Sleutelwoord se argiewe: universele koninkryk

Die duiwel se aktiwiteite sover dit die gelowige aanbetref. Deel 2

Soos wat ons alreeds in deel een van hierdie studie gedemonstreer het, is die duiwel ons versoeker (Mat. 4:3; 1Thess. 3:5) Hy het die mensdom van die begin af, kort nadat God hulle geskape het, alreeds versoek en verlei. (Gen. 3:1-7) Met Sy eerste koms is die Here (Seun van die mens, volkome God en volkome mens) ook aan die Duiwel se pogings om Hom te verlei blootgestel, alhoewel die Here Jesus Christus nooit gesondig het nie. (Die Here Jesus Christus is die God-mens, volkome God en volkome mens en as sulks is Hy sondeloos.) Deurdat Hy volkome menslike liggaam by Sy Godheid gevoeg het, sonder om enigsins Sy Godheid, asook enige attribute van Sy Godheid, prys te gee, het Hy as mens niks gedoen wat Sy Hemelse Vader nie sou goedkeur nie. As ‘n Jood, wat onder die wet gelewe het, het Hy nooit die wet oortree nie, maar deur Sy sondelose lewe het Hy volkome die wet vervul.
Mat 5:17 “Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.”
Onthou, alles wat nie tot eer van God, en binne die raamwerk van God se wil gedoen word nie is sonde, en daarom het die Here Jesus Christus ten alle tye die glorie van God uitgedra en alles tot eer van Sy Vader gedoen.
Joh 8:29 “En Hy wat My gestuur het, is met My; die Vader het My nie alleen gelaat nie, omdat Ek altyd doen wat Hom welgevallig is.” Lees meer Die duiwel se aktiwiteite sover dit die gelowige aanbetref. Deel 2