In die belydende Christendom heers daar huidiglik groot verwarring rondom God se huidige program vir die Kerk (tydens die Kerk Dispensasie), en Christus se program vir Sy komende Messiaanse, Teokraties Koninkryk op aarde. (Die Duisendjarige Vrederyk) Die doel van hierdie studie is om puntsgewys te demonstreer dat die Kerk nie die koninkryk van Christus op aarde is nie. Indien die program van God vir die volk Israel en Sy program vir die Kerk met mekaar verwar of vermeng word, lei dit tot een groot teologiese deurmekaarspul, wat tot gevolg het dat gelowiges wat tydens die Kerk Dispensasie leef die beloftes, en opdragte, wat deur God aan Israel, as Sy verbondsvolk, gemaak is op die Kerk van toepassing maak, en dan op hierdie beloftes en opdragte konsentreer, en poog om dit toe te pas, wat tot gevolg het dat die Kerk, wat nie die volk Israel is nie, God se opdragte, wat spesifiek aan Israel gemaak is, vir hulle self toeëien, en poog om dit uit te voer, eerder as om God se opdragte, wat direk aan die Kerk gemaak is, toe te pas en uit te voer. Dit kan daartoe lei dat so ‘n persoon te laat gaan uitvind dat hy nooit God se wil vir sy lewe uitgevoer het nie en dat so ‘n persoon, tot ‘n groot mate, buite God se wil vir hom gelewe het. En dit terwyl die Bybel dit duidelik stel dat die duiwel huidiglik die god van hierdie wêreld is. Indien Ons in die beloofde Koninkryk van Christus is, hoe kan die Skrifte, wat deur God geïnspireerd is, die duiwel dan die as god van hierdie wêreld beskryf?
2Ko 4:3 “Maar as ons evangelie dan nog bedek is, is dit bedek in die wat verlore gaan, 4:4 naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.”
Vervolgens gaan daar puntsgewys aan die leser gedemonstreer word dat die Kerk, tydens die Kerk Dispensasie, nie die Teokratiese Koninkryk van Christus op aarde is nie, omrede die volk Israel hulle Messias met Sy eerste koms verwerp het, en derhalwe is die Messiaanse Koninkryk uitgestel totdat die Here daardie Koninkryk met Sy wederkoms sal oprig.
Lees meer Die Kerk is nie die Messiaanse Koninkryk van Christus nie →