Sleutelwoord se argiewe: redding

Die Here Jesus Christus se geskenk aan jou!

Geloof in die Here Jesus Christus wat in ons plek aan die kruis vir al ons sondes gesterf, en wat op die derde dag liggaamlik uit die dood uit opgestaan het, is die enigste vereiste om die ewige lewe te ontvang.

Joh. 3:16 “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. 3:17 Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. 3:18 Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.
Joh. 6:47 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo, het die ewige lewe.
Hnd 16:30 En hy het hulle na buite gebring en gesê: Menere, wat moet ek doen om gered te word? 16:31 Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.”

Lees meer Die Here Jesus Christus se geskenk aan jou!

Wil God almal verlos?-deel 1

Vraag aangaande God en uitverkiesing: Baie dankie vir al die inligting op jou blad.Indien dit reg is met jou sou ek graag wou kers-opsteek oor n saak.

Ons biduur groep het gisteraand oor n saak getwyfel. Dit handel daaroor of alle mense gered kan word of nie. Kan ek uit vrye wil tot God nader of moet Hy my roep. M.a.w. is dit net geroepenes wat gered kan word? Iemand het genoem dat ons besig is met kettery (heresy). Ons moet na Mat 13 kyk en sien dat die onkruid mense is wat deur Satan geplant is. Daarom is bv Gal 5 slegs geskryf vir die wat deur God geplant is. Ek wonder maar net, staan alle mense dan nie ‘n kans om gered te word nie? Is die Koninkryk van God dan slegs vir die wat deur God geroep is. (Die persoon het ook aangegaan oor semi-pelagianisme wat ons dan sou verkondig en die valse evangelie is. Ek het nog nooit eens daarvan gehoor nie.)

Antwoord: Ek gaan jou vrae in gedeeltes opbreek en dit dan vanuit slegs die Bybel beantwoord. Hierdie siening kom veral onder die Calvinistiese uitverkiesingsleer of te wel Calvinisme voor. Dit is ‘n uiterste belangrike vraag wat jy gestel het en dit is ook van uiterste belang om dit slegs vanuit die Bybel te beantwoord. Wat die bewering oor semi-pelagianisme aanbetref sal ek in ‘n afsonderlike artikel beantwoord omrede hierdie artikel reeds lank genoeg gaan wees.

Lees meer Wil God almal verlos?-deel 1

Ewige Sekuriteit van die Gelowige

Die Onveranderlike Aard van God se Gawe en Karakter

Aangesien die mens geensins verdien om gered te word nie en boonop onvermoënd is om homself te red, kan hy die ewige lewe slegs as ‘n geskenk deur geloof by God ontvang. Dit volg logies dat indien die mens niks kon doen om hierdie geskenk te verdien nie, hy ook niks kan doen om dit weer te verloor nie. God is nie soos ‘n mens dat Hy sou lieg of ‘n geskenk, wat Hy kosteloos en uit genade gegee het, weer sou terugneem nie. Die vrye gawe van die ewige lewe is per definisie ewigdurend; dit kan nie ongedaan gemaak, nietig verklaar, omgekeer of beëindig word deur enige gedagte, daad of selfs ‘n latere verandering in die geloof van die wedergebore persoon nie. Die ewige sekuriteit van die gelowige berus op ‘n onverbreekbare verhouding met God, wat geanker is in Sy integriteit, absolute geregtigheid en onmeetbare liefde. Met die aanvanklike geloof in die Evangelie vestig die Here ‘n permanente Vader-kind verhouding wat Hy, ongeag die gelowige se latere optrede, nooit sal verbreek nie. Dit is God wat hierdie verhouding inisieer en na die oomblik van wedergeboorte onderhou, nie die mens nie.

Lees meer Ewige Sekuriteit van die Gelowige