

Volg die Heilige Gees en nie mense nie

Voel jou Christenskap meer soos ‘n werk en minder soos ‘n verhouding met God. Indien dit die geval is, is hierdie artikel vir jou. As gelowiges moet ons daarteen waak om ander mense se werk en persoonlikhede te vorm soos wat ons dink hulle moet wees en nie soos wat God hulle geskape het nie. Hierdie tegniek is ook een van Satan se gewildste metodes om mense, wat God op die regte manier dien, van stryk te bring en hulle onvrugbaar te maak. Ons moet daarteen waak om nie in hierdie strik te val, en so teen die Here te werk, inplaas daarvan om Hom getrou te volg nie. Ek praat nie hier van gelowiges wat in sonde leef of valse leerstellings verkondig nie. Ek praat hier oor mense se persoonlike verhouding met die Here en die vrugte wat hulle behoort te dra, asook die werke wat uit ‘n verhouding van geloof in Jesus Christus behoort te manifesteer.
Rom 14:4 “Wie is jy wat die huiskneg van ‘n ander oordeel? Hy staan of val met betrekking tot sy eie heer; maar hy sal staande bly, want God is magtig om hom staande te hou.
Rom 14:10 Maar jy, waarom oordeel jy jou broeder? Of jy ook, waarom verag jy jou broeder? Want ons sal almal voor die regterstoel van Christus gestel word.”
God het ‘n doel met elkeen van ons se lewens, en Hy het ons vir daardie doel geskep met die verskillende gawes en geaardhede wat daarmee gepaard gaan. Lees meer Volg die Heilige Gees en nie mense nie