Is die pleit van die bloed van Jesus oor omstandighede, mense, huise, enige voorwerp, en selfs dorpe en stede ‘n skriftuurlike leerstelling? Wanneer dit by korrekte Bybelse leerstellings kom is dit van uiterste belang dat ons, ons leerstellings vanuit slegs die Skrifte bekom. Daar is baie onbybelse leerstellings wat van buite die Bybel in die Kerk ingebring is en dit het in baie gevalle tot ernstige dwaalleerstelling aanleiding gegee. Valse leerstellings bring nooit ‘n persoon nader aan die Here nie en dien eerder as barometer van hoe ver ons in werklik van die Here af wegbeweeg het. Onthou, die mate waarin ons getrou aan korrekte Bybelse leerstellings vashou tot daardie mate is ons naby aan God. Ons kan nie aan dwaalleerstelling vashou, net omrede dit goed klink, en verwag dat ons naby die Here moet wees nie. Dit werk nie so nie. Die gevaar van dwaalleerstelling is juis dat dit ‘n persoon verkeerdelik onder die indruk plaas dat hy in God se wil leef juis wanneer dit nie in werklikheid die geval is nie. Om hierdie rede is dit uiters gevaarlik om op ons gevoelens staat te maak, omrede ons gevoelens in baie gevalle misleidend kan wees. Slegs die Bybel moet as barometer vir ons leerstellings dien en niks anders nie. Met die skryf van hierdie artikel sal slegs die Skrifte (wat God se woord aan ons is) as maatstaf dien waarteen die leerstelling van die pleit van Jesus se bloed gemeet sal word.
Lees meer Pleit van Jesus se bloed ‘n skriftuurlike perspektiefAlle bydraes deur Vic
Verkondig die Bybel Christelike Kommunisme?
Vraag: Daar is ‘n persoon wat beweer dat die Bybel sosialisme voorstaan, en daarom moet ons alles gesamentlik besit. Hy verwys spesifiek na kommunisme, en beweer dat dit verkeerd is om privaat eiendom te besit en dat die vroeë Kerk hierdie leerstelling verkondig het. Wat is jou opinie aangaande hierdie vraagstuk? Die persoon verwys na homself as ‘n Christelike Kommunis, en gebruik Hand.2:45 as proefteks. Baie dankie.
Antwoord: Kommunisme is ‘n suiwer humanistiese ideologiese stelsel en kan nie met Bybelse Christendom vereenselwig word nie. Net soos die sosiale evangelie wat die Kerk tot ‘n groot mate binnegedring het, tot so ‘n mate dat die suiwer Bybelse evangelie met sosiale programme vervang is, so ook sal ander valse leerstellings die Kerk ingestroom kom. Paulus het ons vooraf gewaarsku, naamlik:
Hand.20:29 “Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie. 30 Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan.”
Daar is ongelukkig baie sogenaamde “Christelike” bewegings wat onder die vaandel van die belydende Christendom hulle duiwelse leerstellings in die Kerk ingebring het. Maar kom ons spreek eers die proefteks waarna verwys word aan, en dan sal ek ‘n paar opmerkings daaromtrent maak, naamlik:
Hand.2:44 “En almal wat gelowig geword het, was bymekaar, en het alles gemeenskaplik besit. 45 En hulle eiendomme en besittings het hulle verkoop en die opbrings onder almal verdeel, volgens wat elkeen nodig gehad het.”
Vraag aangaande Saul en die bose gees
Vraag: Kan jy my dalk help. Ek probeer verstaan waarom die Here ‘n bose gees na Saul toe gestuur het, 1 Sam.16:14 en 1 Sam. 19:9. Ek lees dat die Here hom verwerp het, maar hoekom moes ‘n bose gees oor hom kom?
Antwoord: Ek gaan hierdie die twee teksgedeeltes waarna jy verwys aanhaal en dan bespreek, naamlik:
1 Sam.16:14 “Maar die Gees van die HERE het van Saul gewyk, en ‘n bose gees, deur die HERE gestuur, het hom verskrik.”
1Sam.19:9 “Maar ‘n bose gees van die HERE het oor Saul gekom terwyl hy in sy huis sit met sy spies in sy hand en Dawid met die hand op die snare speel. 10 Toe probeer Saul om Dawid met die spies teen die muur vas te steek, maar hy het vir Saul gekoes, sodat hy die spies teen die muur vasgooi. En Dawid het gevlug en daardie nag vrygekom.”
Waarskuwing aan alle belydende Christene aangaande die Evangelie
Teologiese vooroordeel, luiheid asook nalatigheid as wapen is van die grootste wapens wat Satan teen die belydende christendom aanwend.
2 Tim 2:2 “en wat jy van my gehoor het onder baie getuies, vertrou dit toe aan getroue manne wat bekwaam sal wees om ook ander te leer.”
Wanneer dit veral met die verkondiging van die evangelie kom, is dit van uiterste belang dat ons die evangelie korrek verkondig. Hierdie feit geld veral vir mense wat in die bediening staan of wat as evangeliste optree. Boonop is ons aangesê om die evangelie te verkondig en nie om ons self te verkondig nie. Dit is ook dan opvallend dat veral mense wat geneig is om die fokus op hulleself te plaas (om aan die wêreld te toon hoe besig hulle met die werk van God is) juis in baie gevalle presies diegene is wat hulleself aan dwaalleer skuldig maak. Hulle vergeet egter dat God ‘n waarskuwing in Sy woord aan enige persoon gee wat die woord van God verkondig, naamlik:
Jak.3:1 “Moenie baie leermeesters wees nie, my broeders, omdat julle weet dat ons ‘n groter oordeel sal ondergaan.”
Hierdie waarskuwing word nie ernstig genoeg opgeneem nie en word in baie gevalle heeltemal verontagsaam. Waar God se woord egter buite konteks aangehaal of geïgnoreer word kan mens egter verseker wees dat ‘n negatiewe uitkoms verwag kan word.
Was die tuin van Eden God se hoogste doel vir die mens?
Ef 2:4 “Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, 5 ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus — uit genade is julle gered — 6 en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus, 7 sodat Hy in die eeue wat kom, kan betoon die uitnemende rykdom van sy genade in goedertierenheid oor ons in Christus Jesus. 8 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; 9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.”
Volgens bostaande teksgedeelte is daar twee baie belangrike aspekte wat God vir die mens onderneem het.
Die eerste hiervan is dit wat God in die mens bewerkstellig, naamlik wedergeboorte, waardeur die mens die gawe van die ewige lewe by God ontvang. (die Ewige lewe is by implikasie die ewige lewe en kan nie verloor word nie. So ook vind wedergeboorte slegs eenmaal op ‘n spesifieke punt in tyd plaas en kan dan nooit weer ongedaan gemaak word nie.)
Die tweede aspek van dit wat God vir die mens onderneem is dat Hy ons saam in Christus in die Hemele laat sit. Hierdie posisie in Christus wat die gelowige beklee is ‘n ewigdurende posisie. Indien ‘n persoon sy posisie in Christus kon verloor, dan sou God nie in die eeue wat kom die uitnemende rykdom van Sy genade in goedertierenheid oor ons in Christus ten toon kon stel nie. God sou dus in Sy doelstelling gefaal het, iets wat nooit kan gebeur nie. Mense wat verkondig dat ware gelowiges die ewige lewe kan verloor, moet baie mooi oor bogenoemde stelling nadink en wat hulle dan by implikasie beweer!
Is liefde vir God ‘n vereiste vir wedergeboorte?
Vraag: My vrou het so ‘n ruk terug my meegedeel dat sy nie met absolute sekerheid kan sê dat sy Christus liewer as vir my het nie. Sy het ook verder gegaan en verduidelik dat sy nie iets wil voorgee wat sy nie is nie. Ek het die evangelie soos dit op jou webtuiste weergegee met haar gedeel en sy glo alles wat jy daar geskryf het. Is volkome liefde vir God ‘n vereiste vir wedergeboorte? Glo jy sy is wedergebore? Help ons asb!!
Lees meer Is liefde vir God ‘n vereiste vir wedergeboorte?Wedergeboorte en die rede vir goeie werke
Vraag: Ek dank God vir hierdie webwerf. Kan jy asb in meer diepte Efesiërs 2:8-10 aan my verduidelik, soos byvoorbeeld wat die doel van goeie werke is.
“Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.” (Ef.2:8-10)
Ek is van vroeg af met die werke evangelie gebombardeer, en het altyd geglo dat ek die ewige lewe kan verloor, of indien ek nie goeie werke doen nie ek nooit gered is nie. Ek stem nou saam met jou dat mens nie die ewige lewe kan verbeur nie, omrede bogenoemde vers dit duidelik stel dat die ewige lewe ‘n gawe is, maar ek sukkel nog met vers nege oor die werke wat God voorberei het om daarin te wandel. Kan jy my help asb.
Die Heilige Gees is onontbeerlik vir die gelowige
Vir enige gelowige om ‘n vrugtevolle lewe in Christus te geniet, moet die uiters belangrike rol wat die Heilige Gees in die gelowige se Christelike wandel speel nooit uit die oog uit verloor word nie. Met hierdie artikel sal daar gepoog word om die gelowige aangaande hierdie feit te herinner. Alle gelowiges behoort hierdie punte te bestudeer en gereeld te oordink.
Lees meer Die Heilige Gees is onontbeerlik vir die gelowigeOnderskeid tussen geloof in ‘n beginsel en geloof in ‘n belofte
As Christene maak ons daagliks vanuit die Skrifte aanspraak op sekere algemene Bybelse beginsels, asook spesifieke Bybelse beloftes wat direk aan ons as persoon, of aan ons as deel van ‘n spesifieke groep mense gemaak is. Alle gelowiges behoort elke dag in geloof ‘n sekere Bybelse beginsel, of stel beginsels, in ons lewens toe te pas en daarvolgens te leef. So ook behoort elke gelowige daagliks geloof in God se spesifieke beloftes, wat direk aan ons, binne die korrekte dispensasionele konteks, gemaak is vas te hou. Ons moet egter onderskeid tussen ‘n belofte wat spesifiek aan ons gerig is, en ‘n Bybelse beginsel wat oor die algemeen vir ons geld tref, anders kan dit tot erge ontnugtering en frustrasie aanleiding gee.
Lees meer Onderskeid tussen geloof in ‘n beginsel en geloof in ‘n belofteDie Dispensasie van Menslike Owerheid
Met hierdie artikel gaan ons die Dispensasie van Menslike Owerheid van nader bestudeer. Die sewe dispensasies wat ons in die Skrifte vind is soos volg: Dispensasie van Onskuld ; Die Dispensasie van Gewete; die Dispensasie van Menslike Owerheid (waaroor hierdie studie handel); die Dispensasie van Belofte; Die Dispensasie van die Wet; Die Dispensasie van Genade/Kerk; en laastens die Dispensasie van die Koninkryk. Indien die leser nog nie die drie vorige artikels, naamlik die “Die Dispensasies ‘n Skriftuurlike perspektief”, asook “Die Dispensasie van Onskuld” en die “Dispensasie van Menslike Gewete” gelees het nie, word hy sterk aangeraai om dit te doen. Die Dispensasie van Onskuld het tot ‘n einde gekom toe die mens teen God gerebelleer het, en toe God vir die beswil van die mens, hulle uit die tuin van Eden gesit het. (anders sou die mens van die boom van die lewe eet en vir altyd in sy gevalle toestand bly voortleef.) Die Dispensasie van menslike Gewete het tot ‘n einde gekom toe die Here die wêreld a.g.v. die mens se toenemende goddeloosheid en meegaande geweld met die wêreldwye vloed oorspoel het.
Lees meer Die Dispensasie van Menslike Owerheid