Sleutelwoord se argiewe: Jesus

Die gevaar van “gee jou lewe vir Jesus”

As jy al ooit ‘n evangelisasie-byeenkoms of kerkdiens bygewoon het, het jy dit heel moontlik al gehoor: “Kom vorentoe en gee vanaand jou lewe vir Jesus.” Hierdie frase is so diep ingeburger dat dit selde teologies bevraagteken word. Alhoewel dit dikwels uit ‘n opregte begeerte gebruik word om mense na God toe te roep, skep dit ernstige verwarring oor hoe ‘n mens werklik gered word.

Wanneer ons die Bybel vanuit ‘n konsekwente, letterlike en grammatikaal-historiese hoek ontleed, word een ding vinnig duidelik: hierdie manier van praat draai die Evangelie om. Verlossing word nie ontvang deur jou lewe vir Christus te gee nie. Verlossing word uitsluitlik ontvang deur te glo in Christus wat Sý lewe vir jou gegee het. Die frase “gee jou lewe vir Jesus” verwar die gratis geskenk van die ewige lewe met die hoë prys van dissipelskap. Dit maak van genade ‘n besigheidstransaksie.

Lees meer Die gevaar van “gee jou lewe vir Jesus”

Waar kom die detail van die gesprek tussen Jesus en Sy Vader in Getsémané vandaan?

Vraag: Hallo Wickus. Hoop dit gaan nog goed met jou en René. Ons het gister ‘n gesprek om die tafel gehad oor waar die skrywers die detail van die gesprek/gebed tussen Jesus en God voor Hy gevange geneem is gekry het. Jesus kon wel hulle vertel het maar die gebed was baie intiem en daar was nie juis tyd om praatjies te maak toe hulle Hom gevange geneem het nie.

Antwoord: Goeie vraag! Ek stem saam met jou dat daar geen moontlikheid was dat die Here die inhoud van Sy gesprek met Sy Vader tydens Sy arrestasie met Sy dissipels kon deel nie. Ek glo ook nie dat een van die dissipels op daardie stadium in staat was om enigiets wat die Here hulle sou vertel werklik kon inneem nie. Derhalwe glo ek ook nie dat die Here die inhoud van Sy gebed enigsins op daardie stadium met Sy dissipels bespreek nie. Maar indien ons ingedagte hou dat die Here na Sy opstanding, en voor Sy hemelvaart, vir veertig dae lank op verskillende geleenthede aan Sy dissipels verskyn het, dan kon Hy baie maklik die besonderhede van Sy gesprek met Sy Vader aan hulle oorgedra het.
Hnd 1:3 “aan wie Hy ook, ná sy lyde, (Kruisdood) Hom lewend vertoon (na Sy opstanding) het deur baie kentekens, terwyl Hy gedurende veertig dae aan hulle verskyn het en oor die dinge van die koninkryk van God gespreek het.”
In hierdie opsig het die Here Jesus Christus dus meer as genoegsaam geleenthede gehad om die inhoud van Sy gebed met Sy Vader aan Sy dissipels oor te dra. Lees meer Waar kom die detail van die gesprek tussen Jesus en Sy Vader in Getsémané vandaan?